Dit was ‘n gesellige kuier geleentheid waar almal saamkuier om die vure en tafels, onder die lieflike bome van die oord. Die oord is gelee op die Keurboomsrivier.
Ander aktiwiteite het ingesluit bootritte op die rivier deur die merendeels ongerepte natuurlike bos, stap op die Keurboomsstrand na die bekende rots met die gat in, koffie drink by nabygelee koffiewinkeltjies, bingo of mens kon net by die huisies bly en die voellewe geniet.
Dit was ‘n heerlike ontspan week waar ontbyt begin is met gesamentlike geestelike liedere en Johan Muller se Bybelvrae. In die aande is daar gekuier om die vure.
Baie dankie aan Klub50 se bestuur vir ‘n heerlike week.
Klub50 se groep het ‘n onvergeetlike belewenis gehad by ‘Butterfly world’, Ruitersbos. Op 3 April het ‘n goep van 38 mense vanaf die kerk vertrek. Almal wat daar was getuig dat dit ‘n heerlike, leersame en onvergeetlike ervaring was…en die fotos is ook’ n wonderlike bewys daarvan.
Die wegbreek week van Klub50 is ‘n jaarlikse September instelling wat deur die grendeltyd gekortwiek was. Hierdie jaar het die aktiwiteit weereens vir ‘n heerlike week gesorg. Die groep van 30 het mekaar by die vakansie oord op die walle van die Keurboomsrivier ontmoet. Die beboste en boomryke terrein is ‘n baie goed versorgde oord. Akkommodasie was heerlike versorgde eenhede terwyl sommige van die lede verkies het om met karavane te kamp.
Soggens het tammeletjie bybelvasvrae onder leiding van Johan Miller asook samesang, uit die pienkboekkies, die tyd in aanloop tot die laat-ontbyt, vermaak. Saans is daar heerlik om die braaivleisvure gekuier en die heerlike kos wat die ‘span van die dag’ voorberei het, was besonders en keurig voorberei. Ons is ook vermaak met snaakse staaltjies uit verskillende oorde.
Die dae het heerlike uitstappies ingesluit soos die stap na ‘Arch Rock’ by Keurboomstrand, koffiedrink en rondry in die nabye omgewing. Vir die voëlkykers was die oord ‘n paradys met ‘n groot verskeidenheid van voëlgesang, soos die lawaaimakerjanfrederik, gevlekte heuningwyser, olyfboslaksman en rooibekkakelaar, om maar ‘n paar te noem. Die sewe klein kolgansies het onderleiding van die twee volwasse kolganse het ook vir baie pret en staaltjies gesorg. Die bonus was die bosuile wat van die lede bevoorreg was om die laaste aand te sien.
Daar is deur die week bymekaar gekuier, kaartgespeel en gestap. Vrydagoggend het ons weer onder die samekoms bome afgesluit en vriende is gegroet om mekaar weer vorentoe in Grootbrak te ontmoet. Ons dank gaan aan ‘n wonderlike God wat dit vir ons moontlik maak om sulke geleenthede te hê, asook die bestuur van Klub50, Debbie, Roulette, Johan en Mariana, vir ‘n goed georganiseerde week.