Stof tot nadenke: Seisoen van Skepping…

Stof tot Nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

“God het gesê: “Die land moet groen plante laat uitspruit – gewase wat saad gee, bome wat op land vrugte dra, vrugte volgens elkeen se aard, vrugte waarin hulle saad is.
Gen. 1: 11

Die Suid Afrikaanse Raad van Kerke het in 2007 besluit om die Seisoen van Skepping permanent deel van die kerklike kalender te maak. Dit is ‘n jaarlikse viering wat van 1 September tot 4 Oktober strek. Dit het dus so pas tot ‘n einde gekom. Daardie wonderlike seisoen, waar die nuwe lewe wat orals te siene is en deur die natuur amper uitgeskreeu word, deur die voëlgesang en nuwe blare aan bladwisselende bome. Dit was een van God se skeppingsdade en dit is so gepas om dit met dankbaarheid te vier en raak te sien. Nuwe nessies wat gebou word. Die nuwe lewe van jong voëls en klein diertjies wat oral te sien is. Dit is ‘n baie gepaste herinneringe aan God se Skepping wat elke dag vir ons ten toon gestel word net soos in die visoene van Johannes (“En ek het die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see, en alles wat daarin bestaan – hoor uitroep: “Aan Hom wat op die troons sit, en aan die Lam, kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die sterkte, vir ewig en ewig.” (Open. 5: 13)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Seisoen van Skepping…”

Stof tot nadenke: Hoe deursigtig is ons?

Stof tot Nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

Ten slotte: Wees almal eensgesind, meelewend, vol broederliefde, vol ontferming, nederig, mense wat nie kwaad met kwaad vergeld of skeldtaal met skeldtaal nie; maar inteendeel, wees mense wat seën, omdat julle daartoe geroep is, sodat julle seën as erfdeel kan verkry.
1 Pet. 3: 8-9

Wat verstaan ons onder deursigtigheid? Is dit iemand wat nie raakgesien word nie, omdat hy te gering is om as belangrik geag te word? Is dit die nastreef na eerlikheid en opregtheid, deur te streef om nie dinge agter ‘n ander se rug te doen of te bespreek nie? Wat een mens as vernuftige beplanning beskou, kan dalk deur ‘n ander as ‘n gekonkel agter die rug van ander beskou word, omdat daar geen deursigtigheid ter sprake is nie? Ons word so menigmaal gemaan om eensgesind te wees, maar hoe bereik ons dit as daar ‘n gebrek aan deursigtigheid is? (“Wees eensgesind onder mekaar; moenie hoogmoedig wees nie, maar skaar julle by die nederiges.” (Rom. 12: 16); (“Immers, wie die lewe wil liefhê, en goeie dae wil beleef – laat hy sy tong weerhou van wat sleg is, en sy lippe daarvan om bedrog te spreek, en laat hy afwyk van die kwaad, en die goeie dinge doen, laat hy vrede soek en dit najaag; want die oë van die Here is op die regverdiges, en sy ore is oop vir hulle gebedsversoeke, maar die aangesig van die Here is teen dié wat verkeerde dinge doen.” (1 Pet. 3: 10-12)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Hoe deursigtig is ons?”

Stof tot nadenke: Die Hemelse Koninkryk

Stof tot Nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

Toe Jesus op ‘n keer deur die Farisieërs gevra is wanneer die koninkryk van God kom, het Hy geantwoord: “Die koninkryk van God kom nie met duidelike waarneembare tekens nie. Mense sal nie sê, ‘Kyk, hier is dit!’ of ‘Daar is dit !’ nie, want kyk, die koninkryk van God is in julle midde.
Luk. 17: 20-21

Van die vroegste tye was ons as mense saamgesleur met die konsep van ‘n koninkryk. Die idee van ‘n aardse koninkryk. Dit kom uit in bybelverhale en kinderverhale, en daar is min mense wat nie een of ander tyd in hulle jongmens lewe graag ‘n prins of prinses wou wees nie. Die prag, praal en wysheid wat deur Salomo versinnebeeld is, het ons as mense tot ‘n groot mate laat glo dat dit is hoe die lewe moet wees. (“Koning Salomo het tweehonderd grootskilde gemaak, met geplette goud daarop. Met seshonderd sikkel goud het hy elke skild oortrek. Hy het ook driehonderd kleinskilde gemaak, met geplette goud daarop. Elkeenvan hierdie skilde het hy met drie mina goud oorgetrek. Die koning het dit in die saal, bos van Libanon, geplaas. Die koning het ‘n groot troon van ivoor gemaak en dit met bladgoud oorgetrek. Daar was ses trappe vir die troon, en die sitplek het ‘n rug met ‘n ronde bokant en armleunings aan elke kant gehad. Twee leeus het langs die armleunings gestaan. Twaalf leeus het daar op die ses trappe gestaan, ses aan elke kant.” & “So iets is nog nooit vir enige koninkryk gemaak nie; So het koning Salomo, wat rykdom en wysheid betref, groter geword as al die konings van die aarde.” (1 Kon. 10: 16-20 & 23)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Hemelse Koninkryk”

Stof tot nadenke: Laat almal tuis voel.

