Skep asem vir vandag: 25 Mei 2025

Dagstukkies April

25 Mei

My hoop vir jou is dat jy iemand van hoop en vreugde vir alle mense sal wees. Hier is Sy Woord net aan jou vandag.

Tema : Vertrou die Here

Teks: “Vat die manne na my huis toe. Laat slag en laat ‘n ete voorberei, want hulle moet vanmiddag by my eet.” (Gen. 43:16)

  • Jy het niks om voor bang te wees nie.
  • Jy het baie rede om oor die toekoms positief te wees.
  • Dit is die Almagtige God wat toe deure vir jou oopbreek.
  • Jy het niks om voor bang te wees nie, want Hy sorg, gee hoop en verseker ‘n mooi toekoms.
  • Prys die Here met jou hele lewe (Ps. 138:1).

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U vir my hoop en ‘n toekoms gee.

In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 22+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 25 Mei 2025 Erediens en Kategese 09:00.
Woensdag 28 Mei 2025: Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 10A (Tergniet-Oos) & 10B (Tergniet-Sentraal & Wes)
Woensdag 28 Mei 2025: Kooroefening 16:45
Donderdag 29 Mei 2025: Hemelvaart 18:00
Sondag 1 Junie 2025 : Kategese en Erediens om 10:00
Wolwedans Boodskap Sop en Brood 4 & 18 Junie.
Pinksterdienste : 1- 5 Junie 2025 10:00 Groenkloof 18:00 Kerkgebou. Ds. Nelis Janse van Rensburg
Vrydag 20 Junie 2025 – Magda Louw – (K)Letterkunde 18:30

Afkondigings 25 Mei tot 1 Junie 2025

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier 1

Sondag 25 Mei 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Openbaring 21:10&22–22:5 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Die Nuwe Jerusalem.
  • Kategese.
  • Sinodale offer vir Buitelandse Sending (Zimbabwe/Malawi/Mosambiek) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Lees meer “Afkondigings 25 Mei tot 1 Junie 2025”

Skep asem vir vandag: 24 Mei 2025

Dagstukkies April

24 Mei

My gebed is dat jy sal leer om God vir jou lewe te vertrou. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema : Jy is in die hande van die Here

Teks: “Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red.” (Gen 45:5)

  • Wees rustig! Jy is totaal van God se getrouheid afhanklik.
  • Die God wat omgee se hart is vol van deernis en genade vir jou.
  • Die Here God is jou helper. Hy kom en versorg jou.
  • Hy maak jou gelukkig en oorspoel jou met Sy teerheid, hoop en liefdevolheid.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U die Een is wat altyd vir my omgee en my versorg.
In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 23 Mei 2025

Dagstukkies April

23 Mei

Mag jy vandag vir ander mense die een seën op die ander wees. Maak God se Woord vandag jou eie.

Tema : Jy sal ‘n dubbele seën kry

Teks: “Toe Josef inkom, bring hulle vir hom die geskenk wat hulle saamgebring het, na die huis toe. Toe buig hulle diep voor hom.” (Gen 43:26)

  • Soms mag dit so voel, maar jy is nie alleen nie. Die Here is by jou!
  • Nou, op hierdie oomblik, wanneer jy oor jou toekoms dink, onthou dat God deel daarvan is.
  • Jy sal ‘n dubbele seën van die Here die Almagtige ontvang (2 Kon 2:9-10; Jes. 61:7).
  • Hy sal jou twee keer meer gee as wat jy het (2 Kon 2:9-10; Jes. 61:7).
  • Daarom sal jy baie bly wees.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U mense gelukkig wil hou — gee my ook daardie dubbele geluk.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 Mei 2025

Dagstukkies April

22 Mei

My gebed is dat jy vandag gesondheid en hoop sal beleef. Hier is God se Woord vir jou.

Tema : Belyn jou lewe met God se hart

Teks: “Nadat die amptenaar hulle in Josef se huis ingebring het, het hy vir hulle water gegee, en hulle het hulle voete gewas.” (Gen. 43:24)

  • Kies om mense nie in eie munt terug te kry nie.
  • Belyn jou lewe met die hart en gees van die Here, die God van vrede.
  • Jy kies om volgens Sy wil te leef.
  • Kies om iemand van vrede, seën en genade te wees.
  • Kyk met deernis na mense en wees baie goed vir hulle (Num 6:25).

