NG Kerk Groot-Brakrivier se April Gemeentefees, 2024

Die Gemeentefees van 27 April 2024 was ‘n feestelike geleentheid. Dit was ‘n lekker geleentheid van saam werk en kuier onder die skaduryke tente en sambrele. Dit dag is baie goed bygewoon, en daar was ook heerlike eetgoed en aktiwiteite vir die kinders.

Die verskillende tafels het ingesluit pannekoek, nageregte, kerrie en rys in die saal; op die stoepe was daar die groente, roosterkoek, tee en koek, die wit olifant tafel, tweedehandse boeke en jaffels te koop.

Die sosaties is altyd ‘n treffer, en mens is bereid om rustig in die tou te staan vir hierdie heerlikheid. Deur dit alles heen het ons die heerlike boeremusiek orkes in die agtergrond gehad.

Baie dankie vir teetuin en koektafel se helpers. Jul is voorslag. Dan al die baksters dankie alles was baie lekker. Alles is uitverkoop so daarom se ek dit moes lekker gewees het anders sou daar oor gewees het. Jul vrouens is voorslag baie baie dankie Marie Snyman

Dankie vir almal se ondersteuning en die goeie opkoms van die Gemeentefees.