“Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif së: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang…”
Joh. 7: 38-39
Hoe glo ons? Wie kan ons glo? Waarin moet ons glo? Is die vrae wat by mens opkom deur jou hele lewe. Mense het ander agendas as wat hulle voorgee om te hê, Mense bedrieg mekaar en vertel leuens oor ander. Alles terwille van wat vir hulle belangrik is. Maar dan verseker Jesus Christus ons dat ons die Waarheid sal kan eien en weet waarin, en wie om te glo (“Jesus het vir hom gesê: Ek is die weg en die waarheid en die lewe.” (Joh. 14: 6); (“”Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vadder af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig.”” (Joh. 15: 26)). Selfs die apostels het hiermee gesukkel. Hulle wat saam met Jesus Christus geleef het en Hom die beste geken het van almal hier op aarde. Ook tussen hulle was daar verskille van opinies, maar dit alles is en word gevoed deur die belange van die eie ek (“Ek is nie gesteld op die eer wat mense bewys nie, maar Ek ken julle en Ek weet dat julle nie liefde vir God in julle het nie. As iemand anders in sy eie naam kom, sal julle hom aanvaar. Hoe kan julle ook in My glo terwyl julle gesteld is op die eer wat julle van mekaar ontvang en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie?” (Joh. 5: 41-44); (“Die vrou het vir Hom gesê: “Meneer, gee vir my van daardie water, sodat ek nie weer dors sal kry en hier hoef te kom water haal nie.’” (Joh. 4: 15))!
Hoe angswekkend was dit vir die dissipels toe Jesus sterf. Hulle wat geglo het dat Hy hier op aarde ‘n menslike Koninkryk gaan skep, en op aardse wyse gaan regeer. Hulle het nie herwaarts of derwaarts geweet nie, en het almal saam in ‘n vertrek geskuil, omdat hulle bang was vir dit wat die mense teen hulle sou doen (“Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staanen vir hulle gesë: “Vrede vir julle!”” (Joh. 20: 19)). Hulle het ook nie vir Maria Magdalena (“Nadat sy dit gesë het, het sy omgedraai en vir Jesus daar sien staan, maar sy het nie geweet dat dit Hy is nie. Jesus vra haar toe: “Mevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?” Sy het gedink dis die tuinopsigter, en sy het vir hom ges:”Meneer, as u Hom weggevat het, sê vir my waar u Hom begrawe het, en ek sal Hom daar gaan haal.”Jesus het vir haar gesp: Maria!…”” (Joh. 20: 14-16)), wat die eerste was om Jesus na sy opstanding by die leë graf gesien het nie, te glo oor wat sy vertel het nie. Net soos Thomas wat eers die wonde gesien en gevoel het, het ook hulle uiteindelik besef dat dit Jesus Christus is (“Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien. ” (Joh. 20: 20)). Na hierdie gebeure het Jesus Christus hulle die sendingopdrag gegee (“”Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” (Joh. 20: 21)).
Jesus het telke male vir ons kom wys in sy manier van mense hanteer, en met die menige wondertekens wat Hy gedoen het, wat om te glo. Hy het ons verseker dat Hy die Waarheid is. Hy het ons gemaan om soos kinders te glo (“Maar Jesus het die kindertjies nader geroep en gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” (Luk. 18: 16-17)); Hy het vir die dissipels en ook vir ons Sy Vader en Sy eie ondersteuning verseker, selfs wanneer Hy nie meer daar was nie (’…maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee”’ (Joh. 4: 14)). In die tyd na Sy opstanding het hy die dissipels verder onderrig nadat die Heilige Gees oor hulle uitgeblaas is (“Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees!…” (Joh. 20: 22)), sodat hulle beter begrip kon hê vir Sy woorde tydens hulle nabye kontak met Hom voor Sy kruisiging (“Jesus het die twaalf oopsy geneem en vir hulle gesê: “Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe, en alles wat die profete oor die Seun van die mens geskryf het, sal daar bewaarheid word. Hy sal uitgelewewr word aan die heidene; Hy sal bespot en beledig word; hulle sal op Hom spoeg, Hom gesel en Hom daarna doodmaak. En op die derde dag sal Hy uit die dood opstaan.” Maar van hierdie dinge het hulle niks begryp nie. Die woorde was vir hulle duister, en hulle het nie verstaan waaroor Hy praat nie.” (Luk. 18: 31-34)).
Ook Paulus moes die lig sien, sodat hy van sy vervolging van gelowiges kon afsien. Hy was tot stilstand geruk, deur die ervaring op die pad na Damaskuk, en het soos hand omkeer verander, tot hy deur die Waarheid aangeraak is. Tot so ‘n mate dat hy nie verder kon stilbly oor Jesus Christus se roeping en evangelie hier op aarde nie. Hy was geroepe tot die lyding van die tronk en tot die dood toe. Hy het elke geleentheid gesien as ‘n geleentheid om God, die Vader, die Seun en die Heilige Gees te verkondig sodat hy sy opdrag, wat van God gekom het, kon uitvoer (“”Terwyl ek hieroor na Damaskus toe op reis was, met volmag en in opdrag van die priesterhoofde, het ek U Majesteit, helder oordag langs die pad ‘n lig gesien wat uit die hemel gekom het. Dit was helderder as die son en dit het op my en my reisgenote geskyn. Ons het almal op die grond neergeval, en ek het ‘n stem in Hebreeus vir my hoor sê: ‘Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Jy maak jou net seer deur jou te verset. ‘Wie is U, Here?’ vra ek toe. ‘Ek is Jesus’ sê die Here. ‘Dit is vir My wat jy vervolg. Maar staan regop. Ek het aan jou verskyn om jou as dienaar aan te stel. Jy moet getuie wees van wat jy van My gesien het en van wat Ek jou nog sal laat sien. Ek sal jou beskerm teen die volk Israel en teen die heidennasies na wie toe Ek jou stuur.’” (Hand. 26: 12-17); “Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is die krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.” (Rom. 1: 16)).
Hoe moeilik is dit soms vir ons as nietige mense om te dink dat dit so eenvoudig is om te glo…jy moet sonder twyfel, soos ‘n klein kindjie in sy ouers glo, jou volle vertroue in die liefde van God, die Vader se hande plaas. Jy moet aanvaar en ten volle glo dat Jesus Christus ook vir jou, met al jou foute, swakhede en genadegawes, liefhet, en verlos het deur Sy lyding en oorwinning van die dood. Jy moet jou hande in afhanklikheid oopsprei na God toe, sodat jy ook die Heilige Gees in jou lewe kan innooi (“Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh. 1: 12); (“As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. Die skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.”” (Rom. 10: 9-11)). Dit is dan wanneer ons die lewenswyse en opdragte van God in liefde kan uitdra na ander. Dis dan wanneer ons kan besef dat ons nooit alleen is en nooit alles op ons eie hoef te doen of aan te pak nie. Dit is dan wat ons besef dat ons ‘n doel in hierdie lewe het, naamlik om tot eer van die Here elke dag aan te pak, in dankbaarheid en met die wete dat ons nooit uit Sy hand sal wegraak nie (“Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.”” (Joh. 10: 29-30)).