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U Gees die Gees van vrede en liefde is.
In Jesus se Naam.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 21 Mei 2025

Dagstukkies April

21 Mei

Liewe ….

Ek hoop en bid dat jy sal aanleer om nie jou oor jou lewe te bekommer nie. Hier is ‘n spesiale boodskap uit Sy Woord vir jou.

Tema: Moet jou nie bekommer nie

Teks: “Toe sê die amptenaar vir hulle: “Wees gerus! Moenie bekommerd wees nie.” (Gen 43:23)

  • Soms bekommer jy jou omdat dinge nie verloop soos jy dit beplan nie.
  • Dit is heel dikwels die Here se manier hoe Hy jou gaan seën.
  • Die Here is by jou. Hy is jou God. Hy sal jou nooit in die steek laat nie (Jes. 41:9-10).
  • Hy help jou. Hy maak jou sterk. Hy gee jou krag en gee jou insig (Jes. 41:10).
  • Moenie bang of bekommerd wees nie (Jes. 41:10).
  • Wees gereed om die seëninge van die Here te ontvang.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U negatiewe oomblikke in seën verander.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 Mei 2025

Dagstukkies April

20 Mei

Liewe ….

My gebed is dat jy ontvanklik sal wees dat die Here op die mees onwaarskynlike plekke vir jou sal sorg. Hier is ‘n boodskap uit God se Woord vir jou.

Tema: Hy sorg selfs vir jou as jy dit nie verwag nie

Teks: “Vat die manne na my huis toe. Laat slag en laat ‘n ete voorberei, want hulle moet vanmiddag by my eet.” . ” (Gén 43:16)

  • Die Here Jesus kyk met sagte oë na jou en ander mense.
  • Hy help self al verwag jy moeilikheid en doodlooppaaie.
  • Vir Hom is niks onmoontlik nie.
  • Maak jou hart oop vir Sy sorg, selfs al is dit onwaarskynlik.
  • Dit is die Here se voorreg om jou te help, en hoe Hy dit doen, bly Sy keuse.
  • Verwag dat Hy sal uitkoms gee.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd help en uitkoms gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 19 Mei 2025

Dagstukkies April

19 Mei

Liewe ….

Ek hoop dat jy sensitief sal wees vir die nuwe positiewe uitkomste wat die Here vooruit vir jou beplan het. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Die Here beplan ‘n goeie lewe lank vooruit

Teks: “Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red.” (Gen 45:5 )

  • Die Here ken en beplan die toekoms lank vooruit (Open. 5).
  • Hy kan en wil al die goeie dinge vir jou doen (1 Pet 1:4).
  • Hy maak van jou lewensverhaal gebruik om goeie dinge daaruit te laat gebeur.
  • Die Here sal nie toelaat dat dinge in jou lewe buite beheer raak nie (1 Kor 10:12-13).
  • Kry vrede en leef met berusting.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek in U hande veilig is.

In Jesus se Naam. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Lewe met oorgawe

“Daarom sê Ek vir julle, moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle sal eet, of oor wat julle sal drink, of oor julle liggaam, wat julle sal aantrek nie. Is die lewe dan nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Let op die voëls van die hemel: Hulle saai nie en hulle maai nie, en hulle versamel niks in skure nie. Tog sorg julle hemelse Vader vir hulle. Is julle nie meer werd as hulle nie?”

Matt. 6: 25-26

Hoe kom ons by die punt om in totale oorgawe aan God te leef? Ons is so besig om te beplan, te bespreek, beangs te wees oor die toekoms, om bymekaar te maak, sodat ons genoeg kan hê in ons oudag. Tog het Christus self vir ons daarop gewys hoe sinloos dit alles is. Net soos God vir die insekte, die voëls en alle ander diere sorg, deur middel van die seisoene. Plante groei sonder kunsmis en produseer die saad en vrugte, volgens elke plant se tyd, wat elke dier nodig het om te oorleef. God wys ons elke dag hoe Hy sorg vir die wêreld. Dis nie nodig om ons te bekommer oor die dag van môre nie. Ons kan slegs wik, maar God beskik oor wat op die lewenspad gebeur.