Hy het geen onderskeid getref tussen ons en hulle nie, want Hy het hulle harte deur geloof gereinig.
Hand. 15: 9

Hoe laat ons mense tuis voel in die gemeenskap van gelowiges? Ons is tog deur die geloof een familie in Jesus Christus. (“Want deur die geloof is julle almal kinders van God in Christus Jesus, want julle wat in Christus gedoop is, het Christus soos ‘n kleed aangetrek.” (Gal. 3: 26-27)). Doen ons moeite om ander gelowiges, wat dalk nuut of vreemd is in die gemeente, te laat tuis voel? Of is dit maar effens moeilik omdat ons dalk self nie heeltemal tuis voel nie? Of is ons al so ingeburger, dat ons voel dis elkeen vir homself, daardie persoon kan maar sy eie plekkie oop stoei in hierdie geloofs-familie?

Lees meer “Stof tot nadenke: Laat almal tuis voel.”

Stof tot nadenke: Is geloof ‘n besitting?

Want uit genade is julle verlos, deur geloof. En juis dit kom nie uit julle self nie, dit is ‘n gawe van God.
Eff. 2: 8

Die vraag vandag is, of ons geloof kan besit? Kan ons dit besit soos wat ons ‘n selfoon besit? Iets waarvoor ons gewerk het, iets wat ons kan verlê, verloor, of van ons gesteel word. Kan ons dit laat val, sodat dit onherstelbaar is? Volgens Eff. 2: 8, is dit duidelik dat dit nie uit ons self kom nie, want dit is ‘n gawe van God. Hoe is dit dan dat mens dikwels hoor van mense wat nou skielik nie meer glo nie? Mense wat dink dat hulle hulle lewens gemors het in die werk van die Here?

Lees meer “Stof tot nadenke: Is geloof ‘n besitting?”

Stof tot nadenke: Menslike perspektiewe…

Toe Jesus opkyk en sien dat daar ‘n groot skare na Hom op pad is, sê Hy vir Fillipus “Waar sal ons brood te koop kry om hierdie mense te laat eet? Hy het dit egter gesê om hom te toets – self het Hy immers reeds geweet wat Hy wou doen. Fillipus het Hom geantwoord: “Tweehonderd denarius se brood is nie genoeg om vir elkeen ‘n stukkie te laat kry nie. Een van sy dissipels, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê vir Hom: “Hier is ‘n seun wat vyf garsbrode en twee visse het, maar wat is dit vir so baie mense. ”
Joh. 6: 5-8

Vanuit ons menslike perspektiewe is dit so dikwels om geen uitkoms te sien nie. Wie van ons sou kon sien wat Christus beplan het? Wie van ons se geloof sou sterk genoeg wees om te dink dat soveel mense gevoed kan word met die bietjie wat daar beskikbaar is, en dat mens nie ‘n groot klomp geld nodig het nie? Wie van ons sou gedink het om die bietjie wat ons het aan te bied in die versameling, en voed van die skare mense? Dit het na ‘n totale onmoontlikheid gelyk vanuit die menslike perspektief. Jesus Christus het geweet dat dit deel van God se plan was om Sy almag te toon, en Hy het uit die vyf garsbrode en die twee visse genoeg kos vis die skare voorsien, sodat daar nog oor gebly het (“Toe die mense die teken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is waarlik die Profeet wat na die wêreld sou kom. Toe Jesus besef dat hulle op die punt staan om Hom met geweld te kom gryp met die doel om Hom koning te maak, het Hy weer teen die berg opgegaan, net Hy alleen.” (Joh. 6: 14-15)). Ons reageer so dikwels vanuit ons menslike perspektiewe op die totaal verkeerde manier. Ons verstaan nie altyd die doel van enige gebeure nie. Jesus moes letterlik vlug van hierdie menslike perspektiewe en van dit wat mense geken het in aardse koninkryke.

