Sondag 18 Februarie 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 1:9-11.
Die tema van die prediking is: Eenvoudig buitengewoon.
• Tweede Lydensweek.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA-George) by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 21 Februarie 2024 :
• Manne Bybelstudiegroep in lokaal 6 vanaf 07:00–08:00. Alle mans welkom. Kontak dr Jurie Vermeulen - 072 316 9562.
• Kooroefening - 17:00 by die orrel. Marida - 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Daar is GEEN Blokbyeenkoms vir Blokke: 5A (Mossienes tot Stasieweg) en 5B (Eiland tot Dolphins Creek) nie. Indien iemand uit die wyke ’n besoek verlang kontak gerus vir ds Charné Viljoen – 083 294 6640.
Sondag 25 Februarie 2024 :
• Erediens om 09:00.
• Besoek van Riaan Naudé – Getuienis- en Sangbediening.
• Derde Lydensweek.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Hartenbos Versorgingsoord by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
LYDENSTYD
Lydenstyd strek vanaf Aswoensdag tot Stil Saterdag, die dag voor Opstandingsondag. Indien die Sondae in hierdie tyd uitgesluit word, is dit ’n tydperk van 40 dae, dieselfde aantal dae wat Jesus in die woestyn deurgebring het.
In Lydenstyd word daar gefokus op die lyding van Jesus (veral tydens sy 40 dae in die woestyn) asook op die swaarkry en lyding in die wêreld.
Christene gebruik hierdie tyd om hulself voor te berei op Paasfees deur introspeksie en sondebelydenis te doen. Ou kerkgewoontes soos vas, stilte en gebed het Christene oor die eeue hiermee gehelp.
Lydenstyd is ook ‘n tyd van hertoewyding. Daarom staan dissipelskap sentraal. Lydenstyd is daarom ook ‘n geleentheid vir toerusting vir dissipelskap en groei.
gebedsgids :
Gebedsgidse vir Februarie 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Ons benodig mense wat kan help met die opstel van maandelikse gebedsgidse. Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke 4de maand) om ’n gebedsgids op te stel, dit kan oor enige onderwerpe handel. Indien u graag wil betrokke raak skakel Mona de Wet – 084 628 2866.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Nuwe en bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.
- Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar en ons wil weer die gemeente uitnooi om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week.
Ons sop voorraad is steeds laag.
Die oorblywende datums vir die eerste kwartaal is 28 Februarie
en 13 & 27 Maart. By voorbaat baie dankie aan julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Daar is tans ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie en vir ‘n selfoon. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel asb vir Aletia – 084 783 1308.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mali
M’Bimba Dembélé dien al jare lank as FEBA Mali se direkteur, en dit terwyl hy voltyds as vertaler werk en ook ‘n Christen-skool bestuur. Onder sy leierskap het FEBA Mali se radiostasie, KanuYah FM Sollo, so ‘n reputasie vir uitnemendheid opgebou dat selfs Moslems daarna luister en gered word. Sy skool word ook só hoog geag dat Moslems hul kinders daarheen stuur, al leer die kinders uit die Bybel lees en skryf!
Ons gebed vir die week: Bid dat God vir M’Bimba Dembélé en die FEBA Mali-span sal seën en hul getrouheid met ‘n oorvloedige oes sal beloon.
Omgeebediening :
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Verjaarsdae 2024
18 Februarie – Santa Carstens, Annatjie Katthage, Mandy van der Merwe.
19 Februarie – Sinthia Aucamp, Johan Davel, Ronel de Klerk, Waltie Delport,
Doreen Scherman, Annatjie Schlebusch, Vikus Visser.
20 Februarie – Willem du Preez, Hein Engelbrecht, Sannie Fourie, Linda Grobler, Nico Grobler, Poppie Mostert, Jacqie Nel, Marietjie Visagie.
21 Februarie – Ria Jacobs, Fanie Kruger, Bettie Ludick, Julie van Reyneveld, Louis Visagie.
22 Februarie – Johan Barnard, Ané Bosch, Mona de Wet, Petra Naudé, Myra Pienaar, Stephanie Roetz.
23 Februarie – Nihan Binedell, Herman de Koker, Riaan de Villiers, Kaylin Delport,
Louisan Joubert, Jeanne-Marie Nel, Marchelle Terblanche.
24 Februarie – Drienie Botha, Aneska Janse van Rensburg Annatjie Snyman, Chris van Staden.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
18 Februarie 2024
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 18 Februarie 2024.
- Getuienisbediening:
a) Week se Nuusbrief van Lynette van Madagaskar.
- Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Lydenstyd, ondersteuning en uitbou”.
- Gemeente nuus:
a) Uitnodiging na die Wêreldbiddag vir Vroue wat deur NG Kerk Groot-Brakrivier
aangebied word op 1 Maart 2024 om 16:00. U is welkom.
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314