Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Markus 9: 2 – 9
Tema: ‘n Bergtopervaring
Voorlesing: Johan Smit
Begeleiding: Elize Hancke
Liedere
Lied 509: 1
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Markus 9: 2 – 9
Tema: ‘n Bergtopervaring
Voorlesing: Johan Smit
Begeleiding: Elize Hancke
Liedere
Lied 509: 1
Ds. Danie is met verlof vanaf 4 tot 18 Julie 2022
Gebedsgidse vir Julie 2022 is beskikbaar met hierdie skakel (GebedsGids Julie 2022) op die webtuiste of in die ingangsportaal.
Klub 50 Woensdag 10 Julie 2022 – Bingo-, Sop-, en Sjerriedag
Ondersteuningsgroep 4 Augustus 2022
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening. Die derde kwartaal se uitreike is 13 & 27 Julie, 10 & 24 Augustus en 7 & 21 September 2022 Benodig: Sop en brood.
Omgeebediening Ons probeer met die gemeente se hulp help waar daar nood is. Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
Apologies for Lynette not being here with the writing of the blog . . . so please bear with me.

God is Faithful !!!What an emotional rollercoaster ride! It’s on a high emotional note that I end my week. It started with my coming back, the children writing exams, which escalated into the second week with the packing-up of the books and stuff for the holidays and then the concert and picnic. I somehow got the feeling which adrenaline junkies get.
Lees meer “Madagaskar: – Lynettemada news – Concert and Picnic 2022”Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.
Die afgelope byeenkoms van 23 Junie, het ons gesprek hoofsaaklik gegaan rondom besondere behoeftes wat ons in ons omgewing raaksien en hoe ons dit kan aanspreek.
Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onderstaande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.
Lees meer “Ondersteuningsgroep – 4 Augustus 2022”Lamentations 3:22-26
Through the Lord’s mercies we are not consumed, because His compassions fail not. They are new every morning; great is Your faithfulness. “The Lord is my portion”, says my soul, “therefore I hope in Him!” The Lord is good to those who wait for Him, to the soul who seeks Him. It is good that one should hope and wait quietly for the salvation of the Lord.
Lees meer “Madagaskar: Lynettemadanews – THE WEEK – 26/06/2022”Ds. Danie is met verlof vanaf 4 tot 18 Julie 2022
Gebedsgidse vir Julie 2022 is beskikbaar met hierdie skakel (GebedsGids Julie 2022) op die webtuiste of in die ingangsportaal.
Klub 50 Woensdag 10 Julie 2022 – Bingo-, Sop-, en Sjerriedag
Ondersteuningsgroep 4 Augustus 2022
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening. Die derde kwartaal se uitreike is 13 & 27 Julie, 10 & 24 Augustus en 7 & 21 September 2022 Benodig: Sop en brood.
Omgeebediening Ons probeer met die gemeente se hulp help waar daar nood is. Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
Ons verwelkom graag Anzelle en Wilfried Gonse (van George) en hulle babaseuntjie Wolfrick Gunther Gonse wat op 3 Julie gedoop is.
Dit is met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van
Danie van der Merwe
Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan die oorledene se geliefdes, mag die Here u troos in hierdie hartseer tyd.
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: 2 Konings 5: 1-21
Tema: Wonder bo wonder!
Begeleiding:
Orrel: Phyllis Goldblatt
Liedere:
Lied 190: 1-3
Vandag – Sondag 3 Julie 2022:
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Ds. Danie is met verlof vanaf 4 tot 18 Julie 2022
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir Julie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.
Sondag – 10 Julie 2022
Getuienisbediening
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.
Baie dankie vir die 2 selfone en elektriese ketel wat ons ontvang het. Ons het groot waardering daarvoor.
Omgeebediening
Baie dankie ook aan almal wat ons bediening so getrou ondersteun met nie- bederfbare kruideniersware, klere, beddegoed, gordyne, handdoeke en ook materieel. Ons probeer met die gemeente se hulp help waar daar nood is.
Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
KLUB 50+
Woensdag, 6 Julie om 10uur hou ons weer ons gewilde Bingo-, sop- en sjerriedag. Toegang is R20 per persoon. Dit sluit die sop, sjerrie en 2 Bingokaartjies in. Addisionele kaartjies kan gekoop word teen R5 elk.
Bring asseblief u eie eetgerei en sjerrieglase saam, asook ‘n klein geskenkie wat as pryse gebruik gaan word.
Bring vriende en ander belangstellendes saam.
Ondersteuningsgroep
Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.
Die afgelope byeenkoms van 23 Junie, het ons gesprek hoofsaaklik gegaan rondom besondere behoeftes wat ons in ons omgewing raaksien en hoe ons dit kan aanspreek.
Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onderstaande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.
Ons bied die volgende aan:
Indien ons nie self kan help nie, kan ons altyd iemand aanbeveel.
Kontak gerus vir Riana Briers (081 039 8853) vir navrae, of om by ons groep aan te sluit.
Ons volgende byeenkoms is 4 Augustus 2022.
FEBA RADIO SE GEBEDSPUNT VIR
SONDAG 3 JULIE 2022
Tydens die jongste massamoorde in die Sahel-streek is daar meer as 130 burgerlikes in aanvalle gedood deur vermeende gewapende rebelle in Sentraal Mali. Hulle het ook hutte en huise afgebrand en beeste gesteel. Die veiligheidsituasie versleg daagliks en daar heers groot kommer dat Islamitiese militante groepe die land kan oorneem. Vrees, wanorde en onrus vier hoogty!
FEBA Radio Suid-Afrika vra dat u sal help bid vir die mense van Mali wat swaar gebuk moet gaan onder die geweld wat hulle en hul gesinne daagliks omring. Bid asseblief spesifiek vir:
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word. Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is steeds beskikbaar op YouTube. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. Die skakel na die YouTube dienste is ook op ons gemeente se webwerf beskikbaar. https://www.nggrootbrak.co.za
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Julie 2022 “Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.”
GALASIËRS 5:16
DIE KANS !?
KLIEK HIER OM NA HIERDIE NUUSFLITS TE LUISTER
CLICK HERE TO READ AND/OR LISTEN TO
THIS NEWSLETTER IN ENGLISH Beste Ondersteuner
Dis orals in Japan. Groot, onooglike konstruksies met Engelse name wat lekker rol op die tong. Pachinko’s. “Pachin” is die klank wat die dobbelmasjiene maak en “ko” is ‘n verkleinwoord daarby.
Vrydag, 1 Julie Bejaardes en minderbevoorregtes
In ons gemeente is baie bejaardes wat alleen woon. Here, dek asseblief ons bejaardes en ook almal wat swaarkry, met U liefdes hand. “U is ‘n toevlug vir die armes, ‘n toevlug vir die behoeftiges in hulle nood ” (Jes 25:4)
Saterdag, 2 Julie Leraars / Hulppredikers
Ons bid vir ds Danie Goosen en alle hulp predikers asook vir die kerkraad,kantoorpersoneel, orrelis, die koster en haar hulp.
Sondag, 3 Julie Instandhouding van ons Gemeente
Baie dankie aan elke gemeentelid wat betrokke is by die instandhouding van ons gemeente: die Kerkraad, Bybelstudie-groepe, omgee- en getuienisbediening. Ons dank die Here vir elkeen se bydrae.
Maandag, 4 Julie NG Kerk
Ons bid vir ons NG Kerk, oral in ons land, in hierdie dae van groot onenigheid oor selfde-geslag verhoudinge. Here, gee asseblief U leiding aan elkeen wat in ons NG Kerke moet leiding neem.
Dinsdag, 5 Julie Polisiemag
Bid vir ons polisiemag wat heeltemal oorweldig word deur die groeiende misdaadgolf in ons land. Dank die Here dat daar baie polisielede is wat God ken en wat hulle kant ten volle bring.
