Sondag 31 Maart 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit verskeie tekste.
Die tema van die prediking is: Lig
• Paasfees.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Magdalenahuis by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens nie.
Maandag 1 April 2024 : • Gesinsdag.
Woensdag 3 April 2024 :
• Kooroefening by die orrel. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom. Neem asb kennis dat kooroefening om 17:00 begin.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 7 (Bergsig-Oos) by Koos en Corrie Reinecke, Fouriestraat 4 - 083 459 0095.
Saterdag 6 April 2024 : • Gholfdag.

Sondag 7 April 2024 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker – Ds Danie Goosen.
• Dag van Danksegging & Verootmoediging.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Teologiese Kweekskool by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Verjaarsdae 2024
31 Maart – Anne-Marie Nel.
1 April – Coreen Botes, Corrie Streicher, Makkie Terblanche.
2 April – Dylan Bothma, Danie du Toit, Werner Fleidl.
3 April – Ilse Broberg, Phillip Cilliers, Robert Crause, Petri Meyer,
Melanie Pienaar, Robert Rudman, Hannetjie Simmelink.
4 April – Nadine Botha, Tinnie Dirks, Brendon Lötter,
Madeleine Vermeulen.
5 April – Riaan van Wyk.
6 April – Stienie Grobler, Lloyd Landsberg, Grete Pretorius,
Elenor Swanepoel, Dawie Uys, Engelize van der Mescht.
Gebedsgids :
Gebedsgidse vir April 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week.
Die datums vir die tweede kwartaal is 10 & 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 31 Maart 2024
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Erediens van 31 Maart 2024.
- Getuienisbediening:
a) Nuusbrief van Lynette uit Madagaskar. - Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Dit is volbring!”. - Gemeente nuus:
a) Gebedsgids vir April 2024.
b) Truitjies vir die kindertjies. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
VAKATURE │ Digitale Argiefbeampte (Stellenbosch) –
Halfdag vaste-termyn
Vir meer inligting besoek gerus die Kaapkerk webblad:
www.kaapkerkadmin.co.za/poste
Sluitingsdatum: 10 April 2024 om 12:00

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of
iets lekkers en kuier saam!
Gemeentefeeslyste sirkuleer tans in die gemeente. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.
Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R20 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke
– 082 411 1222. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.
2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of
Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.
Kontak ons ook indien u kan help met skenkings vir margerine en “Cook ’n Spray”.
3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk.
4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help skakel asseblief vir Piet Snyman – 082 297 3476.
5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.
6. GEBAK EN TEETUIN:
Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 /
Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.
7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.
8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na lokaal 6 by die kerk gedurende kantoorure en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by u huis gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.
9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure.
Vicky Barnard – 083 500 5687.
10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser
– 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.
Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.
12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.
Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of R50 vir 6. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mosambiek
FEBA Mosambiek en hul direkteur, Bright Sonjera, werk onvermoeid om hul luisteraars hoop en bemoediging te gee. Van luisteraarklubs vestig en besoek, tot ’n landbouprojek bestuur wat weduwees bemagtig en honger mense voed, is die span gedurig aan die beweeg. Hul werk neem hulle in jihadis-gebiede in, waar daar soms op hulle geskiet word. Die span by Radio Nuru, in die noorde, is reg in die middel van die konflik.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Mosambiek hul oë op God sal hou, dat Hy hulle veilig sal hou en hul werk sal seën.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



