Sondag 15 Junie 2025 : Geen Kategese en Erediens om 10:00
Maandag 16 Junie 2025 : Jeugdag – Kerkkantoor gesluit
Woensdag 18 Junie 2025: Geen Blokbyeenkoms nie – Sien Sondag 22 Junie
Woensdag 18 Junie 2025 – Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Woensdag 18 Junie 2025 Wolwedans Boodskap Sop en Brood
Vrydag 20 Junie 2025 – Magda Louw – (K)Letterkunde 18:30
Woensdag 11 Junie 2025: Kooroefening 16:45
Sondag 22 Junie 2025 : Geen Kategese en Erediens om 10:00
Sondag 22 Junie 2025 (Blokbyeenkoms van Blok: 12A & 12B (Reebok tot Mosselbaai) vind Sondag 22 Junie direk na die erediens plaas in lokaal 6)
Lief en Leed Week 25 van 2025
Sterftes 2025 
.
Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Anita du Toit (7 Junie) en Marie Snyman (10 Junie). Ons innige meegevoel aan hul geliefdes.
Verjaarsdae

Afkondigings 15 Junie tot 22 Junie 2025
Sondag 15 Junie 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 7:36-8:3.
- Die tema van die prediking is: Aanvaarding!!
- Vadersdag.
- Nasionale Biddag vir Blindes.
- GEEN Kategese.
- Spesiale offer vir Innovation for the Blind by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Skep asem vir vandag: 14 Junie 2025
14 Junie
Liewe ….
Noudat jy weet dat die Here nuwe tydperke laat aanbreek, hoop ek dat jy vandag sal sien hoe nuwe deure in jou lewe oopgaan. My gebed is dat jy die genade en omgee van die Drie-enige God sal raaksien en persoonlik beleef. Hier is Sy Woord spesiaal net vir jou.
Tema:God gee regtig vir jou om
Teks:“ God het hulle gekerm gehoor en aan sy verbond … gedink. ” (Eks. 2:24)
- Die warrelwinde van die lewe ontstaan skielik en kan jou heeltemal deurmekaar maak.
- Gelukkig duur dit nie vir altyd nie. Dit gaan verby.
- Die Here wat jou helper is, sal jou uitkomste gee.
- Mense sal elke dag vertel van die wonderwerke wat jy beleef (Ps. 71:7).
- God bly vir jou ‘n veilige toevlug, ‘n magtige vesting (Ps.71:7).
Gebed
Liewe Vader, kyk na die nood en probleme in my lewe. Gee asseblief uitkoms.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 13 Junie 2025
13 Junie
Liewe ….
My wens is dat dit vandag met jou goed sal gaan en dat jy voorspoedig sal wees. Jy het gister gesien dat alles vir die Here bekend is. Hier is die Woord van God vir jou vandag.
Tema: ‘n Nuwe lewe word begin
Teks:“Waarom het julle die man daar laat staan? Gaan nooi hom huis toe dat hy by ons kom eet.” (Eks. 2:20)
- Wanneer jou lewe met God se wil belyn is, kan jy voorspoed en sukses verwag.
- Onthou dat jy nie alleen is nie. Die Here God wat alles weet en almagtig is, Hy is by jou.
- God is jou helper. Hy gee jou nuwe geleenthede, nuwe uitkomste en nuwe hoop – gryp dit aan.
- Wees positief en vertrou die Here.
- Dit wat vandag met jou gebeur sal ‘n positiewe uitwerking op jou lewe hê.
- Die Here is goed vir jou.
Gebed
Liewe Vader, ek gee my hele lewe aan U oor.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 12 Junie 2025
12 Junie
Liewe ….
My wens is dat jy vandag oorspoel sal wees met die liefde, goedheid en genade van ander mense. Jy weet nou alreeds dat Hy wonderwerke doen. Ek hoop dat jy verstaan dat die Here alles weet en dat niks vir Hom ‘n geheim is nie. Hier is vandag se boodskap spesiaal vir jou.
Tema: Alles sal bekend word
Teks:“ Toe skrik Moses en dink: die ding het bekend geword.” (Eks 2:14.)
- Die Here se oog sien oor die hele wêreld (2 Kron. 16:9).
