Die doel van die besoek was om die dienste van die bediening aan Groenkloof (Groot-Brakrivier) se mense bekend te stel, en om hulle persoonlik te kan ontmoet.
Daar was wonderlike belangstelling op 8 Februarie 2024 toe ons saam in Groenkloof se eetsaal tee en versnaperinge geniet het, wat deur Eben van die oord voorberei is.
Die Bestuurspan van NG Kerk Groot Brakrivier ondersteun die aksie finansieel wat dit moontlik maak om gratis vervoer te verskaf. Daar word bystand verleen met:
💫 Plaaslike ritte vir doktersafsprake, inkopies, biblioteek besoek en so meer.
💫 Vervoer na George en Mosselbaai vir doktersafsprake en hospital besoeke asook vir opname en ontslag.
💫 Die bied van emosionele bystand waar nodig.
💫 Die beskikbaarheid vir kuiers en ondersteuning by alleen mense.
Versoeke het aansienlik toegeneem na die besoek en ons versoek dat meer gemeentelede betrokke sal raak waar moontlik.
Die Ondersteuningsgroep kom een keer ‘n maand byeen vir beplanning en om te deel en van mekaar te leer.
Kontak persone:
Riana Briers: 081 039 8853
Riëtte Jansen van Rensburg: 082 928 9625


