Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 Mei 2026 – Deel alles met God

Dagstukkies April

3 Mei

Vandag wil God hê dat jy jou hart vir Hom oopmaak — Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Deel alles met God.

Teks: “Vertel vir die Here alles waaroor jy dink, alles wat jy wil doen. Dan sal jy sien hoe Hy jou help. So ’n lewenshouding sal jou gelukkig maak.” (Spr. 3:1-7 – Die Boodskap)

  • Die Here ken jou pad en Hy lei jou elke stap — jy hoef nie alleen deur die lewe te gaan nie –  Hy staan by jou. (Ps. 37:23)
  • Moenie probeer om alles alleen uit te werk nie — God wil hê dat jy Hom vertrou met jou gedagtes, planne en optredes.
  • As jy God in jou besluite betrek, sal Hy jou lei — dit is Sy belofte en Hy kom dit na.
  • ’n Lewe in gesprek met God is ’n gelukkige lewe — begin elke dag deur alles met Hom te deel.
  • Volg Hom dan. Stap agter die Here aan.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my gedagtes en planne wil hoor — help my om vandag alles voor U neer te lê en U leiding te soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Vriendekring…

“Vlug weg van die begeertes van die jeug en streef, saam met diegene wat die Here met ‘n rein hart aanroep, na regverdigheid, geloof, liefde en vrede.”

(2 Tim. 2: 2220)

Hoe belangrik is vriendskap?

Elkeen van ons weet watter verskil ‘n goeie vriend in mens se lewe kan beteken. Soos Nina Smit dit so mooi stel: ‘’n Goeie vriend is so nodig soos ‘n goeie tandeborsel’. Dis iets wat die lewe die moeite werd maak, en waarsonder ons nie kan klaar kom nie. Ook die bekende anonieme aanhaling: ‘Baie mense sal in en uit jou lewe stap, maar net ware vriende laat hulle voetspore in jou hart’.

Dis daardie mense by wie jy aanklank vind. Nie noodwendig presies dieselfde as jy en al jou oortuigings nie, maar mense wat luister en regtig belangstel. Dit is harts-mense wat die lewe makliker maak vir jou. Dis mense wat jy vir jare nie hoef te sien nie, maar wanneer julle weer ontmoet, is dit asof julle mekaar gister laas gesien het. Dis mense wat jy kan vertrou!

Teksverse:

“Ter wille van my broers en vriende sê ek graag: “Mag daar vrede in jou wees!” Ter wille van die huis van die HERE ons God wil ek die goeie vir jou nastreef.” (Ps . 122: 8-920);

“Toe het Petrus hulle binnegenooi en as gaste verwelkom. En nadat hy die volgende dag gereedgemaak het, het hy saam met hulle vertrek, en sommige van die broers uit Joppe het hom vergesel. Die dag daarna het hy in Caesarea aangekom. Cornelius was hulle te wagte, en het reeds sy familie en naaste vriende bymekaar laat kom. Toe Petrus binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan, voor sy voete neergeval en hom begin aanbid. Maar Petrus het hom opgehelp met die woorde: “Staan op, ek self is ook net ‘n mens.”” (Hand. 10: 23-2620)

Hoe kry ons dit reg?

Ook in die keuse van vriende vir ons aardse vriendekring, gee die Bybel duidelike riglyne. Kyk na die betroubaarheid van mense. Moenie vriende kies wat kommer in jou hart wakker maak nie. Moenie vriende kies wat humeurig of opvlieënd is nie, want mens word dikwels soos jou vriende. Waak daarteen om allemans vriend te wees!

‘n Ware, eerlike vriend is nader as ‘n broer aan ‘n mens. Ons word ook daarop gewys hoe belangrik dit is om vir jou vriende te bid. Net soos Job gedoen het, en guns in die oë van die Here gevind het.

Teksverse:

“Wie in die geringste betroubaar is, is ook betroubaar waar dit om baie gaan,….” (Luk. 16: 1020);

“Kommer in die hart van ‘n mens maak die hart neerslagtig, maar ‘n vriendelike woord beur dit op. ‘n Regverdige soek sy vriende uit,…” (Spr. 12: 25-2620);

“Moenie vriende maak met ‘n humeurige mens nie, en met ‘n opvlieënde man moet jy nie saamgaan nie; anders raak jy vertroud met sy paaie en stel jy só ‘n valstrik vir jouself.” (Spr. 22: 2420);

“’n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ‘n geliefde vriend wat nader is as ‘n broer.” (Spr. 18: 2420);

“Die Here het Job se lot verander toe hy vir sy vriende gebid het….” (Job 42: 1020)

Hoe behandel ons vriende?

Ons kan nie net van ander verwag om goeie vriende te wees nie. Dit is ook belangrik om gedurig daarna op te let hoe ’n goeie vriend jyself is. Kan mense jou vertrou? Dink hulle in dankbaarheid, liefde en verlange aan jou?

Paulus se skrywe aan die Fillipense verwoord sy ervaring van hulle vriendskap as mede gelowiges. Hy dank God vir hierdie mense wat hom deur dik en dun bygestaan het in goeie en moeilike omstandighede! Hy noem ook dat hy duidelik die werk van die Here in hulle lewens ervaar. Wat ‘n wonderlike getuigskrif is dit nie vir die Gemeente van Filipi nie?