- Niks kan vir hom weggesteek word nie. Die waarheid sal uitkom vir almal om te hoor (Matt 10:26).
- Dit is ‘n skande om selfs te praat oor die dinge wat mense in die geheim doen (Ef. 5:12).
- Van die Nuwejaar tot die Oujaar kyk die Here heeltyd na jou en sien Hy jou raak (Deut. 11:12).
- Dank Hom. Prys Sy Naam. Leef hoopvol.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat my lewe heeltyd oop en bloot vir U is om te sien. Maak my gelukkig.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 11 Junie 2025
11 Junie
Liewe ….
Mag jy vandag sien dat dit lekker is om te leef en dat mense vir jou omgee. Gister het jy gehoor dat God die onmoontlike moontlik maak. Ek bid dat jy vandag deur jou geestesoë Sy wonderwerke in jou lewe sal begin raaksien. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Sien God se wonderwerke in jou lewe raak.
Teks: “Toe beveel die Farao se dogter die ma: “Neem hierdie seuntjie en laat hom vir my drink. Ek sal jou daarvoor betaal.” (Eks 2:9)
- Fokus op die God van wonderwerke en moenie hoop verloor nie.
- Wanneer jy die Here God vertrou, is jy oortuig dat Hy goed is, genade het en almagtig is.
- Verwag die wonderwerke wat God in jou lewe doen.
- Hy tel jou op en hou jou bo. Hy is reeds gereed om aan jou te wys hoe groot Hy is.
- Leef met rus en vrede.
Gebed
Liewe Vader, ek gee aan U alles wat ek het oor, en vertrou dat U bo verwagting vir my sal sorg.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 10 Junie 2025
10 Junie
Liewe ….
Ek hoop dat jy ‘n wonderlike dag sal hê en gesond sal wees. Jy weet nou dat die Here uit slegte dinge goeie goed na vore bring. Ek bid dat jy elke dag sal ervaar dat God die toe deure in jou lewe oopmaak. Hier is ‘n boodskap uit die Woord van die Here vir jou.
Tema: Die Here maak toe deure oop
Teks:“ Toe sy sien hoe mooi is hy, het sy hom drie maande lank weggesteek. ” (Eks. 2:2)
- Dit is deel van jou lewe om deur die storms van die lewe te gaan.
- Wanneer God ingryp, maak Hy die onmoontlike moontlik! – glo jy dit regtig?
- Staan terug. Hou op om self jou lewe te bestuur. Gee jouself aan Hom oor.
- Kyk en ervaar dat die Here goed is. Hy doen wonderwerke vir jou.
- Geniet die goedheid en geluk wat die Almagtige God gee.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U wonderwerke in my lewe doen.
Ek bid dit in die Naam van Jesus dié Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 9 Junie 2025
9 Junie
Liewe ….
Gister het jy gehoor dat jy jouself en ander mense moet vergewe soos Jesus jou vergewe – sonder ophou. Ek bid dat jy vandag net gesondheid en voorspoed sal geniet. Ek hoop dat jy sal leer dat God uit slegte dinge goeie dinge kan voortbring.. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Goeie goed kom uit slegte ervarings
Teks: “Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen:” (Gen 50:20).
- Hy is alwetend, alsiende en almagtig.
- Die Here God bewaar jou en hou jou veilig.
- Hy verander slegte dinge in goeie uitkomste.
- Kyk terug op die reis van jou lewe – sien raak hoe die Here jou probleme elke keer weggeneem het.
- Jy sal vrede, vreugde, geluk en rus vir jou hart kry.
Gebed
Liewe Vader. Maak my oë oop om te sien hoe U die slegte dinge in my lewe in positiewes verander.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Pinksterfees Nagmaal Sondag 8 Junie 2025 Die Heer en die Lewendmaker. Ds. Nelis Janse van Rensburg. Johannes 17 NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Nelis Janse van Rensburg
Skriflesing: Johannes 17, 19
Tema: Die Heer en die Lewendmaker
Datum: 8 Junie 2025
Lees meer “Pinksterfees Nagmaal Sondag 8 Junie 2025 Die Heer en die Lewendmaker. Ds. Nelis Janse van Rensburg. Johannes 17 NG Kerk Groot-Brakrivier”Skep asem vir vandag: 8 Junie 2025
8 Junie
Liewe ….