Lees meer “Stof tot nadenke: Menslike perspektiewe…”

Stof tot nadenke: Die ‘Achilles heel’ van die mens

Kyk hoe groei die lelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie, maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. 28 As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges!
Luk 12: 27-28

Die mens se Achilles heel, van die vroegste tye af, was hul oorskatting van eie belangrikheid. Daardie gedagte dat jy onmisbaar is, dat niemand anders kan doen wat jy doen nie. Die oomblik dat mens roem en bekendheid verwerf, begin jy glo dat dit jou toekom. Dat dit al jou harde werk is; dat dit jou hoë intelligensie is; dat dit jy is wat maak dat jy goed is in elke ding wat jy regkry met sukses; dat jou vermoë uit jouself kom. Dit is hierdie persepsie van mense wat hulle telkemale tot ‘n val laat kom, want hoogmoed sal val, waarsku die Bybel ons, telkemale (“Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val. Liewer eenvoud saam met nederiges as om saam met hoogmoediges van roof te lewe.” (Spr. 16: 18-19); “Hoogmoed bring ‘n mens tot ‘n val; nederigheid bring eer.” (Spr. 29: 23)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Die ‘Achilles heel’ van die mens”

Stof tot nadenke: Hoe volg ons?

Julle is immers hiertoe geroep, want Christus het ook ter wille van julle gely; Hy het vir julle ‘n voorbeeld nagelaat, sodat julle in sy voetspore kan volg.
Pet. 2: 21

Hoe volg ons in Jesus Christus se voetspore. Dit is nie altyd maklik nie, want daar is vele struikelblokke op mens se pad. Die wêreld lyk soms so aanloklik dat ons struikel. Wanneer ‘n mens tot bekering kom dink jy dat jy oombliklik alles gaan reg doen, maar dit is nie die geval nie. Een van my broers het erg gehakkel, en het op ‘n relatiewe laat stadium besluit om vir behandeling te gaan. Toe hy by die terapeut opdaag, het dié vir hom voor ‘n groterige groot gehoor laat praat. Met wankelmoedige gevolge vir my broer. Hy was kwaad vir die terapeut omdat hy dit aan hom gedoen het. Dié het egter vir hom gevra: “Hoeveel foute dink jy het jy gemaak?” Sy antwoord was: “Ek kon niks reg kry nie, en het oor al die woorde gestruikel.” Maar die terapeut het hom daarop gewys dat hy uit die 1000 woorde wat hy gepraat het, slegs omtrent met 70 gesukkel het. Die terapeut het hom bemoedig deur hom daarop te wys dat mens moet fokus op dit wat jy reg doen! Ek dink met bekering gaan dit dieselfde. Ons dink ons maak aanhoudend foute, omdat ons fokus op alles wat ons verkeerd doen, wat nie noodwendig heeltemal verkeerd is nie, maar daar is ook baie dinge wat ons reg doen. Ons moet net aanhou reg doen, en verbeter daarop.

Lees meer “Stof tot nadenke: Hoe volg ons?”

Stof tot nadenke: Versoekings…

Gelukkig is die man wat versoeking deurstaan, want as hy die toets slaag, sal hy die oorwinnaarskrans van die lewe ontvang,wat God beloof het aan hulle wat hom lief het. Laat niemand wat versoek word, sê: “Ek word deur God versoek nie” nie, want God kan nie deur kwaad versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Elkeen word versoek wanneer sy eie begeerte meegevoer en verlei word.
Jak. 1: 12-14

Versoeking, daardie onding waarvoor ons so dikwels swig, en dan altyd iemand anders wil beskuldig. Jakobus stel dit baie duidelik dat dit ons eie menslike begeertes is wat die oorhand kry. Self so vroeg as in die tuin van Eden, daar waar die mens alles gehad het wat sy hart kon begeer, het die mens geswig voor die versoeking om van die vrugte te eet wat God hom belet het. Die bekende verhaal van Adam en Eva, wat dadelik uit skaamte vir hulle naaktheid vir God weggekruip het. Eva beskuldig die slang en Adam beskuldig vir Eva (“Die mens het geantwoord: “ Die vrou wat U gegee het om aan my sy te wees, sy is die een wat vir my van die boom gegee het, en ek het geëet. Die Here God vra toe vir die vrou: “Wat het jy gedoen?” Die vrou het geantwoord: “Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.” (Gen. 3: 12-13)). Tot vandag toe word daar nog die vinger na die vrou gewys. Dit is so maklik om altyd die vinger na ‘n ander te wys, om jou eie onskuld te probeer bevestig, maar elke mens het die verantwoordelikheid om so ‘n versoeking teen te staan of daarvoor te val.

