Kategese bydrae: Begin van die Lydenstyd

Die Lydenstyd begin met As-Sondag. Die kinders het kruise gemaak met al die kleure wat verteenwoordigend is van die Lydenstyd. Die grys kleur op die kruise herinner ons aan ons tydelike en verganklike lewens. Wat maak ons met hierdie kosbare lewens wat God ons geskenk het? Die pers kleur versinnebeeld die Koninklikheid van Christus.

Die groen kleur is ‘n herinnering aan die palmtakke van Christus se intog in Jerusalem. Swart dui op die kruisiging; rooi op die bloed wat Christus vir ons laat vloei het. Die heel belangrikste kleur, wit, wys op die opstandiging en die oorwinning van die dood. Ons kan weet dat Christus die spesiaal vir elkeen van ons gedoen het.