Woensdag, 6 Julie Ekonomie
Met onlangse prysverhogings kry baie mense swaar om elke dag brood op die tafel te sit. Kom ons bid dat ons ons afhanklikheid van God sal besef en ons inkomste met oorleg tot Sy eer sal gebruik. Here, ons bid vir gesinne wat finansieel swaarkry. Bewaar ons van selfsug, korrupsie en diefstal.
Donderdag, 7 Julie Rusland / Oekraïne
Ons dra weereens die oorlog in die Oekraïne aan die Vader op. Bid vir wysheid en besinning vir almal wat daarby betrokke is. Bid ook vir hulp en vertroosting vir almal wat eiendom en veral ook dierbares verloor het.
Vrydag, 8 Julie Besoedeling
Ons aarde, die see en die lugruim is besig om oorweldig te word deur afval. Kom ons bid dat die Vader elkeen van ons verantwoordelik sal maak om ons deel te doen om dit beter te maak. “Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie en aan Hom moet ons rekenskap gee.” (Heb 4:13)
Saterdag, 9 Julie Godsdiensvryheid
Dank die Here dat ons nog in ons kerke en huise in vryheid kan aanbid, sonder die vrees vir vervolging. Ons bid vir so baie lande wat nie daardie voorreg het nie. “Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid.” (Gal 5:1)
Sondag, 10 Julie Versorgingsoorde
In ons omgewing is baie versorgingsoorde wat omsien na ons bejaardes en hulpeloses. Ons bid vir elke oord en sorgeenheid dat hulle waarlik sal voldoen aan die eise wat aan hulle gestel word.
Maandag, 11 Julie Munisipaliteite
Ons dank die Here vir amptenare wat pligsgetrou hul werk doen en na ons dorp omsien. In baie stede en dorpe kry belastingbetalers swaar as gevolg van korrupsie en ondoeltreffendheid van munisipaliteite. Dankie, Here, dat ons munisipale amptenare het wat vir U ken.
Dinsdag, 12 Julie Tegnologie
Dank die Here vir tegnologie wat die uitdra van Sy Woord vergemaklik en dit moontlik maak om meer mense op vroeër onbereikbare plekke te bereik.
Woensdag, 13 Julie Regering
Dit is hartseer om soms kennis te neem hoe onbeholpe leiers in die regering is om hul werk te doen. Bid dat parlementslede en ander leiers nie net vir die besoldiging aangestel word nie, maar dat hulle sal plek maak vir mense wat die werk kan doen en die verantwoordelikheid kan dra.
Donderdag, 14 Julie SAAWE
Bid vandag vir die Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreld-Evangelisasie. Hulle het ‘n tekort aan finansies en soek mense wat teen geringe vergoeding die Evangelie oor die wêreld sal uitdra.
Vrydag, 15 Julie Bendegeweld
Baie woonbuurtes word oorheers deur bendes. Bid die Vader dat daar ‘n einde sal kom aan bendegeweld.
Saterdag, 16 Julie Bekommernis
“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.” (Fil 4:6) Kom ons bid dat die Here ons oë sal oopmaak om positief na ons omstandighede te kyk en getuienis-geleenthede raak te sien.
Sondag, 17 Julie Sendelinge
Kom ons bid vir ons sendelinge wat hul land en dikwels hul familie verlaat om God se woord in ‘n ver land te gaan verkondig. Ons bid spesifiek vir die Van der Watt-gesin in Japan, wat deur ons ondersteun word.
Maandag, 18 Julie Omgeebediening
Het u al gesien hoe dit lyk wanneer die Omgeebediening kospakkies maak om vir honger mense te gaan wegbring? Bid vir daardie vroue wat dit getrou doen en dat ons lidmate hulle met bydraes sal help. Laat U seën rus op hulle werk.
Dinsdag, 19 Julie Skole heropen
Dank die Here vir elke skool waar Sy Woord nog vir leerders rigting kan gee.Kom ons bid vir leerders wat onder geweldige sosiale druk skoolgaan en dat hulle vir die eindeksamen met erns voorberei. Lukas 17:2 waarsku ons “om nie een van hierdie kleintjies te laat struikel nie.”