Lees meer “Stof tot nadenke: Versoekings…”

Stof tot nadenke: Stryd en samewerking…

Ek pleit by julle, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, dat julle almal eenstemmig sal wees, en dat daar nie verdeeldheid onder julle sal wees nie, maar dat julle volkome eensgesind mag wees, met dieselfde denkwyse en dieselfde oortuiging.
1 Kor. 1: 19

Stryd en samewerking is een van die dinge wat almal van ons mee sukkel. Enige teenstand, of ander gedagtegang, of werkwyse, of lewenswyse word so dikwels as persoonlik aanvalle beskou. Alhoewel dit nie die bedoeling van ‘n ander persoon is nie, word daar oombliklik ‘n verdedigings posisie ingeneem, om enige ander gedagtes uit die weg te ruim. Dit is dikwels nie regtig enige aanval op jou as persoon nie, maar bloot vanuit ‘n ander persoon se perspektief. In die film August Rush, stel die hoof karakter dit so mooi, wanneer iemand hom vra: “Are you thinking what I am thinking.” en die seun, sonder twee gedagtes, dadelik antwoord: “No, I am thinking something else.

Lees meer “Stof tot nadenke: Stryd en samewerking…”

Stof tot nadenke: Menslike perspektiewe…

Toe Jesus opkyk en sien dat daar ‘n groot skare na Hom op pad is, sê Hy vis Fillipus “Waar sal ons brood te koop kry om hierdie mense te laat eet? Hy het dit egter gsê om hom te toets – self het Hy immers reeds geweet wat Hy wou doen. Fillipus het Hom geantwoord: “Tweehonderd denarius se brood is nie genoeg om vir elkeen ‘n stukkie te laat kry nie. Een van sy dissipels, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê vir Hom: “Hier is ‘n seun wat vyf garsbrode en twee visse het, maar wat is dit vir so baie mense. ”
Joh. 6: 5-8

Vanuit ons menslike perspektiewe is dit so dikwels om geen uitkoms te sien nie. Wie van ons sou kon sien wat Christus beplan het? Wie van ons se geloof sou sterk genoeg wees om te dink dat soveel mense gevoed kan word met die bietjie wat daar beskikbaar is, en dat mens nie ‘n groot klomp geld nodig het nie? Wie van ons sou gedink het om die bietjie wat ons het aan te bied in die versameling, en voed van die skares mense? Dit het na ‘n totale onmoontlikheid gelyk vanuit die menslike perspektief. Jesus Christus het geweet dat dit deel van God se plan was om Sy almag te toon, en Hy het uit die vyf garsbrode en die twee visse genoeg kos vir die skare voorsien, sodat daar nog oor gebly het (“Toe die mense die teken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is waarlik die Profeet wat na die wêreld sou kom. Toe Jesus besef dat hulle op die punt staan om Hom met geweld te kom gryp met die doel om Hom koning te maak, het Hy weer teen die berg opgegaan, net Hy alleen.” (Joh. 6: 14-15)). Ons reageer so dikwels vanuit ons menslike perspektiewe op die totaal verkeerde manier. Ons verstaan nie altyd die doel van enige gebeure nie. Jesus moes letterlik vlug van hierdie menslike perspektiewe van dit wat mense geken het in aardse koninkryke.

Lees meer “Stof tot nadenke: Menslike perspektiewe…”

Stof tot nadenke: Vreugde en Vrede…

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!
Rom. 15: 13

‘n Vraag “Is ons te bang om na die stem van die Heilige Gees te luister?”, het my laat wonder hoekom ons dan bang sal wees? Kan ons bekostig om nie na die stem van die Heilige Gees te luister nie? (“Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.” (Eff. 1: 14)). Die stem van die Heilige Gees is die enigste wat ware vreugde kan gee en ook ‘n vrede (Rom. 15: 13) wat alle verstand te bowe gaan (“Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. ” (Eff. 3: 19); (“En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. ” (Fil. 4:7)). Die bang moet dus

Lees meer “Stof tot nadenke: Vreugde en Vrede…”