Hierdie oorgawe beteken nie noodwendig dat mens alles wat jy doen met oorgawe doen nie; veral nie as jy dit wat jy doen op eie inisiatief aanpak en alles insit wat jy het nie. Dit moet deur God geïnisieer wees en gedryf deur die leiding van die Heilige Gees. Elke ding wat jy doen moet tot eer van God wees. Ons moet dus elke dag met volle oorgawe aan God leef. In ons woorde; in ons dade; in ons gedagtes, moet elke ding tot eer van God wees. ‘n Anonieme aanhaling stel dit so goed: “My lewe is ‘n melodie van God. Op my eie kan ek slegs klank voortbring, maar as my lewe ten volle aan Hom oorgegee is, sing Hy sy lied deur my – ‘n perfekte melodie.”

“Want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind. Wat sal dit ‘n mens dan baat as hy die hele wêreld as wins bekom, maar sy lewe verloor?” (Matt. 16: 25-26)

Dit is nie altyd so maklik nie. Hoe maklik vorm ons ‘n verkeerde oordeel oor iemand, of iets wat iemand doen? Dit is asof ons net regstaan om fout te vind in wat ander doen of aanpak. Ons ken dikwels nie die agtergrond, of het enige idee van die rede vir ‘n daad van diens van ‘n ander nie. Tog vind ons dit so maklik om daardie splinter in ‘n ander se oog raak te sien. Laat ons mekaar as broers en susters aanvaar as mense wat ook met oorgawe vir Christus wil leef. Want Christus het ons duidelik daarop gewys dat ons nie Sy volgeling kan wees, as ons nie vir Hom liewer het as enigeen waaraan ons kan dink in hierdie wêreld nie.

“Want ook die Seun van die Mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys.” (Mark. 10: 45); “As iemand na My kom en My nie liefhet bo sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja selfs sy eie lewe nie, kan nie my dissipel wees nie.” (Luk. 14: 26)

Laat elkeen van ons na Jesus Christus kom en deur ons oorgawe word soos die borrelende fontein, wat Christus vir ons kom moontlik maak het. Laat ons die woorde van Christus inneem sodat ons ook deur die Gees kan lewe in die lig. Laat ons ook in verwondering praat oor God, die Vader, die Seun, Jesus Christus, en die Trooster, die Heilige Gees, wat dit vir ons moontlik maak om in oorgawe te kan leef, deur die genade wat hulle ons gegee het. Laat ons saam sing tot eer en verheerliking van al hulle wonder dade elke dag van ons lewe.

“Die water wat Ek hom gee, sal in hom ‘n fontein van water word wat opborrel tot die ewige lewe.” (Joh. 4: 14): “…julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. Maar julle wil nie na My kom, sodat julle lewe kan hê nie.” (Joh. 5: 39-40); “Die woorde wat Ek tot julle gespreek het, is Gees en is lewe.” (Joh. 6:63); “Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê” (Joh. 8: 12); “Sing vir Hom, besing Hom; praat met oorgawe oor al sy wonderwerke.” (1 Kron. 16: 9)

Skep asem vir vandag: 18 Mei 2025

Dagstukkies April

18 Mei

Liewe ….

Ek bid dat jy elke dag sal sien hoe God se beloftes vir jou waar word. Hier is Sy woord vir vandag.

Tema: Wat die Here aan jou belowe sal Hy waar maak

Teks:“Toe Josef inkom, bring hulle vir hom die geskenk wat hulle saamgebring het, na die huis toe. Toe buig hulle diep voor hom. ” (Gen 43:26)

  • Om die Here te raadpleeg, is nooit ‘n mors van tyd nie.
  • Wanneer die Here sê dat Hy iets sal doen, doen Hy dit.
  • Soms neem Hy ‘n tydjie voordat Hy Sy beloftes waar maak, maar Hy doen dit.
  • Neem die Here op Sy woord, en leef vanuit Sy beloftes.
  • Kry daarom vrede dat die goeie dinge wat Hy belowe ‘n werklikheid sal word – geloof is nodig.

