“Verder, laat die vrede van Christus in julle harte reegeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar. Laat die woord van Christus in sy volle rykdom in julle woon. Leer en vermaan mekaar, in alle wysheid, deur met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God te sing. En wat julle ook al doen, in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader dank. ”
Kol. 3: 15-17
Waardering is ‘n eerlike vorm van dank betoon, vir dit wat jou werklik intens roer. Menige van ons het al die ervaring van vreugde beleef wanneer iemand met ‘n opregte hart waardering toon vir iets wat jy gedoen het. Dit maak enige moeite wat moontlik gepaard gegaan het met waarvoor jy bedank word, dubbel en dwars die moeite werd. Dit moet natuurlik nie die motief wees om enigiets te doen nie. Die begeerte om iets te doen vir ander, moet ‘n intense drang binne-in jou wees, wat jy nie kan erkentlikheid verwag nie, selfs al vind mens plesier daarin wanneer daar waardering is, vir enige nietige en geringe of groot en sigbare daad wat jy gedoen het. Wanneer ‘n mens in die Christelike geloof leef, weet ons dat dit die Heilige Gees is wat ons dring om die regte en goeie dinge te doen, soos Johannes die Doper wat reeds van voor sy geboorte met die Heilige Gees gevul was (“Inderdaad, hy sal groot wees in die oog van die Here. Hy sal glad nie wyn drink nie, en hy sal reeds van voor sy geboorte af met die Heilige Gees verul wees.” (Luk. 1: 15)). Ons kan dus geen erkentlikheid vir dit wat ons doen, goeds moeds, net vir onsself toe-eien nie.
Lees meer “Stof tot nadenke: Waardering en Oordeel…”