Stof tot nadenke: Keuses…

Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.
Matt. 16: 24-25

Deur mens se hele lewe word jy voor keuses geplaas. Waar jy heen moet gaan, wat jy moet aantrek, wie jy in jou lewe moet toelaat of nie, watter beroep jy moet kies, ‘n lewensmaat wat jy moet kies, wat jy nodig het om gemaklik en met aansien te leef. Al hierdie keuses neem ons lewens totaal in beslag, sodat ons, so dikwels, die heel belangrikste en enigste noodsaaklike keuse in die lewe miskyk. Soveel mense soek op die verkeerde plek na die Ewige Lewe, maar met die persepsie dat dit hier op aarde moet wees. Hier waar hulle hulself kan verdrink in die aardse plesiertjies…sonder die besef dat dit alles net tydelik is. Vir hierdie kort rukkie wat ons op aarde gegun word. Ek het eenmaal raak gelees: “In this life, nothing is more certain than death.”, wat na ons aardse bestaan verwys het. Dit maak nie saak watter aardse besluite mens neem nie, ons is almal oppad na hierdie seker vleeslike dood. Dit is hoekom dit so belangrik is watter keuses ons hier en nou maak!

Lees meer “Stof tot nadenke: Keuses…”

Stof tot nadenke: Luister, dink daaroor, doen en praat…

As iemand dink dat hy godsdienstig is en nie sy tong kan beheer nie, mislei hy homself; so ‘n mens se godsdiens is vergeefs.
Jak. 1: 26

In my verlede was die motto “If you can’t say something nice, don’t say it” (uit die hand vertaal in Afrikaans: “As jy nie iets mooi kan sê nie, bly stil”) in my ingedril. Groot was my verstomming toe ek, wat in ‘n baie beskutte, dog streng ouerhuis groot geword het, die eerste keer met iemand te doen kry wat presies die teenoorgestelde uitgeleef het. ‘n Mens wat juis praat wanneer die woorde soos ‘n lem deur ‘n ander kan sny. Wanneer sulke nydige of kwetsende woorde mens tref, word jy woordeloos gelaat. Daar is nie antwoorde reg, wanneer mens so beskermend grootgeword het nie. Miskien ook maar goed, want wanneer ons die Bybel deursoek na raad teen hierdie soort van aanvalle op jou lewensbestaan, besef mens dat dit ook die beskermende hand van God se Heillige Gees is wat jou beskerm en bewaar om aan die tong vrye teuels te gee

Lees meer “Stof tot nadenke: Luister, dink daaroor, doen en praat…”

Stof tot nadenke: Loop die pad net eenmaal…

Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees: Hoewel Hy in die gestalte van God was, het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie, maar Hy het Homself daarvan leeggemaak, deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem…
Fil. 2: 5-7

Elkeen van ons se paaie verskil. Lewens ervarings laat ons elkeen ‘n unieke pad stap, wat nie regtig met mekaar se paaie vergelyk kan word nie, maar ons kom so dikwels in situasies waar ons kan help. En tog draai ons so dikwels ons rug, of dink ons ons sal volgende keer help, wanneer ‘n soortgelyke situasie by ons verby kom. Daar is altyd iets wat ons dring om tog te reageer op wat oor ons pad kom. Tog bly daardie knaende skuldgevoel, wanneer mens nie na die innerlike stem geluister het, en reageer het op dit waartoe jy gedring was nie. Ons besef nie dat die pad wat ons stap, elke oomblik, elke geleentheid wat verby kom, waar ons kan help, net eenmaal op die spesifieke manier gebeur nie. Daar is geen herhaling van situasies waar die presiese omstandighede weer voorkom nie. Dit wat jy beleef het, sou die ideale geleentheid gewees het om oombliklik te reageer, maar heeltemal te dikwels laat ons dit by ons verbygaan in hierdie gejaagde lewe wat ons lei. In Suid Afrika waar ons so dikwels gekonfronteer word met ondankbaarheid, afjakke of onverstaanbare teen-reaksies van mense, maak dat dit volgende keer vir ons moeiliker is om te help, waar ons wel kon. Daarteenoor is dit soms, wanneer ons tog reageer op daardie innerlike stem van die Heilige Gees wat ons dring, met ‘n heerlike, verassende aanvaarbare erkentlikehheid wat ons ontvang, dat dit die volgende keer makliker is om na daardie innerlike stem te luister.