Gebed

Liewe Vader, maak U beloftes in my lewe waar.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 21+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 18 Mei 2025 Erediens en Kategese 09:00.
Dinsdag 20 Mei 2025: Kerkraadsvergadering
Woensdag 21 Mei 2025: Blokbyeenkoms om 16:00 in Blok: 9C (Tergniethoogte & Groenkloof Rheebok)
Woensdag 21 Mei 2025: Kooroefening 16:45
Woensdag 21 Mei 2025: Wolwedans Boodskap Sop en Brood
Donderdag 22 Mei 2025: Bloedskenk 14:00-19:00
Sondag 25 Mei 2025 : Kategese en Erediens om 09:00
Wolwedans Boodskap Sop en Brood 4 & 18 Junie.
Donderdag 29 Mei 2025 – Hemelvaart 18:00
Vrydag 20 Junie 2025 – Magda Louw – (K)Letterkunde 18:30

Afkondigings 18-25 Mei 2025

Afkondigings

Sondag 18 Mei 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Handelinge 11: 1-18
  • Die tema van die prediking is: Die Rooi Tapyt
  • Kategese.
  • Sinodale offer vir Arbeidsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Lees meer “Afkondigings 18-25 Mei 2025”

Skep asem vir vandag: 17 Mei 2025

Dagstukkies April

17 Mei

Liewe ….

Ek bid dat jy sal verstaan dat jy ook ander mense moet dien. My wens is dat jy sal begryp wat dit beteken. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Kies om ander te dien

Teks: “Nadat die amptenaar hulle in Josef se huis ingebring het, het hy vir hulle water gegee, en hulle het hulle voete gewas.” (Gén 43:24)

  • Voetwassing was ‘n groot vernedering – ‘n slaaf kon kies om nie iemand se voete te was nie, maar Josef was sy broers se voete.
  • Moenie wraak neem oor seer wat jou aangedoen is nie.
  • Maak ander ,mense vry deur hulle te dien – wees die minste.
  • So sal jy groot innerlike vrede, wat van die Here van Vrede kom, kry en ervaar.

Gebed

Liewe Vader, ek het U krag nodig om mense wat my seergemaak het te dien. Help my hierin.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 16 Mei 2025

Dagstukkies April

16 Mei

Liewe ….

Ek hoop dat jy sensitief sal wees vir die nuwe uitkomste wat die Here in die lewe gee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Moet jou nie bekommer nie

Teks: “Toe sê die amptenaar vir hulle: “Wees gerus! Moenie bekommerd wees nie.” (Gen 43:23)

  • Soms bekommer jy jou omdat die lewe nie verloop soos jy dit beplan nie.
  • Dit is die Here se manier hoe Hy jou gelukkig gaan maak.
  • Verwag die geluk van die Here op die heel vreemdste maniere. Aanvaar en ontvang dit dan.
  • Dit is Sy wens dat jy wel die voordeel en vrugte van jou werk en lewe sal geniet.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U selfs in onverwagse oomblikke sorg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 Mei 2025

Dagstukkies April

15 Mei

Liewe ….

Ek hoop jy aanvaar dat jou lewe binne God se hand is. Gee jouself in Sy hande. Hy sal vir jou sorg. Jy sal dit sien. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Vertrou die Here vir jou toekoms

Teks: “God die Almagtige sal sorg dat die man julle goedgesind is en julle ander broer terugstuur en ook vir Benjamin. En ek, as ek dan my kinders moet verloor, moet ek hulle maar verloor.” (Gen. 43:14)

  • Uiteindelik gee Jakob die saak van Josef en Benjamin aan die Here oor. Hy sorg en versorg.
  • Hy kry vrede met die wete dat ook hulle toekoms in die hande van die Here veilig is – al is Hy nie by hulle nie.
  • Jy kan op die Here staatmaak. Jy kan Hom vertrou. Hy sal jou help en uitkoms gee.
  • Wees van die Here afhanklik, want Hy is getrou. Hy sal jou deur elke uitdaging lei en help.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my deur alles help.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.