My wens vir jou is dat vandag net ‘n goeie dag sal ervaar. Gister het jy gehoor dat jy ‘n vredemaker moet wees. My gebed is dat jy die diepte van Christus se vergifnisdaad aan die kruis sal verstaan. Ek hoop jy word werklik iemand wat ander mense vryspreek. Hier is God se Woord vir jou.
Tema: Hou aan om mense te vergewe
Teks: “Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. (Gen 50:19)
- Die Here se Naam is baie groot, daarom hou Hy aan om jou te vergewe (Ps. 25:11).
- Moenie toelaat dat jou verlede, jou verkeerde keuses of selfs sondes uit die verlede jou vashou, bind en geluk wegneem nie.
- Moenie ‘n wrok teen mense hou nie. Spreek hulle volkome vry.
- Ware vergifnis vind ook plaas wanneer jy ook jouself vir die verkeerdhede van die verlede vergewe.
- Die Here van genade vergeet alles wat jy verkeerd gedoen het (Eks 34:7).
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my help om ook te vergewe soos U vergewe.
Ek dank U dit in die Naam van Jesus dié Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Sendingnuus Oekraïne – Michelle Potgieter – Nuus uit Oekraïne en Mari-Alena update
Liefste vriende en familie
Mari-Alena update
Eerstens wil ons dankie sê aan elke persoon wat vir Mari-Alena geskenk, gedeel en gebid het.
As gevolg van jou het ons nou werklike hoop.
Ons loof die Here dat Hy die behandeling moontlik gemaak het! Mari-Alena het CAR-T-selterapie in Israel begin. Die T-selle is verwyder en sy is Vrydag in die hospitaal opgeneem. Sy sal drie dae se chemoterapie ontvang. CAR T-selterapie is ‘n tipe immunoterapie wat ‘n pasiënt se eie T-selle gebruik, wat in ‘n laboratorium aangepas word om kankerselle te herken en aan te val. Hierdie gemanipuleerde T-selle, genaamd CAR T-selle, word dan na die pasiënt terugbesorg om die kanker te beveg. Hierdie terapie is ‘n opsie vir sekere bloedkankers, insluitend leukemie, limfoom en veelvuldige myeloom. Die dokters sê haar kans op herstel en genesing is 50%, so ons gaan voort om elke dag te bid en die Here te vertrou. Hy is altyd goed en getrou.
Teen Donderdag sal sy moontlik die T-selle terug ontvang. Die dokter sê dat hulle haar in die hospitaal hou om te sien hoe sy reageer. Die dokter sê dat daar baie is wat kan verkeerd gaan en daarom vetrou ons net op die Here. Die gewas het intussen weer gegroei wat veroorsaak dat Mari-Alena ongemaklik is en heeltyd op pyn medikadie is. Die massa verdubbel gewoonlik elke week. Haar buik is reeds baie geswel. Die joodse dokter wat vir Mari-Alena behandel is dierbaar, baie vriendelik en ‘n kenner in haar rigting. Ons ervaar al die dokters, die professor en verpleegsters baie vriendelik en hulpvaardig. Baie van die hospitaal personeel is Russies sprekend en dit help ons baie! Oral is kennisgewings in Hebrews Arabies en Russies.
Meeste van die Jode se Engels is ook goed.
Ons kon een dag voor haar behandeling begin het Tel Aviv se strand verken. Dit was so ‘n wonderlike belewenis. Alles is so netjies en skoon. Lê-stoele, storte, afdakke en oefen gereedskap elke paar meter. ‘n Mens voel veilig. Ons het wel ‘n paar keer serenes in die nag beleef, maar dit is vinnig verby, nie so lank soos in Oekraïne nie en dan is ons dankbaar vir die Iron dome.
Die vlug hierheen was ook ‘n wonderwerk. Met sterk pyn plakkers en baie medikasie was ek nogal benoud oor die grens poste, (ons het voorskrifte vir alles) maar steeds voel mens nogal bekommerd. Maar oral het ons net met die rolstoel verby gestap en die Here het voor ons uitgegaan. Niemand het eers na ons gekyk nie. Met die hulp van die portiere op elke lughawe kon ons vinnig beweeg. Ons het eers van Kaapstad op Johannesburg oorgeklim en toe weer op Dubai. Elke keer het ons so baie min tyd gehad. Op die lughawe in Tel Aviv het Amelia, ‘n Suid Afrikaanse vrou ons gekry en gehelp tot by ons blyplek.
