Nuusbrief en gebedsversoeke vanaf Michele van Oekraïne

Liewe vriende en familie.

Hierdie brief is in twee dele geskryf, vandag en eergisteraand in Turkye. 

Ek begin eers met vandag, 25 Julie.

Ons het gister oggend hier in Kaapstad geland. Ons het geen internet toegang gehad nie, maar die oomblik toe ek toegang gekry het, het die skokkende nuus deurgekom. Reni is in die nag aangeval deur hommeltuie en daar was 7 groot ontploffings in die hawe. Ses persone is beseer en een persoon is in Intensief opgeneem. Die graan silos waar koring bewaar word is uitgebrand. 

Ek het dadelik vir Tanya gebel. Sy was bleek en het moeg gelyk. Hulle het die hele aand nie geslaap nie. Die laaste ontploffings was 6 uur die oggend. Van ons mense werk by die hawe asook haar seun Gena. Hy het dadelik op sy motorfiets huistoe gery en almal het gevlug. Die twee jong meisies wat in ons huis bly het die hele nag in die voorportaal gesit. Die dag wat ek in Suid Afrika land het hulle op Reni begin skiet. Ek is so jammer dat ek nie nou daar is nie. Die gemeente het gisteraand bymekaar gekom om saam te bid. Ek voel asof ek gevlug het, maar ek rus daarin dat die Here ons tye bepaal. Mari-Alena sê ook vol trane, “Mamma ek moes nou daar gewees het vir my maats.” 

Die nuus sê dat die afgelope week 60 000 ton se graan verbrand is die afgelope week in Oekraïne. 

“Odesa head Oleh Kiper, whose region also covers the Danube ports of Reni and Izmail, said in his Telegram channel that Russia had attacked the infrastructure there for four hours with Iranian-made drones.

He said a grain hangar and tanks for storage were destroyed. Other local officials say three warehouses were bombed.

Three drones out of about 15 involved in the attack were destroyed by air defences.”

In Turkye:

Ek lees vanmore hierdie gedeelte terwyl ons vir ons vliegtuig hier in Turkye wag:

Die gebed van Paulus vir die Efesiërs

14Daarom kniel ek in gebed voor die Vader 15aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het. 16Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

20Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.

Ek besef dat die Here ons Sy liefde wil wys en dat ons dit kan sien en begryp, hoe groot Hy is en hoe goed Hy is vir ons en dat Hy ons daagliks versterk. Ek kyk terug na die afgelope maand en sien hoe die Here werk en ek staan in verwondering.

Masada is verby en ek kan net alle eer aan die Here gee. Hy werk in elkeen se lewe. Daar was 72 jongmense en 20 leiers. Meeste van die jongmense het nie die Here geken nie en nie ‘n idee van wat in die Bybel staan nie. Daar was ‘n groep seuns wat van die eerste dag af gekom het met heeltemal ander bedoelings. Hulle het drank saamgebring asook iets wat hulle gerook het. Hulle het by die aand beeenkomste, bymekaar gesit en ondelangs gesels en aanmerkings gemaak wat verskriklik steurend was. Ek het hulle probeer ignoreer en net liefde gewys.  Benjamin het die eerste aand gedeel en die tweede aand het ek gdeel oor Jesus se offer aan die kruis en wat dit vir ons beteken.  Hulle het begin stiller raak en elke aand het hut van hulle uit gekom vir gebed. Teen die laaste dag het die hele groep uitgekom om te getuig. (foto) Hulle het elkeen vertel dat hulle die tot bekering gekom het. Een van die ouens het die mikrofoon geneem en gese: “Die eerste twee aande het ons gedrink en gevloek in ons kamer, die derde aand het ons saam die Onse Vader gebid!” Dit was een van die hoogtepunte vir my van die 27 jaar in Reni. Sondag was hulle in die kerk en het van hulle weer uitgekom en getuig oor wat die Here op Masada in hul lewens gedoen het. Die Here het wonderbaarlik vir Masada voorsien. Dankie vir elke bydrae. Ons waardeer dit oneindig baie! Dankie dat julle gebid het, die Here het ons gebede verhoor. 

Bid asseblief vir tuta Moesia. Sy was ons heel eerste bekeerling in 1996, voor ons troue in Reni, met my eerste uitreik. Moesia is vir my soos ‘n ma en vir my kinders soos hul Oekraniese ouma. Sy is in die hospitaal en het groeisels wat in haar vrouedele wat dringend verwyder moet word. Die dokters is versigtig om haar te opereer en weet nie of haar hart deur ‘n operasie gaan kan hou nie. Die operasie gaan ongeveer ‘n 1000$ kos wat ons nie het nie. Bid asseblief vir uitkoms en vir genesing. 

Odessa is gisteraand weer hard getref en in die middestad was daar heelwat ontploffings. Bid asseblief vir Odessa, Reni en dat die oorlog sal stop. ‘n Pragtige ou Ortedokse kerk is getref en asook woonstelle waar mense rustig gelaap het. Odessa is ongeveer 400km vanaf Reni, maar nog nader soos die kraai vlieg. 

Ek sien uit om in Suid-Afrika te kom kuier, maar my hart bly agter in Reni. Hierdie Saterdag 09:30 is ek by Highway gemeente in Centurion vir die eerste boekvrystelling. Die 12de is ek in George by Exclusive Books by die Mall. 

Ek gaan ook ‘n paar gemeentes besoek en sal die datums en tye later deurgee. Dankie vir elkeen wat Sonneblomme en sneeu gekoop het en lees en dit ook met ander deel. Die maand was hy in die top 10 van verkope van nie-fiksie by Graffiti Boeke en onder die top 20 van ander plekke. Ek is baie dankbaar hieroor en gee aan die Here alle eer. Mag die Here verheerlik word, want Hy is so goed vir ons. 

Baie dankie dat julle saam met my hierdie pad stap, dankie vir elke gebed en elke manier van ondersteuning. 

Liefde en seën 
Michele Potgieter 

Projekte rekening:
Standardbank,
Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),
rekeningnommer 014330067 
in die naam Nuwe Dag

My persoonlike besonderhede:
Capitec
MRS M POTGIETER
Savings Account Number: 1554335599
Branch: 470010