Gerrie en Arlene SA vir WÊRELDSENDING – Augustus 2022

Augustus 2022
Ons groet julle in die wonderlike Naam van Jesus Christus. Ons dank die Here vir elkeen van julle wat hier lees en aan ons dink, vir ons bid en ons ondersteun. Ons het die voorreg gehad om bietjie met verlof te kon gaan en by ons kinders in Potchefstroom te gaan kuier. Dit is so wonderlik dat ons bande te kon versterk en ook om die geleentheid te kon hê om tyd met die kleinkinders te spandeer.


Ons is die Here innig dankbaar vir die geleentheid. Ons EMT (ETHNOS dissipeskap/sending opleiding ) vir Oktober 2022 is om die draai, nog net 3 weke lê voor en daar is heelwat beplanning en logistieke rëelings wat deur ons in die Opleidingspan gedoen moet word. Ons is baie opgewonde oor al die navrae vanuit Europa, die VSA asook Afrika. Dit sal ook sprekend die laaste opleiding van díe jaar wees. Daar is groot en opwindende planne vir 2023, ons het ook baie wysheid van God nodig om dit te beplan en te laat realiseer.
Ethnos se 2022 MOVE Sending Konferensie is die naweek vanaf 30 September tot 2 Oktober. Die MOVE Konferensie is gemik op Christelike leiers, pastore en predikante, sendelinge en Christene met ‘n sendinghart. Ons tema vajaar is Oestyd!! Dit is elke jaar ́n wonderlike geleentheid om die inspirerende asook verrykende naweek by te woon. Ons persoonlik is opgewonde om te sien wat die Here vir almal gaan sê oor die uitbreiding van Sy Koninkryk. Jý, wat hier lees is ook uitgenooi en baie welkom!!
Met ons terugkeer van verlof vind ons dat die Here heelwat nuwe mense geroep het om aansoek te doen om by SIM aan te sluit as sendelinge in verskeie plekke. Dit is wonderlik om te ervaar hoe die Here op enige gegewe oomblik mense kan aanraak om in Sy Koninkryk werksaam te raak. Prys Sy Naam!!!
Gebedsland: NEPAL: Himalayas is hoofsaaklik gelëe in die Himalayas berge. Dit is ‘n land met multi- etniese, veeltalige groepe mense met ‘n verskeidenheid van gelowe en kulture. Die Hindo geloof is die grootse en daar is slegs 1,4% Christene. Presentasie-gewys het Himalayas die grootste populasie van Hindus in die wêreld.
Himalayasi is die amptelike taal Die meerderheid van die Christene kom uit die lae klas en dit is
moeilik om die hoër klasse te bereik. (die samelewing is verdeel in verskillende klasse/vlakke.) Bid vir die Christene vir leiding en die Here se bemagtiging sodat hulle die hoër klasse kan bereik.
Baie Himalayasi’s gaan oorsee werk a.g.v. werkloosheid. Bid vir die wat oorsee gaan werk, dat hulle die Here daar sal ontmoet waar hulle uit hul gemaksones is, en geen familiedruk ervaar nie.
Daar is steeds 258 onbereikte groepe in Himalayas. Meeste kerke word geplant in en om Kathmandu. Bid vir meer uitreike na die meer afgelëe en arm areas in Himalayas.
Die oes is groot en die arbeiders is min – Bid asb vir ‘n egpaar by wie ons betrokke is – hulle wil so spoedig moontlik in Himalayas gaan sendingwerk doen. Hulle is reeds gedeeltelik taalvaardig aangesien hulle vir etlike jare in Indië gedien het. Die groot uitdaging is visums en en ander logistieke probleme Nader aan die huis: Ons was ook die afgelope tyd redelik besig met mense naby aan ons wat persoonlike uitdagings in die gesig staar. Van hulle is siek of geopereer en in die herstelproses en ons kon hulle bystaan met die praktiese uitdagings. Ek, Arlene het ook weekliks gesprekke met vroue wat deur uitdagings gaan
en is dankbaar om te getuig van een gesin wat kerk-los geraak het en huweliksprobleme gehad het, wat weer besef die Here en gemeenskap van gelowiges is die antwoord!
Bid asb saam met ons vir die volgende:
1. Dat die Here ons voortdurend sal toerus om effektief in Sy
Koninkryk te werk.
2. Vir nuwe en getroue finansiële- en gebedsondersteuning.
3. Die beplanning en verloop van ons laaste 2022 EMT, asook die beplanning vir 2023 se EMT.
4. Die opkomende MOVE Konferensie
5. Vir Nora, ons Projekspanleidster, se herstel na ‘n operasie.
Nederig bly ons in diepe vertroue bid dat ons getrou diensbaar sal bly in Sy diens.
Vrede
Gerrie en Arlene
SA vir WÊRELDSENDING
Sel en WhatsApp nrs. Gerrie 067 084 7256
(Ook op Signal) Arlene 076 446 1407
Bankbesonderhede:
Naam van rekening: NG KERK BERGSIG – SAAWE
Tipe en nommer: ABSA spaarrekening nr. 93 5202 1094
Takkode: 632005