Teksverse:

“Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus. Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. Altyd, in elke gebed van my vir julle almal, bid ek met blydskap oor julle deelname aan die evangelie, van die eerste dag af tot nou, juis hiervan oortuig dat Hy, wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die van Christus Jesus. Dit is immers vir my reg om so oor julle almal te dink, omdat ek julle in my hart hou.” (Fil. 1: 2-720)

Jesus Christus se vriendekring

Die liefde wat Jesus Christus vir sy naby vriende, asook almal wat nie in sy direkte vriendekring was nie, word telkens vir ons uitgebeeld in hoe Hy mense hanteer het. Watter vooreg was dit nie vir die apostels en ander naby vriende nie!

Hy het alles wat God die Vader aan Hom toevertrou het, met hierdie naby vriende gedeel. Al is Hy bietjie voorskriftelik daarin dat hulle Sy bevele moet navolg, doen Hy dit met liefde. Hy wys ons daarop hoe belangrik dit is om grehoorsaam aan die Vader te wees, want dit is hoe ons in die liefde kan bly.

Ons weet dat daar geen groter liefde is om jou lewe af te lê vir jou vriende nie, maar Christus se liefde was groter. Almal van ons wat Hom nie fisies geken het nie, en wat Hom as Verlosser aanvaar het, ook vir ons het Hy Sy lewe afgelê. Ons kan net in dankbaarheid die liefde van Jesus Christus aanvaar en so deel word van Sy vriendekring!

Teksverse:

“Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer slawe nie, omdat ‘n slaaf nie weet wat sy eienaar doen nie. Ek het julle egter vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.” (Joh. 15: 14-1520);

“Net soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Bly dan in my liefde. As julle my gebooie onderhou, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader gehoorsaam het en in sy liefde bly.” (Joh. 15: 9-1020):

“Groter liefde as dit het niemand nie, dat iemand sy lewe aflê vir sy vriende.” (Joh. 15: 1320)

Gemeentefees 2026 – ‘n Vrolike bewolkte dag

Gemeentefees 2 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

NG Kerk Grootbrakrivier het op 2 Mei 2026 weer ‘n heerlike saam werk en saam kuier dag geniet. Die heerlike klanke van die G’nT groep het die hele oggend gevul.

Voorbereidings

Daar is vir ‘n volle maand beplan en voorberei onder leiding van Ruan Viljoen, in samewerking met al die tafel sameroepers.

Potjiekis kompetisie

Die nuutjie van die fees was die Potjiekos kompetisie…wat ‘n reuse sukses was. Almal wat daarop uit gemis het het op die heerlikste potjiekos uitgemis.

Die potjies was ieder en elkeen ‘n reuse sukses. Elkeen wat geproe het kan daarvan getuig. Die wenner van die kompetisie was die No. 7 Afval potjie. Daar neffens kon die beoordelaars nie kies tussen posisie 2 & 3 nie, so twee potjies het die nommer 2 plek gedeel.

Verskeidenheid

Die kerk terrein was reeds van vroeg af in rep en roer. Almal wat hard gewerk het om die laaste voorbereiding te tref vir die dag. By elke tafel is daar gewerk, geskerts en die meeste van die produkte is verkoop.

Die braaivleis vure van die ‘Stok & Smul’ Hoender sosaties, die ‘Kole & Konfyt‘ roosterkoeke en die potjies van Die kompetisie was sommer van vroeg af aan die gang.

Die gebak wat die ‘Soet Sondes‘ nagereg tafel, die ‘Kerrie ‘n bietjie‘ tafel, die jaffels tafel, die ‘Strooi & Rol‘ pannekoek tafel en die Teetuin se ‘Koek en klets‘ ingesluit het, het hard gewerk aan alles wat verkoop is. Alles is in goeie luim en met lekker kuier geniet.

Die ‘Skatte & Snaaksighede‘ wit Olifant tafel en boeketafel het goeie aftrek gekry van almal wat ‘n passie daarvoor het.

Die kinders het heerlik gespeel en was bedrywig om saam met ouers te kuier en die JAM kindertafel te ondersteun.

Dan was daar die heerlike ‘Kraakvars natuurlekkers’ vars groente tafel wat wonderlike vars produkte teen bekostigbare prys verkoop het.

Daar was ook ‘n uitstalling van hierdie jaar se truitjie projek opbrengs tot op datum, om alle toekomstige breiers ‘n voorsmaak te gee!

Dankie!

Die gemeente wil die Gemeentefees organiseerders bedank vir ‘n heerlike, suksesvolle dag.

Nuusflitse Week 19+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 3 Mei 2026: Erediens 09:00 – Geen Kategese – Geen Kleuterkerk
Woensdag 6 Mei 2026 :    18:00 Blokbyeenkoms Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate) by Heuwelsig straat 10
Woensdag 6 Mei 2026 :    Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik
Woensdag 6 Mei 2026 :    Kooroefening by die orrel om 16:45
Woensdag 29 April 2026 : Kooroefening 16:45
Sondag 10 Mei 2026 : Erediens om 09:00 – Kleuterkerk en Kategese 09:00.
Pinkster 17- 21 Mei 2026
30 Mei 2026 08:30 – Ontbyt: ‘n Seisoen van konflik, ‘n seisoen van geleenthede

Lees die volledige afkondigings hier:Afkondigings 3 – 10 Mei 2026

Afkondigings 3 – 10 Mei 2026

Afkondigings

Sondag 3 Mei 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Petrus 2:2-10.
  • Die tema van die prediking is: Volg My.
  • Arbeidsondag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale offer vir Arbeidsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Daar is GEEN LEEFKerk vanaand nie.