Lees meer “Stof tot nadenke: Loop die pad net eenmaal…”

Stof tot nadenke: Daardie ander wang…

Julle het gehoor dat daar gesê is: “’n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Maar Ek sê vir julle : Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.
Matt. 5: 38

Ons eerste raksie wanneer iemand kwaadwillig iets teen ons doen of sê, is om wraak te neem. Wanneer iemand jou gedurig teister, hof toe sleep, of kwaadwillige praatjies teen jou praat, voel dit soms of mens nie anders kan as om teerug te slaan, te veg of terug kwaadwillige praatjies te versprei nie. Tog is dit duidelik in die Bybel dat dit die een ding is wat jy nie moet doen nie. Daar is hierdie wonderlike voorbeelde wat mens kan navolg, en wat jou staande hou in die mees ongunstigste omstandighede.

Lees meer “Stof tot nadenke: Daardie ander wang…”

Stof tot nadenke: Besig?… Besig met wat?

Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?
Mark. 4: 41

Ons is so besig in hierdie lewe. Besig om aardse skatte te versamel. Besig om te oorleef in ‘n wêreld wat nie vriendelik is, of jou noodwendig met oop arms ontvang nie. Besig om alles moontlik te doen om deur familie, vriende, kennisse en selfs onbekendes aanvaar te word. Ons is besig om te werk in die kerk en die gemeenskap. Maar die groot vraag is, is ons besig met die regte dinge?

Vandag wil ek vir Salomo gebruik as vooreeld. Salomo was van jongs af beskou as ‘n man wat in diens van God geywer het (“Salomo het sy liefde vir die Here betoon deur alles te doen wat Dawid, sy pa, hom voorgeskryf het.” (1 Kon. 3: 3); (“Here my God, U het my koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is nog jonk en onervare en ek moet regeer oor die volk wat deur U uitgekies is, ‘n groot volk, te veel om te tel. Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!” (1 Kon. 3: 7)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Besig?… Besig met wat?”

Stof tot nadenke: Wat is in die skatkamers van jou hart?

“’n Goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die goeie skatkamer van sy hart, en ‘n slegte mens bring die slegte voort uit die slegtheid wat in hom is; want waar die hart van vol is, loop die mond van oor.
Luk. 3: 45

In vandag se tyd weet ons dat die hart die middelpunt van ons vleeslike mense bestaan vorm, en waarsonder ons nie kan leef nie. Ons wonder soms waar ons gedagtes en ervaringe gestoor word in hierdie menslike bestaan. Waar kom die vinnige emosionele reaksies vandaan in veg of vlug situasies. Dit is egter duidelik uit Lukas 3 en Mattheus (“Hoe kan julle iets goeds sê as julle sleg is? Want waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Die goeie mens bring uit die goeie skatkamer goeie dinge na vore, en die slegte mens bring uit die slegte skatkamer slegte dinge na vore. Ek sê vir julle, van elke onbesonne woord wat mense kwytraak, sal hulle op die dag van oordeel rekenskap moet gee.” (Matt 12: 34-36)) dat ons goeie en slegte ‘harte’ het, met ander woorde ons skatkamers van ons harte is gevul met of goeie of slegte dinge.

Lees meer “Stof tot nadenke: Wat is in die skatkamers van jou hart?”

Stof tot nadenke: God se inslag in Christus se geboortelyn

Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van Sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heillige Gees wat nuwe lewe gee.
Tit. 3: 5

Ons verstaan nie altyd die ervarings wat ons op die lyf loop en wat soms selfs traumatiese lewensveranderinge in ons lewens teweeg bring nie. Dit is dikwels eers wanneer mens terugkyk na enige sulke ervarings dat mens besef dat dit dui op die inslag van God in ons lewens. Vandag wil ek kyk na soortgelyke gebeure, vir daardie tyd se lewensstyl en aanvaarde standaarde, wat die voorgeslag lewens lyn van Christus bepaal het. Ons weet dit kon net die inslag van God in daardie mense se lewens gewees het wat die gebeure so laat plaasvind het.

Lees meer “Stof tot nadenke: God se inslag in Christus se geboortelyn”

Stof tot nadenke: Hoe bly ons staande?

”Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op rots gebou het . Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots.
Matt. 7: 24-25

Elke dag ervaar een van ons dat ons wêreld om ons ineenstort. Of dit ‘n geliefde is wat sterf, oorloë wat vernietigend om mens woes, politieke toutrekkery wat lyk of alles om mens ineen gaan stort, of soms net klein veranderinge in mens se lewe, maar wat vir elkeen persoonlik na onmoontlike veranderinge lyk. Dis dan wanneer die vraag oor ‘Hoe bly ons staande in hierdie omstandighede?’, by ons opkom. Ons soek vertroosting en sekerheid in elke situasie.

Lees meer “Stof tot nadenke: Hoe bly ons staande?”