Alles is hier kos tot vyf keer meer as in Suid-Afrika. Van die kos tot busse.
Die Here sorg elke dag en stuur mense op ons pad om te help of rigting te wys.
Ons is só dankbaar.
Ons weet nie hoekom die Here ons al die pad na Israel gebring het nie, maar ons het ‘n vewagting en ons hoop is in Hom.
Ons staan in verwondering oor hoe die Here sorg, voorsien en hoe Hy mense oor ons pad stuur om ons te help en by staan. Hoe Hy ons dag na dag versterk en krag gee. Vroër vandag het Mari-Alena gehuil en gesê die pad is te lank en sy is bang dat sy weer pyn gaan hê. Maar bietjie later gesels ons, bid ons en lag ons saam. Die Here is goed.
In Oekraïne gaan alles goed en elke bediening gaan voort. Ek praat gereeld met die leiers
Hulle is so getrou. Love Oekraïne is agter die rug en afgehandel. Elke skool het ‘n wen video gemaak en die gala aand is gehou. Daar was ook ‘n flashmob dans op ‘n christen lied in die park waar aan meer as 100 jongmense deelgeneem het.
Die volgende projek is Masada jeugkamp.
Die leiers het my vanaand laat weet dat die enigste datum wat hulle Masada kan hou is 30 Junie 2025. Ons beplan weer om 100 jongmense tussen die ouderdom van 13 en 18 na die kamp te neem. Bid asseblief saam met ons. Bid vir elke jongmens met wie die Here ‘n afspraak het om te gaan. Bid asseblief vir die nodige finansies. Ons stap weer uit in geloof. Sewe dae 100 jongmense R300 vir verblyf en kos per kind per dag.
Plus die huur van busse en vervoer vir almal. Bid asseblief vir Masada. Dat die Here dit sal seën. Ons weet nie hoe dit gaan gebeur nie, maar weet dat dit moet gebeur. Jongmense se lewens gaan vereeig verander word.
Die Ark, ‘n toevlug vir kindertjies en babas wat nie ‘n huis het nie. Daar is op die oomblik drie kindertjies wat sosiale dienste na ons sentrum gebring het wat dringend blyplek en versorging nodig het. Ons is in die proses om ‘n huis te koop wat reeds verhitting vir die winter het asook ‘n groot tuin. Die huis het vier slaapkamers. Ons sal heelwat aan die huis moet werk, maar ons glo dat dit die perfekte plek is, aangesien dit baie naby aan Raduga Kleuterskool is. Die vorige huis waarin die ark was, het nie gas om in die winter die huis te verhit nie en die huis se krag en bedrading is oud en kan nie die lading en verhitting hanteer nie. Dit is ver uit die dorp en het vir jare al ‘n probleem met muf teen die mure en veral uit die grond.
Bid asseblief dat ons die ou huis vinnig verkoop sal kry om die hele bedrag vir die nuwe huis af te kan betaal.
‘n Jong man wat vir baie jare kerk toe gekom het is die week in die oorlog dood. Bid asseblief vir vrede in Oekraïne. Dit is breek ‘n mens se hart.
Dankie dat julle bid, omgee en hierdie pad saam met ons stap.
Baie liefde en seën
Michele Potgieter
Capitec
MRS M POTGIETER
Savings Account Number: 1554335599
Branch: 470010
SWIFT/BIC code (CABLZAJJ)
International Sort/Routing/Clearing Code: 470010
Account number/IBAN: 1554335599
🌸
Account Name: Marialena Behandeling en Nasorg
Account Number: 2333274073
Bank: Capitec (Savings)
🌸
Projekte rekening:
Standardbank,
Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),
rekeningnommer 014330067
in die naam Nuwe Dag
🌸
Sendingnuus: Madagaskar – The Week 18 Mei 2025
“You are what you leave behind.”