Woensdag 6 Mei 2026 :

  • Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.

(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).

  • 18:00 Blokbyeenkoms Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate) by Heuwelsig straat 10. Ann Pretorius – 082 565 1868.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida –Epos Kontak.

Sondag 10 Mei 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Dr Jurie Vermeulen (Radio FEBA).
  • Moedersdag.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Sinodale offer vir Gemeenteondersteuning by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Charné Viljoen.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Mei 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Nuwe Lidmate 2026:

Philip & Louise Kotzé van Ladysmith: Blok 26 (Tergniet-Oos)
Susan Ferreira van Klerksdorp: Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek)
Lizelle Botha van Quellerina: Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte)
Baie welkom by ons gemeente.

Pinkster 2026

Pinkster 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Pinkster 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 19 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 19 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Eiendomsbediening :

Baie dankie vir u geduld met die stukkende plafon. Fout-opsporing is afgehandel en ’n kontrakteur is aangestel. Ons hoop om die herstelwerk binnekort af te handel.

Lofdanse Bediening NGK Groot-Brakrivier
Lofdanse Bediening NGK Groot-Brakrivier

Getuienisbediening :

Getuienis Ontbyt Mike Burnard
Getuienis Ontbyt Mike Burnard

Deurlopende behoeftes vir Getuienisprojekte

Skenkings van die volgende sal ons baie help: sop (volgens resep wat voorheen gedeel was) skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleur-potlode,  naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Epos Kontak.
Truitjie projek 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Truitjie projek 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Ondersteuningsbediening

“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.”

Job 29:12-13(AFR33)

Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers – Epos Kontak of  Riëtte Jansen van Rensburg –Epos Kontak.

“Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle” (Matt. 18:19-20 Afr83).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA Mosambiek en FEBA Malawi

Oorstromings het wydverspreide verwoesting in Mosambiek en Malawi veroorsaak. Duisende FEBA-luisteraars, sowel as sommige omroepers, het hul wonings en besittings verloor, sodat party personeel op FEBA se persele en ander by reddingskampe moes skuiling vind.

Ons gebed vir die week: Bid dat God sal ingryp en verligting sal bring. Vra dat Hy reddingswerkers die energie en wysheid sal skenk om die nodige hulp te verleen, en dat Hy FEBA se uitsendings sal gebruik om luisteraars te vertroos en hul geloof te versterk. 

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 3 Mei  2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 3 Mei 2026, deur Ds Charné Viljoen.
  2. Bybelstudiereekse:
    • ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Vriendekring…”
  3. Gemeentenuus:
    • Collage van die Gemeentefees van 2 Mei 2026 is beskikbaar.
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.


Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 Mei 2026 – Wysheid hou jou veilig

Dagstukkies April

2 Mei

Vandag wil God jou bewaar van alles wat jou seer kan maak — Hier is vandag se geestelike saad uit God se Woord.

Tema: Wysheid hou jou veilig.

Teks: “Wysheid sal jou van verkeerde dinge weghou. Jy sal begin oplet op wat jy sê. Van sekere tipe mense sal jy wegbly, veral diegene wat niks van lewensgeluk weet nie.” (Spr. 1:10-13 – Die Boodskap)

  • Die Here is jou skild en toevlug — as jy by Hom skuil, hoef jy nie bang te wees vir enige bedreiging nie. (Ps. 18:3)
  • Wysheid help jou om slim keuses te maak — dit begin by God en werk deur in jou gewone besluite.
  • Wees bewus wie jy in jou lewe toelaat — verkeerde vriende trek jou dikwels af na plekke waar jy nie wil of moet wees nie.
  • Jou woorde het mag — dink eers en praat dan.
  • As jy dink voor jy iets sê, kom jy nie maklik in die moeilikheid nie en veroorsaak jy ook nie moeilikheid nie.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U wysheid aan my wil gee — help my om vandag slim keuses te maak en van verkeerde invloede weg te bly.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 Mei 2026 – Luister na jou ouers

Dagstukkies April

1 Mei

Vandag nooi God jou om insig, ervaring, waarhede en wyshede in jou lewe te laat werk — Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Luister na jou ouers.

Teks: “n …mens moet die waarhede wat sy pa (en ma) hom leer, ernstig opneem. … -lewenswaardes moet hy nie in die wind slaan nie.” (Spr. 1:6 – Die Boodskap)

  • God het jou lewenspad uitgestippel. Op hierdie pad gee Hy jou nuwe krag, die krag van ‘n jong arend. Jy leef en word nie moeg nie. (Ps. 23:3; Jes. 40:31)
  • Mense wat omgee en jou liefhet, praat die waarheid — neem dit ernstig op want dit bewaar en beskerm jou.
  • Insig, ervaring en wysheid word nie in ’n dag geleer nie — begin vandag deur te luister na dié wat meer lewenservaring het as jy.
  • Jou houding teenoor advies van verstandiger en meer ervare mense sê baie van jou karakter — kies om leerbaar en met ‘n oop hart te leef.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my ouers en rolmodelle gegee het om my te lei — help my om vandag met ’n oop hart na hulle insig te luister.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 18+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 26 April 2026: Erediens en Kategese om 09:00 – Geen Kleuterkerk
Maandag 27 April 2026 Kerkkantoor gesluit
Woensdag 29 April 2026 :    Geen Blokbyeenkoms nie
Woensdag 29 April 2026 : Kooroefening 16:45
Vrydag 1 Mei 2026: Kerkkantoor gesluit
Saterdag 2 Mei 2026 – Gemeentefees
Saterdag 2 Mei 2026 – Potjiekos Kompetisie
Sondag 3 Mei 2026: Erediens 09:00 – Geen Kategese – Geen Kleuterkerk:

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 26 April – 3 Mei 2026

Afkondigings 26 April – 3 Mei 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 26 April 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 10:1-10.
  • Die tema van die prediking is:Geroep tot ware menswees.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Radio Pulpit by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Leon Cronje.