Woensdag, 20 Julie Televisie-uitsendings
Bid dat ouers sal kennis neem van die televisie-programme waarna hul kinders kyk. Vroeg aand word stories uitgesaai waar die huwelik iets van die verlede is en saamwoon as die normale aanvaar word. ”Vertel dit (Woord van die Here) aan julle kinders, en laat hulle dit weer aan hulle kinders vertel.” (Joël 1:3)
Donderdag, 21 Julie Sport
Uitsending van sportbyeenkomste hou baie van ons voor ons televisies. Bid dat deelnemers wat God ken, vir Hom ‘n getuie sal wees en dat die groot somme geld wat daarby betrokke is, nie hulle sin vir waardes sal beïnvloed nie.
Vrydag, 22 Julie Sê “dankie”
Elke Sondag, of watter dag ons ook al pas, kan ons die eredienste op televisie kyk of oor die radio daarna luister. Kom ons sê vir die Here dankie vir hulle wat so onselfsugtig ure spandeer om dit vir ons moontlik te maak.
Saterdag, 23 Julie Familie-omstandighede
Baie van ons gemeentelede het kinders of ander familie wat baie ver van hulle woon. Dank die Here vir moderne kommunikasie-middele en bid dat ons kinders, veral in die buiteland, hulle geloof sal uitlewe.
Sondag, 24 Julie Kategese
Dank die Here vir elkeen wat met ons kinders se kategese help. Laat dit vir ons kinders en die leiers ‘n vreugde wees om na die vakansie weer met hul kategese te begin.
Maandag, 25 Julie Studente-bearbeiding
Baie van ons gemeente se kinders is met studies besig. Ons neem kennis van betogings en rasse-probleme by baie universiteite. Here, maak asseblief ons kinders doelgerig in hul studies en om vir U ‘n getuie te wees.
Dinsdag, 26 Julie Getuienisbediening
Ons Getuienisbediening vergader vandag. Bid dat God aan hulle getuienis- geleenthede sal openbaar. “Wie in die Seun van God glo, besit die getuienis in sy hart. En die getuienis behels dit: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun.” (1 Joh 5:10,11)
Woensdag, 27 Julie Waterskaarste
Dank die Here dat ons in die grootste deel van die Wes-Kaap nie waterskaarste ondervind nie. Here, dankie vir al U seëninge. Ons bid vir areas waar mense daagliks kanne by watertenks moet vul. Gee asseblief U leiding aan owerhede wat waterbeplanning doen.
Donderdag, 28 Julie Covid
‘n Sendingwerker in Egipte vra dat ons bid vir Covid-gevalle. Baie bekerings vind plaas wanneer mense besef hulle is ernstig siek. Dan sê die sendeling ook by: Dank die Here vir Covid!! Dit het baie mense na God gedryf!
Vrydag, 29 Julie Bid
Baie dankie Here vir elke getroue bidder in ons gemeente. Leer ons hoe omte bid. Ons wil U loof en prys, ons diepe afhanklikheid van U bely.
Saterdag, 30 Julie Woordverkondiging
Here, seën en lei asseblief elkeen wat DV môre U Woord gaan verkondig.
Sondag, 31 Julie Belydenis en Geloof
“Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.” (Habakuk 3:17,18)
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: 1 Korintiërs 9: 23 – 27
Tema: Op julle merke …
Begeleiding: Mev. Elize Hancke
Liedere:
Lied 146 ( Totius beryming)
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Genesis 12: 1 – 4
Tema: Dit is tyd om te trek…
Begeleiding: Mev. Elize hancke
Liedere:
Lied 524: 1 – 3
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Matteus 5: 13 – 16
Tema: Julle is…
Begeleiding: Mev. Elize Hancke
Liedere:
Lied 308: 1 – 3
Prediker: Ds. Basie Fourie
Skriflesing: Jesaja 51: 1 – 3
Tema: Bemoediging
Begeleiding: Mev. Annalene de Swardt
Liedere:
Lied 367
Flam 406