Afkondigings 10-17 Maart 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 10 Maart 2024 :

  • Baie welkom by die erediens.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Ef 2:1-10 (DB).

Die tema van die prediking is: Van die graf af…

  • Vyfde Lydensweek.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Arbeidsbediening Moselbaai by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

KERKRAADSVERKIESING
 
Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 27 Februarie 2024 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:
 
Voorsitter Jeugbediening: Vicky Barnard
 
Ouderling: Maarten Roode
 
Diakens: Tanya Roode (Blok 04B)

Woensdag 13 Maart 2024 :

  • Kooroefening – 17:00 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6B (Eurekapark) by Alida Terblanche, Duineweg 4. Skakel Kobus Stander vir enige navrae – 084 657 3611.

Vrydag 15 Maart – Sondag 17 Maart 2024

  • Gesinskamp te Harkerville.

Sondag 17 Maart 2024 :

  • Erediens om 09:00.
  • Prediker – Ds Danie Goosen.
  • Sesde Lydensweek.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Carpe Diem Skool by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Neem asb kennis dat die datum van die gholfdag, soos aangedui op die almanak, skuif na 6 April 2024.

Verjaarsdae 2024

10 Maart – Miro Jamneck, Susan Maritz, Mignon van der Watt.

11 Maart – Hennie le Roux, Hannes van Eeden.

12 Maart – Amanda Jansen van Rensburg, Lizah Maree, Sarie Munro.

13 Maart – André Jacobs, Guss Louw, Phil Mahne.

14 Maart – Aluschka Bezuidenhout, Rina de Wet, Berno Dumas, Judy Muller,

Lientjie Strydom, Damon Truter.

15 Maart – Hanru Janse van Rensburg.

16 Maart – Delwaine Gresse, Corrie Jacobs, Ilke Kotzé, Hawee le Roux,

Helgaard Müller, Petra Schoerie, Rika Taylor, Johann Terblanche.

gebedsgids :

Gebedsgidse vir Maart 2024 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

G etuienisbediening :

Mentors vir hulp met opstel van besigheidsplanne
 
Ons verwag dat daar na die entrepeneurs sessie van 8 Maart mense gaan wees wat hulp benodig met die opstel van besigheidsplanne vir die begin van klein besighede.
 
Enige een wat bereid sal wees om so persoon te help met hierdie behoefte kan asseblief die kerkkantoor skakel.

  • Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week.

Die oorblywende datums vir die eerste kwartaal is 13 & 27 Maart. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.

  • Behoeftes vir Getuienisprojekte:
  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
  • Daar is tans ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie en vir ‘n selfoon. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel asb vir Aletia – 084 783 1308.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening : 

  • In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
  • Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Dankies

Goeiemôre gemeente

Ons wil elkeen bedank vir al u bystand, oproepe, gebede, kos en geskenke in hierdie mooi tyd van Theo se geboorte. Ons waardeer elke gebaar van liefde in die tyd. Ons is opnuut verras met die gemeente en gemeenskap se meelewing.

Groete van ons hele gesin.

Danie, Nadia, Daneel, Nikola en Theo.

KLUB 50 – KAMP
Kom geniet ’n wegbreek kamp om mekaar beter te leer ken vanaf 6 – 10 Mei 2024 te Plettenberg Forever Resort, Keurboomsrivier.
Koste beloop R500 p/p en sluit onbyt en aandete in.
Gelde moet asb so spoedig moontlik by die kerkkantoor of per EFT inbetaal word.
Verwysing: “K50 Kamp” en u naam.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Nuwe en bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se gevangenisbediening

Duisende gevangenes het Christus al deur FEBA se bediening gevind en baie van hulle is selfs ingeskryf by FEBA se Bybel-korrespondensiekursus! Getuienisse uit tronke in Thailand, Indonesië en die Filippyne vertel van mense wat gedink het daar is geen hoop meer nie, totdat hulle die Bron van alle hoop net daar in die tronk ontmoet het.

Ons gebed vir die week:Bid dat FEBA se Bybel-korrespondensiekursus transformasie in tronke reg oor die wêreld sal bring. Bid dat FEBA Indonesië toestemming sal kry om ’n Bybelskool in die tronk in Tangerang aan te bied. Bid dat gevangenes God se vergifnis en liefde deur FEBA se uitsendings sal beleef.

D ie webwerf(nggrootbrak.co.za)

10 Maart 2024

  1. Erediensbediening:

a)Skakel na die YouTube Preek van 10 Maart 2024.

2. Getuienisbediening:

a) Die weeklikse nuus van Lynette van Madagaskar – voorbidding is altyd nodig.

b) FEBA se E-Gebedsfokus vir Maart is beskikbaar.

c) Nuusbrief van Missie Japan wat ons gemeente op 11 Augustus 2024 besoek. 

3. Bybelstudiereeks:

a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Gawes”.

4. Gemeente nuus:

a) Groot-Brakrivier se vroue verenig vir Wêreldbiddag vir Vroue 2024.

5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624

Charné Viljoen – 083 294 6640

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314