Afkondigings 23 – 30 Julie 2023

Vandag – Sondag 23 Julie 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Gen 28: 10-22.

Die tema van die prediking is: ‘n Droom-plek.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Studentebearbeiding by die deure.
• As gevolg van instandhoudingswerk in die kerksaal sal daar GEEN tee bedien word na afloop van die erediens nie.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Woensdag 26 Julie 2023 :

• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 30 Julie 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Gemeentebediening by die deure.
• GEEN tee na die erediens.

Neem asb kennis dat ds Danie en Willem du Preez ’n moderamen vergadering in die Kaap bywoon vanaf 24-27 Julie 2023.

Dankies
Atlete vir Christus 2023

Graag wil ons ons dank betuig aan elkeen wat ’n matras vir die huisvesting van Atlete vir Christus in ons kerksaal geleen het. Elke atleet kon uiteindelik op ’n matrassie slaap.
Die huisvesting van die atlete was ’n sukses!
Baie dankie aan elkeen van die Gasvryheidsbediening wat betrokke was en ook aan die braaiers.
Ons is trots en geseënd om deel van so raakvat gemeente te kan wees!

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Julie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :

• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 

Ons volgende uitreikdatums vir die derde kwartaal is op
2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep.

• Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.


• Behoeftes vir Getuienisprojekte

◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

◦ Daar is weer ‘n behoefte vir ‘n naaldwerk masjien en indien iemand dalk een het om te skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereel word vir afhaal. Vir navrae akakel asb vir Aletia – 0847831308.

Omgeebediening
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Bloedskenking :
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 3 Augustus 2023 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Christo – 083 447 9891.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Pakistan

Die vloede in Pakistan het meer as 30 miljoen mense geraak, en daar word nog vloede hierdie jaar verwag. Mag die Here FEBA Pakistan gebruik om hoop en troos te bring aan dié wat lyen mag Hy verligting bring.

Ons gebed vir die week: Bid vir diegene wat geliefdes verloor het en vir hulle wat nou hul huise en gemeenskappe moet herbou. Bid vir gesondheid- en hulpwerkers, wat mense moet help oorleef in haglike omstandighede.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
23 Julie 2023
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Preek van 23 Julie 2023.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Gebed.”
  2. Getuienisbediening:
    a) Nuusbrief uit Madagaskar.
    b) Japan se sending nuusbrief.
    c) 67 min vir Sending: Sending aan die melaatse se versoek vir u betrokkenheid.
  3. Gemeente nuus:
    a) Die Algemene Sinode versoek dat elke Gemeente ‘n dag van verootmoediging op Sondag 13 Augustus 2023 sal hou.
    b) Atlete vir Christus wat hul wedloop afgesluit het by NG Kerk Groot-Brakrivier.
    c) 2020 Vertaling Bybels is beskikbaar vir R79 by die Bybelgenootskap.
  4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Klub 50

Klub 50 lede word uitgenooi om op Woensdag 2 Augustus om 10h00 saam ‘n buffet ontbyt te kom geniet.

Plek: Restourant My Beker Loop Oor.
Reël asb eie vervoer.
Koste: Lede betaal R60.
Klub 50 borg die res.

Navrae by:

Estelle Uys – 072 675 6696‬‬

Marie Snyman – 082 229 8316‬‬

Johan Snyman – 083 736 5747‬‬

Faan Muller – 084 870 3236‬‬


NG KERK REEBOK MANNEBEDIENING BIED AAN
OPSTAAN EN AANGAAN!
KIES IS ’N KEUSE

Nagmerrie-ervaring van ‘n plaasaanval en hoe hy dit oorkom het.

SPREKER:             COBUS ERASMUS
DATUM:               2 AUGUSTUS 2023
TYD:                       18:00
PLEK:                     NG KERK REEBOK
KERKSAAL
PRYS:                     R50 PER PERSOON

SLUIT VETKOEK MET KERRIE-RYS EN ‘N BIER / KOELDRANK IN.

Kaartjies te koop by Reebok Kerkkantoor.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314