Maandag 27 April 2026 :

  • Vryheidsdag – Kerkkantoor gesluit.

Woensdag 29 April 2026 :

  • GEEN Blokbyeenkoms.

Vrydag 1 Mei 2026 :

  • Werkersdag – Kerkkantoor gesluit.
Verjaarsdae Week 18 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 18 NG Kerk Groot-Brakrivier

Saterdag 2 Mei 2026 :

Gemeentefees 🎉

Ons is opgewonde om te kan deel dat Beaufort-Wes Gemeente ons gemeente seën met ‘n lam wat 17kg weeg! Ons wil graag vir ons gemeente ‘n geleentheid gee om hierdie lam uit die hartjie van die Karoo te kan koop.

Hy is reeds opgesaag en verpak vir jou gerief.
Saterdag om 10:00 sal daar by die Gemeentefees ‘n veiling gehou word waar ons die skaap gaan opveil.

Kom kuier lekker saam en ondersteun ons gemeentefees op hierdie heerlike dag.

Sondag 3 Mei 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Arbeidsondag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale offer vir Arbeidsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Charné Viljoen.
Lofdanse Bediening NGK Groot-Brakrivier
Lofdanse Bediening NGK Groot-Brakrivier

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Mei 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Eiendomsbediening :

Baie dankie vir u geduld met die stukkende plafon. Fout-opsporing is afgehandel en ’n kontrakteur is aangestel. Ons hoop om die herstelwerk binnekort af te handel.

WhatsApp Broadcast Lists
WhatsApp Broadcast Lists

Seisoen van konflik – ‘n Seisoen van geleenthede

Getuienis Ontbyt Mike Burnard
Getuienis Ontbyt Mike Burnard
Truitjie Projek
Truitjie Projek

Truitjie Projek 2026

Dis weer tyd om te brei!

Hierdie jaar soek ons enige breiwerk van babagoedjies tot truie vir peuters, kleuters en,as jy kans sien, ook vir groter truie.

Ons sal dit versprei na waar die behoefte groot is.

René Vorster – Epos Kontak.

NG Kerk Groot-Brakrivier Gemeentefees – Saterdag 2 Mei 2026

Gemeentefees 2 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Gemeentefees 2 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. U betrokke blokleier sal kontak maak. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511,takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr  & Van,  merk).

INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK OF ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:

🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig mense wat 1 x pot kerrie mince en 1 x bak chicken mayo kan voorberei, asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag. 📞 Pieter van der Merwe – Epos Kontak.

🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt –Epos Kontak.

📚  Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.

🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Epos Kontak.

🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! Skenkings van rys sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke – Epos Kontak 📞Corita du Preez – Epos Kontak.

🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. 📞 Eddie – Epos Kontak

🥪JAFFLES:  R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨‍👩‍👦‍👦 🤹‍Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹‍♀🍴Kom koop en geniet! 📞 Whitey van der Merwe – Epos Kontak📞 Corrie Pieters – Epos Kontak.

🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. Enige bydrae van gebak sal waardeer word.☕ Koffie – R20, Tee – R15, Koek – R25. Ds Charné Viljoen – Epos Kontak.

🍽   Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. Ons benodig asseblief

skenkings van eiers, meel, suiker en olie.  R7 elk. 📞 Elsabé Richards – Epos Kontak

🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n   preserveermiddels! 📞 René Vorster – Epos Kontak.

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – Epos Kontak.

🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 28 April. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – Epos Kontak.

Potjiekos Kompetisie NG Kerk Groot-Brakrivier
Potjiekos Kompetisie NG Kerk Groot-Brakrivier

Potjiekos Kompetisie – Basaar Hoogtepunt!

Ons nooi almal uit om deel te wees van ’n splinternuwe hoogtepunt by vanjaar se basaar – ons Potjiekos Kompetisie! 🥘🔥👉 Skryf in as jy lus is om jou kookvernuf te wys en ’n heerlike potjie voor te berei.

Reëls en riglyne:

👉 Elke deelnemer/span moet hul eie pot en toerusting bring
👉 Deelnemers voorsien hul eie bestanddele
👉 Jou potjie moet genoeg wees om 12–15 mense te bedien
👉 Deelnemers moet ook aandui watter tipe potjie hulle beplan om te maak
👉 Daar sal pryse wees vir die beste potjie(s) 🏆
🕛 Beoordeling: 12:30 waarna almal saam kan eet en geniet!
🍽️ Kaartjies: Gemeentelede en besoekers kan kaartjies koop teen R100 per bord en so deel wees van die potjiekos-ervaring nadat die beoordeling afgehandel is.

