“Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges”
Kol. 1: 3-4
As ons deel is van God se kudde, beteken dit nie ons kan nou immer net kerk toe kom om gevoed te word nie. Dit beteken nie ons kan nou agteroor sit en sefvoldaan wees nie. As ons die pad saam met God stap, moet ons weerkaatsers vir Hom na buite word. Alle mense om ons moet sien dat ons van ons ou klere en verkeerde gewoontes afstand gedoen het, en dat ons die nuwe stel klere aangetrek het en daarmee die nuutgevonde gewoontes wat God ons gegee het, onder leiding van die Heilige Gees, uitleef. (Kol 3: 9-11).
Lees meer “Stof tot nadenke: Weerkaatsers van God se liefde”
