Doop:
’n Spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Thinus & Rina Janse van Rensburg (seuntjie – Xander).
Verjaarsdae

’n Spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Thinus & Rina Janse van Rensburg (seuntjie – Xander).

Indien u pryse, bowwe en/of setperke wil borg kan u Johan Smit hier kontak: Kontak.
Top redes waarom u nie hierdie jaar se Gholfdag moet misloop nie!
Prediker: Ds. Charné Viljoen
Skriflesing:
Johannes 5: 9-17
Matteus 22: 34-40
Tema: Reg of Weg!
Datum: 28 April 2024
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Erediens: Nog Verder! Ds. Charné Viljoen. Johannes 5: 9-17 . NG Kerk Groot-Brakrivier”I have once again lost a couple of days along the way…but it has been BUSY! Dries and I finally got everything to the boat to be ready for the team to start work Monday morning. There were some challenges; it has been almost two weeks that we hardly have electricity, at most five hours a day. It is simply too expensive to run a generator full time, but we had to cart the generator all the way back to the house to refrigerate the meat for the team. Organising drinking water was also a major challenge. There are still shortages concerning vegetables and a Plan B is always required.
Lees meer “Sendingnuus: Madagaskar – The Week 21 April 2024”Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier met ons aanlyn Bybel Blokkiesraaisel.
Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020 (AFR20) vertaling.
(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.
Klik op die prentjie om te speel.

Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier met ons aanlyn Bybel Blokkiesraaisel.
Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020(AFR20) vertaling.
(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.
Klik op die prentjie om te speel.

“Here, U is my God! Ek wil U prys en U Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer. ”
Jes 25: 1
Wanneer mens na die definisie van ‘n wonderwerk/wonder/tekens gaan kyk, word dit beskryf as ‘n verassende en welkome gebeurtenis, wat nie in wetenskaplike terme of natuurwette verklaar kan word nie. Dit is gebeure wat ons nie kan verstaan nie, of as onbegryplik ervaar. Dit word dus as die ingryp van ‘n goddelike wese beskou. Dit is buitengewone, hoogs onwaarskynlike gebeurtenisse wat verwelkom word met verligting en vreugde en word as ‘n goddelike ingryping beskou wat in ons menslike aangeleenthede manifesteer of in die skepping van God.
Lees meer “Stof tot nadenke: Wonders en tekens”Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Johannes 5: 1-8
Tema: Reg of Weg!
Datum: 28 April 2024
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Erediens: Reg of Weg! Ds. Danie Goosen. Johannes 5: 1-8 . NG Kerk Groot-Brakrivier” Woensdag 1 Mei 2024 : Werkersdag. GEEN Kooroefening. GEEN Wyksbyeenkoms
Sondag 5 Mei 2024 : Erediens om 09:00. Kategese. Prediker – Ds Charné Viljoen.
Wolwedans boodskap, sop en brood: 8 , 22 Mei en 5 , 19 Junie
Die Gemeentefees van 27 April 2024 was ‘n feestelike geleentheid. Dit was ‘n lekker geleentheid van saam werk en kuier onder die skaduryke tente en sambrele. Dit dag is baie goed bygewoon, en daar was ook heerlike eetgoed en aktiwiteite vir die kinders.
Die verskillende tafels het ingesluit pannekoek, nageregte, kerrie en rys in die saal; op die stoepe was daar die groente, roosterkoek, tee en koek, die wit olifant tafel, tweedehandse boeke en jaffels te koop.
Die sosaties is altyd ‘n treffer, en mens is bereid om rustig in die tou te staan vir hierdie heerlikheid. Deur dit alles heen het ons die heerlike boeremusiek orkes in die agtergrond gehad.
Baie dankie vir teetuin en koektafel se helpers. Jul is voorslag. Dan al die baksters dankie alles was baie lekker. Alles is uitverkoop so daarom se ek dit moes lekker gewees het anders sou daar oor gewees het. Jul vrouens is voorslag baie baie dankie Marie Snyman
Dankie vir almal se ondersteuning en die goeie opkoms van die Gemeentefees.
Sondag 28 April 2024 :
Die tema van die prediking is: Reg of weg?
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Mei 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Ons benodig mense wat kan help met die opstel van maandelikse gebedsgidse. Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke 4de maand) om ’n gebedsgids op te stel, dit kan oor enige onderwerpe handel.
Indien u wil betrokke raak skakel Mona de Wet – 084 628 2866.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak
– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Getuienisbediening :
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week.
Die datums vir die tweede kwartaal is 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
Vir navrae skakel asb vir
Aletia – 084 783 1308.
Jeugbediening:
Barnard – 083 500 5687 – indien u enige verdere inligting verlang.
Omgeebediening :