Kom wys wat in jou pot steek en wees deel van die pret! 🔥

🔥 POTJIEKOS KOMPETISIE – BENODIGHEDE 🔥

Ons is besig om die Potjiekos Kompetisie vir die basaar te reël en het ’n paar benodighede waarvoor ons hulp sal waardeer:

👉 Potjies (nommer 4 en groter, indien moontlik)
👉 Braaiers / vuurmaak toerusting (indien enige gemeentelede bereid is om dit vir die dag    beskikbaar te stel)
👉 Persone wat kan help met die reëlings en opstel
📌 Kontak: As jy kan help met enige van bogenoemde, kontak my asseblief: Ruan Viljoen – Epos Kontak

Baie dankie vir almal se bereidwilligheid en ondersteuning – dit gaan ’n baie lekker toevoeging tot die basaar wees! 🔥🍲

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal

Baie FEBA-werkers en luisteraars woon in oorlogsones – sommige as soldate, sommige as vlugtelinge – en moet daagliks deel met vrees en verlies. Oekraïne se span, sowel as hul luisteraars, is uitgeput weens onderbroke slaap as gevolg van nagtelike lugaanvalle, en onvoldoende verhitting weens kragonderbrekings. Luisteraars langs die Kambodja-Thailand grens en in die Midde-Ooste het te kampe met politieke onstabiliteit en geweld.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA-werkers en luisteraars in oorlogsones krag en vrede sal ontvang deur hul oë op God gevestig te hou.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 26 April  2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 26 April 2026, deur Ds Leon Cronje.
  2. Getuienisbediening:
    • Die Jeugkerk by Wolwedans het ‘n lekker dag saam met ‘Bloom  a child’ gehad met die tema: “Boelies is nie cool nie”
  3. Bybelstudiereekse:
    • ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Wees blymoedig”.
  4. Gemeentenuus:
    • Die Gebedsgids vir Mei 2026 is beskikbaar.
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje

Kassiere:
Alfreda Stander

Skriba:
Carmi Kriel

Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532

e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

GEBEDSGIDS – MEI 2026

Gebed Gebedsgids

1 Mei – Vrydag – God is jou Werkgewer 

Vader, dankie vir diegene wat nog werk en ons vra U vrede en wysheid in  die werksplek om uitnemendheid en integriteit te handhaaf. Lei ons gedagtes sodat ons ‘n lig vir U kan wees. 

2 Mei – Saterdag – Gemeentefees 

Here, dankie vir hierdie spesiale dag van feesvieringe. Seën almal wat  saamwerk en deelneem, en laat hierdie fees ‘n getuienis wees van U liefde  en genade en ‘n tyd van vreugde, vernuwing en versterking vir ons  geloofsgemeenskap.                        

3 Mei – Sondag –  Arbeidsbediening

Vader, ons dank U vir die arbeiders in U wingerd. Ons bid vir krag, wysheid  en vreugde vir elke vrywilliger. Mag hulle arbeid nie tevergeefs wees nie en  lei hulle pogings om vrugte te dra vir u koninkryk.

4 Mei – Maandag –  Op watter fondament is jou lewe gebou

Vader, ek vra dat U my lewe, my gedagtes en my hart stewig op U gevestig  sal  hou. Suiwer my, vul my met U Gees en gee my die krag om standvastig  in geloof en geregtigheid te bly. 

5 Mei – Dinsdag –  Word ‘n medewerker van God

Hemelse Vader, maak my diensbaar as  medewerker in U koninkryk. Vul my  met U Heilige Gees sodat ek met wysheid en liefde kan optree. Laat my  woorde en dade ‘n getuienis wees van die Evangelie van Jesus Christus. 

6 Mei – Woensdag – Ligdraers by Blokbyeenkomste

Mag ons ligdraers wees, mekaar se laste dra en U liefde weerspieël in ons  lewe. Ons bid vir veiligheid, genesing en dat U ons sal lei om ‘n bron van  hoop vir mekaar te wees.           

 7 Mei – Donderdag – Hardloop die wedloop tot Sy eer     

Hemelse Vader, dankie dat U my gekies het om hierdie wedren tot U eer te  hardloop. Gee my die krag om te kan volhard, en help my om die oog gevestig  te hou op Jesus. Ek sal  hardloop sodat U daardeur verheerlik word.                                    

8 Mei – Vrydag – Ek verkies om die Here te vertrou

Here, selfs wanneer ek nie my pad verstaan nie, kies ek om U te vertrou. Lei my  voetspore en help my om getrou te bly waar U my vandag geplaas het.    

9 Mei – Saterdag – Maak net staat op God se wonderbare krag

Vader, ons bid vir ons mediese- en ondersteuningspersoneel vir ekstra wysheid,  insig en krag in hul uitdagende werk. Beskerm hulle fisies en geestelik, en mag  hulle U liefdevolle hand in hul daaglikse sorg vir pasiënte ervaar. 

10 Mei – Sondag – Moedersdag – Jy oortref hulle almal

Alles aan jou spreek van ‘n edel persoon en ken geen kommer oor die toekoms  nie. As jy praat, is dit met wysheid; as jy leiding gee, is dit met liefde.  Jou kinders  prys jou, jou man bewonder jou. Daar is baie knap vrouens, maar jy, vriendin,   oortref hulle almal!

11 Mei – Maandag  –  Ons getroue Herders

Vader, ons bid vir ons Predikante en Leraars en is dankbaar vir hulle toewyding  om U Woord te verkondig. Here, vul hulle opnuut met U Heilige Gees. Gee hulle  krag, wysheid en insig om die Skrif met gesag en waarheid te bring.

