Noudat jy weet dat dinge altyd weer reg kom, hoop ek dat mense vandag aan jou liefde en goedheid sal bewys. Mag jy jou oë oopmaak vir die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Ons kan nie God se optrede verklaar nie
Teks: “Josef het vir sy pa gesê: “Dit hoort nie so nie, … Maar sy pa het geweier en gesê: “Ek weet dit, my seun. (Geb 48:18-19)
Daar is tye in jou lewe waar jy dink dat God verkeerd optree.
Die Here weet wat Hy doen en waarom Hy dit toelaat.
Die Here verduidelik nie altyd waarom sekere dinge gebeur nie.
Soms vra dit net geloof en nie ook verklarings nie.
Sê altyd vir die Here dankie. Wees hoopvol. Leef met verwagting. Leef voluit.
Gebed
Liewe Vader, gee my ‘n onwrikbare vertroue in U goedheid, selfs al verstaan ek dit nie.
My wens is dat vandag gesond sal wees. Gister het jy gehoor dat jy nie moet uitstel voordat jy dinge doen nie. Mag jy raaksien dat die Here jou altyd help. Hier is ‘n spesiale boodskap aan jou.
Tema: Dinge sal weer volkome regkom
Teks: “Hulle het vir Josef gesê: “U het ons lewe gered. Meneer is ons goedgesind.” (Gen 47:25)
Slegte dinge hou nie vir altyd aan nie.
Jy kan baie bly wees dat jy weer goeie tye sal ervaar.
Dit kan dalk ‘n rukkie neem, maar dit kom verseker.
Dan is daar meer geluk en voorspoed as wat jy vroeër gehad het.
Wees op die uitkyk vir die uitkomste wat die Here vir jou gee.
Die Here sorg, want Hy gee om vir jou.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie vir die nuwe geleenthede wat U vir my gee.
Noudat jy weet dat die lewe ewigheidswaarde het, is my wens dat jy vandag goeie nuus sal kry en gelukkig wees. Mag jy jou oë oopmaak vir die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Van uitstel kom afstel
Teks:“Hoe lank gaan julle nog talm voor julle die land in besit gaan neem wat die Here die God van julle voorvaders aan julle gegee het?” (Jos 18:3).
Soms gee die Here ‘n nuwe seisoen en uitkoms aan jou, tog talm jy om dit te vat en jou eie te maak.
Die tyd het aangebreek om die oplossings, antwoorde en nuwe seisoene wat God aan jou gee aan te gryp.
Wanneer jy huiwerig is om God se nuwe seisoene en oplossings uit te voer, mis jy wonderlike nuwe geluk in jou lewe.
Moenie langer uitstel nie. Die Almagtige God sal jou help om dit waar te maak.
Gebed
Liewe Vader, ek dank U dat U my help om oor te begin en nuwe geleenthede in my lewe te kry.
Gister het ons gesien dat jy meer ontvang as wat jy verwag. Daarom hoop ek dat jy vandag ‘n goeie dag sal geniet. My gebed is dat jy jou geestesoë sal oopmaak en verstaan dat jy eintlik nie hier op aarde tuis hoort nie. Jy is op reis na die ewige lewe by God. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Op reis van die aarde na die lewe by God
Teks: “Jakob het vir hom gesê: “Ek is nou al honderd en dertig jaar ‘n vreemdeling hier op aarde.” (Gen 47:9)
Jy is soos ‘n besoeker hier op die aarde. Eintlik kuier jy net hier (1 Pet 2:11).
Dit mag gebeur dat in jou alledaagse lewe dinge gebeur wat nie vir jou lekker is nie (1 Pet 1:6).
Dit toets jou geloof. Moenie dat dit jou van stryk bring nie ( 1 Pet. 1:6-7).
Fokus op die dinge wat ewigheidswaarde het. Laat dit jou deur alles motiveer.
Bly op Jesus vertrou. Almal sal daaroor praat.
Gebed
Liewe Vader, help my dat ek soos iemand wat na U op reis is, leef – gefokus op U.
“Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, as die eiendom van God beseël.”
