Afkondigings 30 Junie – 7 Julie 2024 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 30 Junie 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit
Markus 5:21-43.
Die tema van die prediking is: Vertel jou storie!
• GEEN Kategese.
• Spesiale offer vir Jan Kriel-Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 3 Julie 2024 :
• Klub 50: Bingo om 10:00 in kerksaal. Anina Geldenhuys – 083 276 1909.
• Daar sal GEEN Kooroefening wees gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 10 Julie 2024 om 17:00. Marida – 082 471 0751.

Sondag 7 Julie 2024 :

• Prediker – Ds Danie Goosen. • Groenkloof diens prediker – Ds Charné Viljoen. • GEEN Kategese. • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Julie 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Ons benodig nog persone wat kan help met die opstel van maandelikse gebedsgidse. Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke 4de maand) om ’n gebedsgids op te stel, dit kan oor enige onderwerpe handel. Indien u wil betrokke raak skakel Mona de Wet – 084 628 2866.

Sterftes 2024:

22 Junie – Wynand Roeloffze: Wyk 13D
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.

Getuienisbediening :


Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 10 & 24 Julie, 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.

Behoeftes vir Getuienisprojekte:
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening :
• Ons het ’n geweldige tekort aan inkopiesakke om die kruideniersware in te verpak.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Taiwan

Die meeste Taiwanese beoefen Chinese volksgodsdienste – ’n kombinasie van Boeddhisme, Taoïsme en Confucianisme. Hulle bring offerandes aan ’n menigte gode by duisende tempels en heiligdomme reg oor die land, in ’n soeke na welvaart en beskerming. FEBA Taiwan vervaardig tans programme vir China, sowel as twee programme wat op FM-stasies in twee Taiwanese stede uitgesaai word. Hulle werk hard om hul bediening te bevorder en die Goeie Nuus te deel.

Ons gebed vir die week:Bid dat meer mense op FEBA Taiwan se programme sal inskakel en die ware Bron van beskerming en redding sal vind

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 30 Junie 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 30 Junie 2024.
2. Getuienisbediening:
Gebedsversoek van die Oekraïne, die oorlog-geteisterde wêrelddeel
het intense voorbidding nodig.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Daardie ander wang…”
4. Gemeentenuus:
a) Bybel Blokkiesraaisels 5 en 6 se antwoorde is beskikbaar.
b) Daar is ‘n verskeidenheid Woordsoek-blokraaie vir verskillende ouderdomme wat
nou beskikbaar is op die webwerf.

  1. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Lanstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314