12 Mei – Dinsdag – Bedieningsraad Vergadering

Here, ons dank U vir hierdie gemeente se leiers wat U geroep het om te dien.  Onderrig  hulle met wysheid en insig om goeie besluite te neem. Bind hulle saam  in liefde en eenheid sodat hulle saam kan werk tot die uitbreiding van U  koninkryk. 

13 Mei – Woensdag –  Saam met God is jy nooit alleen

Hemelse Vader, ons bid vir diegene wat alleen en eensaam is. Troos hulle en  herinner hulle aan U konstante teenwoordigheid en vul hul harte met U liefde.  Mag hulle U nabyheid ervaar en rustigheid kry met hul emosies.

14 Mei – Donderdag –  Verheerlikte Christus

Vader, dankie vir die Hemelvaart van u Seun, Jesus Christus. Ons vier sy  oorwinning. Vul ons met die Heilige Gees en bemagtig ons om U liefde in die  wêreld te versprei. Amen. 

15 Mei – Vrydag – U is ons Anker wat ons nooit los nie

Vader, ek bely elke dag dat U my Here en my God is en ek weet dat niks my kan  skei van U liefde nie. U neem seer weg, U vee trane af, U maak gebroke harte  weer heel. U was ons weer skoon en U gee ons ‘n fontein van lewende waters. 

16 Mei – Saterdag –  God keur geweld ten sterkste af

Here, ons bid U om genade te betoon en lewens te spaar in elke oorlog  geteisterde streek. Ons vra dat U die harte van leiers sal versag en hulle tot  geregtigheid sal bring.   

17 Mei – Sondag – Lei ons in die volle waarheid

O Heilige Gees, dankie dat U op Pinksterdag uitgestort is en vandag nog in ons  harte woon. Kom vul ons opnuut met U krag en lei ons in die volle waarheid.   Laat U lig in ons lewens skyn en maak van ons harte U woning.

18 Mei – Maandag – Vlekkeloos voor U

In hierdie Pinkstertyd bid ons dat U Gees opnuut deur ons sal waai. Kom reinig  ons harte en vernuwe ons denke. Skenk aan ons die gawes wat nodig is om U  koninkryk te bou en gee ons ‘n passie vir die evangelie, krag om te getuig, en  liefde vir mekaar. 

19 Mei – Dinsdag –  As ons in eenheid saamwerk 

Almagtige Vader, ons bid dat U Gees in ons sal werk sodat ons as gemeente  nader aan U getrek sal word.  Ons bid om met  nuwe ywer en  krag U getuies te  wees. 

20 Mei – Woensdag – Suiwer julle harte

Vader, mag U Heilige Gees wat met krag gekom het, vandag weer opnuut in ons   harte werk en bid dat die saad van U Woord in goeie grond sal val en vrug dra.

21 Mei – Donderdag –  Hou aan Sy vreugde vas

Vader, dankie dat U my voortdurende toegang tot U teenwoordigheid gee. Vul  my met U vreugde en vrede sodat ek deur die krag van die Heilige Gees kan leef. 

22 Mei – Vrydag – Leer my hoe om te dien

Here, ek wil nooit vergeet wat my doel op aarde is nie. Open my oë vir elke  geleentheid om te dien, en verwyder uit my hart enige selfsugtige begeerte vir  eie belang. 

23 Mei – Saterdag –  U is my weg 

Vader, wanneer ek nie die pad vorentoe sien nie, weet ek dat U my gids is. Ek  onderwerp my gedagtes, my planne en my vrese aan U. Voor U lig sal duisternis  vlug.

24 Mei – Sondag – Pinksterfees – U goedheid het geen perke nie

Vader, U voed my met ewigheidskos, U bied my die lewende water en in tye  van nood bring U redding. Dankie vir U hand wat reeds daar is wanneer ek  val.

25 Mei – Maandag – U is  ‘n God van beloftes

Laat my oë vandag U goedheid raaksien en my geloof sterker wees as my  twyfel.  Ek kies om nie in vrees te leef nie, maar om vas te hou aan U beloftes.

26 Mei – Dinsdag – Laat God toe om te snoei

Vader, ek wil U in die snoeitye van my lewe vertrou.  Dit wat nie meer lewe  gee nie moet ek laat gaan.  Ek wil in U bly sodat U my kan vorm sodat ek  beter vrug kan dra.

27 Mei – Woensdag – Ons wil net op U fokus

Ons dank U Vader dat ons as gemeentelede saam U Woord kan deel. Gee  ons wysheid en insig sodat alles wat ons bespreek tot eer van U naam sal  wees.

28 Mei – Donderdag – U genade is onfeilbaar

Hemelse Vader, kom seën elkeen wat ‘n behoefte het aan genesing en  herstel.  Vertroos die wat teleurstellings ervaar en diegene wat  geliefdes aan  die dood moes afstaan. 

29 Mei – Vrydag –  U is die lig van my lewe

Jesus, dankie dat ons U kan liefhê.  Ek wil naby U leef en nooit vergeet wie  ek in U is nie. Help my om deur my lewe U liefde uit te straal en ander die  weg na U te wys.

30 Mei – Saterdag – Draers van ‘n Goddelike Skat

Die lig van die evangelie is God se skat wat in ons gedra word. Ewige waarde  wat nie gekoop word nie, maar deur God self geskenk word. Dra jou Skat  met dankbaarheid, koester dit en leef dit waardig. 