Eff. 1: 13
In hierdie Pinkstertyd, word ons weereens bewus van die aandeel van die Heilige Gees in God se werk. Jesus Christus wat nie net met water gedoop was nie, maar ook met die Heilige Gees gedoop is, in die teenwoordigheid van God self. Christus self het ons attent gemaak op hoe belangrik die Heilige Gees is. Johannes Calvyn het dit ook mooi verwoord: “As ons die Heilige Gees van God erken as die fontein van waarheid, sal ons die waarheid nooit verag nie, in watter vorm dit ook al kan voorkom…”
Bessie Reinhardt van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap. Ma van Alida Terblanche en Janetta Visser is oorlede op 27 Mei in die rype ouderdom van 104 jaar en 7 maande. Ons innige meegevoel aan haar geliefdes.
Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 17:20-26 en Handelinge 16:25-34.
Die tema van die prediking is: In mekaar.
Biddag vir Ekologie.
Kategese.
Deuroffer tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen & Ds Nelis Janse van Rensburg.
Woensdag 4 Junie 2025 :
Daar is GEEN blokbyeenkoms tydens Pinkster nie.
Let asb op dat die week se kooroefening om 17:15 plaasvind. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 8 Junie 2025 :
Erediens om 10:00 – Ds Nelis Janse van Rensburg.
Pinksterfees & Nagmaal.
Biddag vir Jeug & Kategese.
GEEN Kategese.
Sinodale offer vir Jeugwerk by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen (Nagmaal).
Eredienstye vir Junie Julie en Augustus
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Junie 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 24, asook die antwoorde vir nommer 23, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Sterftes 2025
Bessie Reinhardt van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap. Ma van Alida Terblanche en Janetta Visser is oorlede op 27 Mei in die rype ouderdom van 104 jaar en 7 maande. Ons innige meegevoel aan haar geliefdes.
Verjaarsdae
20 Junie 2025 Magda Louw Kletterkunde
Bedieninge
Omgeebediening :
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 4 & 18 Junie.
Ons grootste sopverskaffer is vir 2 maande uitstedig, ons nooi meer mense uit om asseblief te help met sopvoorsiening vir die volgende 2 maande.
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5
liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
Hulp met inkopies.
Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
FEBA ELSEA (Ethnic Languages of Southeast Asia) is ‘n lewende voorbeeld van Handelinge. Meer as 20 spanne van verskillende tale, se personeel reis na afgeleë gebiede om luisteraars te besoek en te bemoedig, vir die siekes te bid en mense van God se Woord te leer. Hulle reis dikwels in die geheim, want sommige is voorheen in hegtenis geneem omdat hulle die evangelie deel. Ons gebed vir die week:Bid dat God FEBA ELSEA se geloof sal versterk om elke hindernis te oorkom en vra dat Hy die saad sal laat groei waar die bediening dit geplant het.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)1 Junie 2025
Erediensbediening:
a) Die skakel na die YouTube Erediens van 1 Junie, gelei deur ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
b) Die Pinksterdienste, gelei deur ds Nelis Janse van Rensburg, wat om 18:00 op 1 Junie 2025 begin, sal die volgende dag per WhatsApp uitgestuur word. Al die dienste word opgeneem en uitgestuur.
Getuienisbediening:
Die weeklikse nuusbrief van Madagaskar is beskikbaar.
“Frontiers SA – 5 dae gebedsgids tydens HAJJ” is op die webwerf.
Bybelstudiereeks:
Die Mei ‘Skep asem vir vandag’ is vroegoggend elke dag se padkos.
Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: “Die Heilige Gees!”
Die Afkondigings is op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
“Julle het gehoor dat daar gesê is: “’n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Maar Ek sê vir julle : Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.” Matt. 5: 38
Ons eerste raksie wanneer iemand kwaadwillig iets teen ons doen of sê, is om wraak te neem. Wanneer iemand jou gedurig teister, hof toe sleep, of kwaadwillige praatjies teen jou praat, voel dit soms of mens nie anders kan as om teerug te slaan, te veg of terug kwaadwillige praatjies te versprei nie. Tog is dit duidelik in die Bybel dat dit die een ding is wat jy nie moet doen nie. Daar is hierdie wonderlike voorbeelde wat mens kan navolg, en wat jou staande hou in die mees ongunstigste omstandighede.