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Malawi
Die suide van Malawi beleef tans droogte en staar moontlik verminderde oeste in die gesig. Tog bly FEBA Malawi se oes oorvloedig: Litala FM kry elke maand talle nuwe luisteraars by, terwyl ’n menigte luisteraarklubs gevestig word in Yao Moslem-dorpe in Mosambiek, Malawi en Tanzanië.
Ons gebed vir die week:Prys God vir Sy seën op FEBA Malawi. Bid dat Hy verligting van die droogte sal gee en kos sal voorsien, en dat meer mense sal inskakel op Litala FM, om meer oor die God van liefde en wonderwerke te leer.
Die webwerf(nggrootbrak.co.za)
28 April 2024
Skakel na die YouTube Erediens van 28 April 2024.
2. Getuienisbediening:
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Wonders en Tekens?”
4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


FEBA, wat deur NG Kerk Groot-Brakrivier Gemeente ondersteun word, se internasionale bestuur het die afgelope week vergader op die tropiese en skilderagtige Daebu Eiland, vanwaar een van hulle groot mediumgolf stasies die hele Asië dek. Menige mense word bereik in dosyne verskillende tale. Die kleurvolle geleentheid is ook gedek deur die Koreaanse televisie.
Die was ‘n geseënde geleentheid met die feestelike optrede van Christene wat baie melodieus hulle Christenskap uitleef. Ook die FEBA kinderkoor van Korea, wat optree tydens fondsinsamelings funksies optree, het dit ‘n luisterryke geleentheid gemaak. Die Konferensie is baie goed bygewoon.
Lees meer “FEBA Konferensie in Korea, 2024”We said goodbye to Thesi on Tuesday. It was a time of refreshing for us to be together. She will always have a very special place in all of our hearts.
The rest of this week, we shall have to fire on all cylinders. The work team arrives next Sunday and I have so far two days worth of the menu written down. It will be camp style living and cooking…so if any of you have good ideas for tasty meals for ten people, don’t hesitate to share. 😉
Lees meer “Sendingnuus: Madagaskar – The week 21 April 2024”“Wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan.”
Luk. 9: 25
Elkeen van ons leun of steun op iemand of iets in hierdie wêreld. As kinders is ons vertroue ten volle op ouers, hetsy of hulle liefdevol is of nie. Later begin mens draai na vriende, familie, eggenote, werksplekke, kollegas, aansien, rykdom, aanvaarding deur mense, eie krag in sterkte of verstandelike vermoëns. Selfs verslawing van enige aard en dwelmgebruik neem toe omdat mense dink dat dit hulle kan steun in moeilike tye. So dikwels staan mens teleurgesteld wanneer jy na die vernietigende resultate in nabetragting kyk. Niemand kyk na hierdie wêreld deur dieselfde oë as jy nie. Elkeen se lewenservarings en ondersteunings bronne was en is verskillend. Mense is so dikwels ingestel op hulle manier van dink en doen, dat hulle nie ‘n ander se manier van doen, eienskappe en gawes kan verstaan of raaksien nie. Prediker stel dit so goed: “Ek het gesien dat al die inspanning en al die kundigheid waarmee gewerk word, naywer is van die een teenoor die ander. Ook dit is sinloos en ‘n gejaag na wind. Die dwaas vou sy hande en vernietig homself. ‘n Handvol rus is beter as ‘n dubbele hand vol inspanning, en ‘n gejaag na wind.” (Pred. 4: 4-6). Wanneer mens na die wêreld kyk wonder mens wanneer gaan mense besef dat hulle in ‘n herhalende siklus van vernietiging leef, omdat hulle nie die enigste bron van steun en krag kan of wil ontdek nie!
Lees meer “Stof tot nadenke: Waarop steun ons?”Prediker: Ds. Charné Viljoen
Skriflesing: Galasiërs 3: 26-29
Tema: Die Verbond
Datum: 21 April 2024
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Erediens: Die Verbond! Ds. Charné Viljoen. Galasiërs 3: 26-29 . NG Kerk Groot-Brakrivier”Dis met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Spikkels Botha. Ons innige meegevoel aan die familie en vriende. Mag God julle bystaan in hierdie tyd.

Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00
Woensdag 24 April 2024 : • Kooroefening by die orrel om 17:00
Saterdag 27 April 2024 : • Gemeentefees.
Sondag 28 April 2024 : • Erediens om 09:00. • Prediker – Ds Danie Goosen. • GEEN Kategese
Wolwedans boodskap, sop en brood 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie
Sondag 21 April 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:
Wikus & Jeandré de Swardt (seuntjie – Joubert de Swardt).
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Gal 3:26-29.
Die tema van die prediking is: Die verbond.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Jeugbediening:
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00. Skakel asb vir Vicky Barnard –
083 500 5687 – indien u enige verdere inligting verlang.
Woensdag 24 April 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9B (Vogelsang tot Duinelaagte) by James & Hannelie Erasmus, Fynboslaan 12. Ann Pretorius – 082 565 1868.
Saterdag 27 April 2024 :
• Vryheidsdag.
• Gemeentefees.
Sondag 28 April 2024 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker – Ds Danie Goosen.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Christelike Afhanklikheidsdienste (CAD) by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Sterftes 2024:
15 April – Spikkels Botha: Wyk 09A
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Nuwe lidmate :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week.
Die datums vir die tweede kwartaal is 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Daar is tans ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie en vir ’n tweedehandse stoof (in werkende toestand). Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel asb vir Aletia – 084 783 1308.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Japan
Het jy geweet? Japan word soms ‘n “sendeling begraafplaas” genoem omdat dit so moeilik is om die evangelie daar te versprei. Boeddhisme en Shintoïsme is so verweef in die samelewing dat dit deel van die kultuur geword het. Maar God is ’n God van hoop, so FEBA Japan het dié maand drie nuwe programme begin uitsaai en ondersoek maniere om die internet meer optimaal te benut.
Ons gebed vir die week: Bid dat God die FEBA Japan-span met kreatiwiteit sal seën en baie luisteraars op hul programme sal laat inskakel.
Dankies
Hartlik dankie vir die skenking van die drukker ontvang vir Die Skarrelhuis.
Ons waardeer u goedhartigheid opreg!
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
21 April 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 21 April 2024.
Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam!
Gemeentefeeslyste sirkuleer tans in die gemeente. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.
Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R20 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke
– 082 411 1222. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.
2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of
Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.
3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Ann Pretorius – 082 565 1868.
4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help skakel asseblief vir Piet Snyman – 082 297 3476.
5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.
6. GEBAK EN TEETUIN:
Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 /
Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.
7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.
8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na lokaal 6 by die kerk gedurende kantoorure en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by u huis gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.
9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure.
Vicky Barnard – 083 500 5687.
10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser
– 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.
Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.
12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.
Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of R50 vir 6. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.
LAASTE DAG VIR BESTELLINGS = Maandag 22 April 2024
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
“For God so loved the world….”

Lovako team
Our time at Lovako School reminded me again of the fact that God gave His Son Jesus so that all people who believe in Him could have eternal life. From the most advanced and developed countries in the world, to the small fishing village of Ampamata where people are mostly illiterate and live in tiny houses made from palm leaves, God does not exclude anyone on the basis of background or position. Christ welcomes you as long as you come to Him in repentance and faith. This was the focus of the morning devotions and Euphrasie brought the children and teachers back to the profound and life giving message of John 3:16.
Lees meer “Madagaskar : The Week – 07-04-2024”