Skep asem vir vandag: 22 Desember 2025

22 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag sal sien hoe God jou gewone lewe vir Sy grootsheid wil gebruik. Hier is Sy Woord.

Tema: God gebruik nederige omstandighede

Teks: “En sy het haar eersgeborene seun daar gebaar en Hom in doeke toegedraai en Hom in ‘n krip neergelê, omdat daar geen plek vir hulle in die gastehuis was nie.” (Lukas 2:7)

  • Die Koning van die heelal is in ‘n stal gebore – nederigheid op sy beste.
  • Jou huisie, gewone werk en eenvoudige lewe is genoeg vir God se groot planne.
  • Moenie voel jy is te “gewoon” om deur God gebruik te word nie.
  • God wil vandag in jou werkplek, huis of daaglikse roetine groot dinge doen.
  • Stel jou oop om deur Hom gebruik te word. Kyk nou uit na die geleenthede wat kom.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U ook vir my gebruik om U groot dade te doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.