Truitjies vir die Kindertjies

Vrouens in die NG Kerk Groot-Brakrivier gemeente het so 3jaar gelede begin om truitjies te brei vir kleuterskoolkinders, toe ‘n vriendin eendag ‘n tas vol truitjies by Tannie Stienie Smit afgelaai het. Haar motto in die lewe is “Gee dat ek elke dag vir iemand iets kan beteken”. Sy en haar suster Kitty Rossouw, brei nou gereeld. Hulle brei truitijies met enige afval wol wat hulle kry. Daar is reeds truitjies in Friemersheim omgewing versprei; asook deur Maria Smart, wat by die VGK, Groot-Brakrivier betrokke is. Sy weet waar daar groot behoefte is vir truitjies in die omgewing.

Veral nou, met die winter op hande, is die behoefte groot, en hulle het tans reeds so ongeveer 30 truitjies beskikbaar vir verspreiding. Indien u graag vir hulle saak wil bydrae, kan u help deur oortollige wol te skenk, te help brei, of finasieël by te dra. Enige bydraes kan u by die Kerkkantoor af gee met verwysing Carina Smit of Rene Voster, wat by die Omgeebediening betrokke is. U kan ook direk met Carina Smit kontak (082 802 0314) indien u betrokke wil raak en saam brei. Kom ons maak ‘n verskil waar dit nodig is!