31 Mei – Sondag – Dit het Hom diep gegrief

Vergewe ons Here dat ons as aardbewoners U skepping benadeel en  verwoes.  Dit is kommerwekkend om te sien hoeveel vlugtelinge  angstig talle  landsgrense oorsteek op soek na voedsel en water. Ons bid vir U genade. 

Skep asem vir vandag: 31 Mei 2025

Dagstukkies April

31 Mei

Mag jy jou oë oopmaak vir die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema : Leerervarings bring geleenthede

Teks: “Jakob het vir Juda vooruit gestuur na Josef toe om hom te laat weet dat hy op pad is na Gosen toe.” (Gen 46:28)

  • Laat jou mislukkings agter en begin weer van voor af leef.
  • Wanneer jy die Here vertrou, kan jy verwag dat wonderlike dinge sal gebeur.
  • Hy verander sonde en mislukkings in leerervarings.
  • Hy maak leerervarings leierskapsgeleenthede.
  • Hy maak leerervarings nuwe geleenthede waaruit jy die beste kan kies.
  • Hy gee oorwinning! Hy gee sukses! Hy gee geluk!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my nuwe geleenthede van hoop gee.
In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 Mei 2025

Dagstukkies April

30 Mei

Mag jy iemand van hoop en geloof wees. Hier is God se spesiale Woord vir jou.

Tema : Die Here sal jou meer gee as wat jy gehad het

Teks: “Moenie bang wees om na Egipte toe te gaan nie, want Ek sal jou daar ‘n groot nasie maak.” (Gen 46:3)

  • Wanneer jy die Here vertrou, kan jy verwag dat die regte geleenthede na jou sal kom.
  • Hy is nie doof nie — Hy hoor jou. Sy arm is nie kort nie — Hy help jou (Jes. 59:1).
  • Begin dadelik in gehoorsaamheid leef.
  • Moenie langer uitstel nie.
  • Hy wil en sal jou gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek binne U genade kan leef.

In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Mei 2025

Dagstukkies April

29 Mei

Mag jy sien hoeveel keer God presies vir jou goeie dinge in jou lewe laat gebeur. Hier is ‘n spesiale gedagte uit God se Woord vir vandag.

Tema : Jy sal geluk beleef

Teks: “En hulle pa Israel het gesê: “Ek verlang niks meer nie. My seun Josef leef, en ek wil hom net sien voor ek sterf.” (Gen. 45:28)

  • Staan sterk en byt vas — God is altyd met jou!
  • Jy sal gelukkig wees, want die Here God sorg dat dit met jou goed gaan (Ps. 128:2).
  • Jy staan in die sonskyn van Sy goedheid — die Here is ontsettend goed vir Sy kinders (Ps. 128:4).
  • Wees op die uitkyk na die geluk wat die Here elke dag vir jou gee.
  • Leef met hoop! Wees gelukkig! Dank die Here!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my altyd gelukkig maak.

In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus: Madagaskar – The Week 18 Mei 2025

Madagaskar Sendingnuus

Our island had a visit from the President. On the one hand, that was a very exciting prospect, simply because we knew that we’ll have uninterrupted electricity and water, but on the other hand it meant that just about the whole population was called upon to clean, sweep and then clean some more. Not something that all people here are naturally inclined to.

Lees meer “Sendingnuus: Madagaskar – The Week 18 Mei 2025”

Skep asem vir vandag: 28 Mei 2025

Dagstukkies April

28 Mei

Mag jy iemand van hoop en geloof wees. Hier is God se spesiale Woord vir jou.

Tema : Leef in vertroue en hoop

Teks: “Moenie langs die pad bang word en begin twyfel nie.” (Gen. 45:25).

  • Moenie twyfel oor die goedheid en genade van die Here nie.
  • Ongeag wat met jou gebeur, die Here is presies Wie jy nodig het.
  • Ontvang die goeie dinge wat Hy elke dag vir jou doen.
  • Aanvaar dit! Geniet dit! Leef dit!
  • Wees gelukkig en lewe ‘n vol lewe.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my ‘n vol lewe gee.

In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 27 Mei 2025

Dagstukkies April

27 Mei

Ek bid dat jy sal hoor hoe die Here jou roep om na Hom te gaan. Ek bid dat jy na Hom sal gaan. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema : Hy roep jou! Hy wag vir jou!

Teks: “Kom na my toe. Moenie talm nie, kom bly in die Gosenstreek.” (Gen. 45:10)

  • Die Here weet jy het ‘n behoefte aan geluk en ‘n beter lewe.
  • Hy roep jou sodat Hy in al jou aardse en geestelike behoeftes kan voorsien (Jes. 55:1-3).
  • Die Here gee vir almal wat Hy liefhet al die goeie dinge – selfs in hulle slaap (Ps. 127:3).
  • God wil jou gelukkig maak — sien jou geleenthede raak, en gryp dit aan (Jes. 55:1-3).

Gebed

Liewe Vader, so baie dankie vir al die geluk wat U oor my pad bring.
In die Naam van Jesus, die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 Mei 2025

Dagstukkies April

26 Mei

Ek hoop dat jy sensitief sal wees vir die nuwe uitkomste wat die Here in die lewe gee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema : Kyk reg na die lewe

Teks: “Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red.” (Gen. 45:5)

  • Fokus op die regte dinge van jou lewe.
  • Moenie dat slegte omstandighede jou onderkry of met jou op loop gaan nie (Fil 4:12).
  • Wees tevrede met wat ook al met jou gebeur (Fil 4:11).
  • Hy sal vir jou sorg deur jou te gee wat jy nodig het (Fil 4:19).
  • Fokus op die goeie goed wat God in jou lewe waar maak.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd vir my genoeg gee.

