Afkondigings 30 Julie 2023 – 6 Augustus 2023

Vandag – Sondag 30 Julie 2023 :

• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Gen 29: 15-28.

Die tema van die prediking is: Die bedrieglike self?
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Gemeentebediening by die deure.
• As gevolg van instandhoudingswerk in die kerksaal sal daar GEEN tee bedien word na afloop van die erediens nie.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Woensdag 2 Augustus 2023 :

• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 6 Augustus 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Nagmaal
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Groenewaldfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Augustus 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :

• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike vir die derde kwartaal geskied op 2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.  

Behoeftes vir Getuienisprojekte

◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Ons benodig van tyd tot tyd hulp met die fisiese uitdeel van die boodskap, sop en brood as ‘n lid van die span siek, uitstedig of op die spesifieke Woensdag dit nie kan maak nie. Geliewe vir Emile Hurter by 082 554 1979 per WhatsApp of sms te verwittig, aangesien hy nie oproepe wat nie van een van sy gelyste kontakte kom, antwoord nie. Hy sal u dan kontak.

Omgeebediening
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Dankies
Atlete vir Christus 2023

Graag wil ons ons dank betuig aan elkeen wat ’n matras vir die huisvesting van Atlete vir Christus in ons kerksaal geleen het. Elke atleet kon uiteindelik op ’n matrassie slaap.
Die huisvesting van die atlete was ’n sukses!
Baie dankie aan elkeen van die Gasvryheidsbediening wat betrokke was en ook aan die braaiers.
Ons is trots en geseënd om deel van so raakvat gemeente te kan wees!

Bloedskenking :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 3 Augustus 2023 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Christo – 083 447 9891.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal

Dis ‘n groot voorreg om ’n Bybel in jou hartstaal te hê. ‘n Menigte mensegroepe het dit nog steeds nie. Baie mense in minderheidsgroepe is ook ongeletterd. Hulle neem gereeld FEBA Internasionaal se programme op om hulle in hul geloof te help groei.

Ons gebed vir die week: Bid dat God se woord deur FEBA se Bybelprogramme lewend sal word in hul harte en bid dat die Bybel aan meer mense in hul hartstaal beskikbaar sal raak.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
30 Julie 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 30 Julie 2023.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Wat is die belangrikste?”
  2. Getuienisbediening:
    a) Nuusbrief uit Madagaskar.
  3. Gemeente nuus:
    a) Die Algemene Sinode versoek dat elke Gemeente ‘n dag van verootmoediging op Sondag 13 Augustus 2023 sal hou.
  4. Getuienis en Voorstelle vir Webwerf:
    In die voorportaal vir julle getuienis bydraes of voorstelle.
  5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Klub 50

Klub 50 lede word uitgenooi om op Woensdag 2 Augustus om 10h00 saam ‘n buffet ontbyt te kom geniet.

Plek: Restourant My Beker Loop Oor.
Reël asb eie vervoer.
Koste: Lede betaal R60.
Klub 50 borg die res.

Navrae by:

Estelle Uys – 072 675 6696‬‬‬‬‬‬

Marie Snyman – 082 229 8316‬‬‬‬‬‬

Johan Snyman – 083 736 5747‬‬‬‬‬‬

Faan Muller – 084 870 3236‬‬‬‬‬‬


NG KERK REEBOK
MANNEBEDIENING BIED AAN OPSTAAN EN AANGAAN!
KIES IS ’N KEUSE

Nagmerrie-ervaring van ‘n plaasaanval en hoe hy dit oorkom het.

SPREKER:             COBUS ERASMUS
DATUM:               2 AUGUSTUS 2023
TYD:                       18:00
PLEK:                     NG KERK REEBOK
KERKSAAL
PRYS:                     R50 PER PERSOON

SLUIT VETKOEK MET KERRIE-RYS EN ‘N BIER / KOELDRANK IN.

Kaartjies te koop by Reebok Kerkkantoor.

Liewe Musiekliefhebber

Kom vier die vrou in jou lewe saam met die Carpe Musicam! Kwartet.
Hierdie konsert maak deel uit van die heel eerste Mosselbaai Kunstefees.
Al die items op die program het iets met vroue te doen… Kaartjies en meer inligting by www.carpemusicam.co.za OF KONTANT BY DIE DEUR.

Bring jou bure, vriende, familie, kollegas, kliënte, ens saam om hierdie unieke verskeidenheid musiek te kom geniet!

CM! groete

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314