What is written on T-shirts always catches my eye and this one in particular, as I was sure that the wearer had no idea what it meant. In fact, it set me thinking. Politicians like to refer to leaving a legacy once they are no longer in power. More often than not, it turns out not to be what they originally had in mind.
Lees meer “Sendingnuus: Madagaskar – The Week 18 Mei 2025”Lief en Leed Week 24 van 2025
Sterftes 2025 
.
Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Anita du Toit. Ons innige meegevoel aan haar geliefdes.
Verjaarsdae

Afkondigings 8 -15 Junie 2025
Sondag 8 Junie 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Nelis Janse van Rensburg.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 17.
Die tema van die prediking is: Die Heer en die Lewendmaker.
- Pinksterfees & Nagmaal.
- Biddag vir Jeug & Kategese.
- GEEN Kategese.
- Sinodale offer vir Jeugwerk by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen (Nagmaal).
Woensdag 11 Junie 2025 :
- Blokbyeenkoms Blok: 11A & 11B (Pienaarstrand tot Heroldsbaai) om 18:00 by Jan en Ina Meyer – Ganslaan 9, Outeniquastrand. Jan Nortje – 082 806 3794.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom. Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 15 Junie 2025 :
- Erediens om 10:00 – Ds Danie Goosen.
- Vadersdag.
- Nasionale Biddag vir Blindes.
- GEEN Kategese.
- Spesiale offer vir Innovation for the Blind by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 24, asook die antwoorde vir nommer 23, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Junie 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se bediening aan die Buryat
Die Buryat-mense is ‘n Mongoolse etniese groep met ‘n bevolking van sowat 500,000 wat hoofsaaklik in Siberië woon. Hulle is onbereik – minder as 1% van die Buryat is Christene, terwyl die meerderheid ‘n mengsel van Boeddhisme en sjamanisme beoefen. Boonop het hulle geen toegang tot ‘n opgedateerde Bybel in hul taal nie. FEBA saai die Goeie Nuus aan die Buryat-mense in hul eie taal uit.
Ons gebed vir die week: Bid dat Buryat-luisteraars hul harte sal oopmaak en Christus deur FEBA se uitsendings sal leer ken.
Bedieninge
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
- Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die volgende uitreikdatum vir die tweede kwartaal is 18 Junie.
- Ons grootste sopverskaffer is vir 2 maande uitstedig, ons nooi meer mense uit om asseblief te help met sopvoorsiening vir die volgende 2 maande.
Resep –
100g sopmengsel,
100g rys,
100g lensies,
150g soja,
1 blokkie aftreksel,
1 pakkie sop.
Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of 2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Jeugkerk (Kinderkrans van ouds) by die AGS Gemeenskapsaal:
Elke Vrydagmiddag vanaf 14:30 tot 16:00 word die kinders met die Woord bedien, hulle sing en dan verdeel hulle in groepies waar die les van die dag behandel word. Hulle neem ook deel aan verskillende aktiwiteite en ontvang daarna ‘n koeldrankie en ‘n pakkie met iets lekker in. Ons beplan om ‘n rooster op te stel sodat dit nie nodig is vir elke “mentor” om elke week te gaan nie, maar tans is daar te min mentors.
Indien die Heilige Gees dit op u hart lê om hier betrokke te raak kan u vir Adriaan Kamper – 0828011332 of Karen Kamper – 0845042785 kontak vir meer inligting.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.



| Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 8 Junie 2025 1. Erediensbediening: Die skakel na die YouTube Nagmaal Erediens van 8 Junie, gelei deur ds Nelis Janse van Rensburg, is beskikbaar. Al die Pinksterdienste, ‘Die Heer en Lewendmaker’, skakels is op die webtuiste beskikbaar, sou u weer na ‘n diens wou gaan luister wat u aangeraak het. Getuienisbediening: Daar is weeklikse nuus vanaf Madagaskar. Die nuutste nuus vanaf Michele oor Mari-Alena se behandeling, asook die projekte van Oekraïne is geplaas. Bybelstudiereeks: Die Junie ‘Skep asem vir vandag’ is elke dag beskikbaar. Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: “Ontvanklik?” Die Afkondigings is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets. |
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Nuusflitse Week 24+ van 2025
Sondag 8 Junie 2025 : Nagmaal 10:00 Geen Kategese
Pinksterdienste : 1- 5 Junie 2025 10:00 Groenkloof 18:00 Kerkgebou. Ds. Nelis Janse van Rensburg
Woensdag 11 Junie 2025: Blokbyeenkoms Blok: 11A & 11B (Pienaarstrand tot Heroldsbaai) om 18:00
Wolwedans Boodskap Sop en Brood 18 Junie
Woensdag 11 Junie 2025: Kooroefening 16:45
Sondag 15 Junie 2025 : Geen Kategese en Erediens om 10:00
Vrydag 20 Junie 2025 – Magda Louw – (K)Letterkunde 18:30
Pinkster Donderdag 5 Junie 2025 Die Heer en die Lewendmaker. Ds. Nelis Janse van Rensburg. Johannes 17 NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Nelis Janse van Rensburg
Skriflesing: Johannes 17
Tema: Die Heer en die Lewendmaker
Datum: 5 Junie 2025
Lees meer “Pinkster Donderdag 5 Junie 2025 Die Heer en die Lewendmaker. Ds. Nelis Janse van Rensburg. Johannes 17 NG Kerk Groot-Brakrivier”Pinkster Woensdag 4 Junie 2025 Die Heer en die Lewendmaker. Ds. Nelis Janse van Rensburg. Johannes 13,14. NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Nelis Janse van Rensburg
Skriflesing: Johannes 13 en 14
Tema: Die Heer en die Lewendmaker
Datum: 4 Junie 2025
Lees meer “Pinkster Woensdag 4 Junie 2025 Die Heer en die Lewendmaker. Ds. Nelis Janse van Rensburg. Johannes 13,14. NG Kerk Groot-Brakrivier”Skep asem vir vandag: 7 Junie 2025
7 Junie
Liewe ….
Noudat jy weet dat jy terwyl hulle leef aan jou hartsmense liefde en waardering gee, hoop ek dat dit vandag met jou goed gaan. My gebed is dat jy die waarde van vergifnis sal ontdek. Hier is die Woord van die Here vir jou.
Tema: Vergewe en vra om vergewe te word
Teks: “’Julle moet vir Josef vra om tog die groot misdaad teen hom, die onreg wat julle hom aangedoen het, te vergewe.’ Vergeef ons tog nou die misdaad.” (Gen 50:17)
- Jy kan nie los kom van verkeerde optrede nie – wat jy aan ander gedoen het of wat ander aan jou gedoen het.
- Jou eerste instink is om ander mense in eie munt terug te kry.
- Herstel eerder jou verhouding met hierdie mense – soek vergifnis en vra vergifnis.
- Moenie skaam, bang of te trots wees om vandag vergifnis te vra of te gee nie.
- Gelukkig is jy as jy vrede maak met mense wat in vyandskap met mekaar leef (Matt. 5:9).
Gebed
Liewe Vader, maak my iemand wat bekend staan as ‘n vredemaker.
Ek bid dit in die Naam van Jesus dié Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 6 Junie 2025
6 Junie
Liewe ….
Ek wens jou vandag toe: gesondheid, genade en ‘n goeie lewe. Jy het gister gehoor dat God se optrede onverstaanbaar is. Ek hoop en bid dat jy die waarde van jou hartsmense sal verstaan. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Liefde vir hartsmense
Teks: “Josef het toe oor sy pa gebuk en hom al huilende gesoen.” (Gen 50:1)
- Almal word met die dood van hartsmense gekonfronteer – ‘n man of vrou, kinders of ouers, broers of susters, oupas of oumas, vriende, kolegas of selfs kennisse.
- Dit is goed as jy huil en treur wanneer so iemand naby aan jou sterf (1 Tess 4:13-14).
- Dit beteken niks om, ná hul dood,l iets groots vir hulle te wil doen nie – hulle is nie daarvan bewus is nie – ‘n groot roudiens is nutteloos.
- Dit is eerder belangriker om, terwyl hulle leef, met jou hartsmense goeie verhoudinge te hê.
- Die is belangrik om op aarde aan jou hartsmense jou liefde en waardering oor te dra – ja, terwyl hulle leef.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat ek geleenthede het om aan mense te wys dat ek hulle waardeer.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