In die Naam van Jesus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Oorvloed

“…Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

Joh. 10: 10

Oorvloed word deur mense dikwels verskillend geïnterpreteer. Sommige dink dit het te doen met rykdom en finansiële gewin, ander met die genietinge van die lewe. In die Ou Testament is dit dikwels verstaan dat oorvloed uit die Here se hand kom; hetsy of dit oorvloed in rykdom is, of die opbrengs van die jaar, of die liefde in jou lewe. Die hele Ps. 65 is ‘n pragtige danklied aan God, uit wie se hand alles ontvang word. In Christus se woorde het Hy gekom sodat ons lewe in oorvloed kan hê! Weereens is almal se persepsie van wat dit beteken verskillend.

Daar is egter ook ander dinge wat in oorvloed uit God se hand kom, naamlik oorvloed in genade, geloof, kennis, vrede, liefde, vrygewigheid en omgee vir ander.

“Soos julle nou van alles oorvloed het, geloof en welsprekendheid en kennis en alle ywer en die liefde, wat deur ons toedoen onder julle is, sorg dat julle ook in hierdie genadewerk oorvloedig is.” (2 Kor. 8: 7);
“…hulle wat uitverkies is volgens die voorkennis van God, die Vader, om deur die heiligmaking van die Gees gehoorsaam te wees, en met die bloed van Jesus Christus besprinkel te word: Mag genade en vrede in oorvloed aan julle geskenk word!” (1 Pet. 1: 2);
“Judas, dienskneg van Jesus Christus, en broer van Jakobus, aan die geroepenes, diegene wat hulle in die liefde van God die Vader bevind, en vir Jesus Christus bewaar is: Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle gegee word.” (Jud. 1: 2)

‘n Oorvloedige lewe, met diepte en betekenis, kan lekker en heel eenvoudig wees. Soos wanneer ons ontdek dat God ons elkeen in ons uniekheid lief het, net soos ons is. Daar is ook verseker ‘n spesiale doel vir elkeen van ons. Ons moet leer om almal lief te hê, want liefde is iets wat mens moet uitdeel en weggee. Dit gaan nie net oor onsself nie, en dis wonderlik om die vreugde en dankbaarheid te ervaar van mense wat ontvang.

“Julle huidige oorvloed vul hulle tekort aan, sodat hulle oorvloed weer julle tekort aanvul, en dan so ewewig kan wees. Soos daar geskryf staan: “Die een met baie, het nie te veel gehad nie, en die een met net ‘n bietjie, nie te min nie.”” (2 Kor. 8: 14-15);
“So word julle in elke opsig verryk, om in alles vrygewig te wees, en dit loop deur ons bemiddeling uit op danksegging aan God. Want die hulp van hierdie bediening voorsien nie net in die heiliges se behoeftes nie, maar lei ook tot ‘n oorvloed van baie uitinge van danksegging aan God.” (2 Kor 9: 11-12);
“Beveel die rykes in die huidige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom te vestig nie, maar op God, wat alle dinge in oorvloed aan ons gee om te geniet. Beveel hulle om eerder goed te doen, ryk aan goeie dade, vrygewig en mededeelsaam te wees, om sodoende vir hulleself ‘n skat op te bou as goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe kan verkry.” (1 Tim. 6: 17-19);
“’n Gulhartige persoon geniet oorvloed, en wie ‘n ander se dors les, kry self genoeg te drinke.” (Spr. 11: 25)

Hoe vind ons uit wat ons doel hier op aarde is? Ons moet saam met God die pad stap. Dit is Hy wat ons hier gewil het. Dit is Hy wat weet waarheen ons oppad is. Hoe kan ons uitvind wat ons doel is, as ons nie saam met ons Skepper die pad stap, om uit te vind nie. Deur Jesus Christus as jou Verlosser te aanvaar, en die pad van heiligmaking (om nader aan God te leef) en meer soos Jesus Christus te wees, kan ons onder leiding van die Heilige Gees ons doel bereik; in en deur die genade wat God aan ons geskenk het. ‘n Gesindheid van oorvloed maak jou nie gemaksugtig nie, maar laat jou gemaklik, veilig in die hande van God, want waar God ookal gaan is daar oorvloed.

“U kroon die jaar met u goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed.” (Ps. 65: 12)

Die lewe saam met God, die Vader, Jesus Christus, die Verlosser en die Heilige Gees, die Trooster gee ons ‘n innerlike vrede en onuitspreeklike vreugde. Jesus Christus is die weg en die waarheid en die lewe!

“Die doel was dat dit duidelik sou blyk dat die egtheid van geloof – ‘n egtheid wat baie kosbaarder is as goud, wat verganklik is, maar nogtans met vuur getoets moet word – uitloop op lof en heerlikheid en eer wanneer Jesus Christus geopenbaar word. Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie; en al sien julle Hom nie nou nie, glo julle in Hom, en jubel julle met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, omdat julle reeds deel het aan die doel van julle geloof…” (1 Pet. 1: 7-9):
“Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”” (Joh. 14: 6)