Omgeebediening: Groente-pakkies

Tydens die grendeltyd van 2000 tot 2022 het ‘n weldoener in die NG Kerk Groot-Brakrivier begin om by 20 punte in die gemeenskap, waar daar behoefte was, groentepakkies te voorsien. Tydens April het die weldoener ‘n versoek aan die omgeebediening gerig om voort te gaan tydens die vyf maande wat die persoon uitstedig sou wees.

Nadat die omgeebediening die behoefte vir helpers oopgegooi het in die gemeente, was daar ongeveer twee-en-veertig mense wat bereid was om te help. Dit het behels dat daar ‘n voertuig, bestuurder en groente aankoper gevind moes word, wat weekliks op Maandae die groente kon aankoop in beide George, asook op sommige plaase in die omgewing. Die groente is dan verpak op Dinsdae in die kerksaal, waar daar verskeie mense elke week betrokke was. Die groente is dan versprei na waar die behoefte was.

Ons is dankbaar om te noem dat daar uit die hoeveelheid mense wat aangebied het om te help, basies 7 spanne saamgestel kon word om te help met die taak. Die twintig punte van verspreiding is ook in hierdie tyd verander na veertig verspreidings punte. Twintig punte was in Groot-Brakrivier se gemeenskap, en twintig buite die Groot-Brakrivier area.

Ons wil elke persoon wat hom/haar-self aangebied het bedank vir hulle bydrae. Dit het die werk so vergemaklik en glad laat verloop. Dit was ook ‘n lekker geleentheid om mekaar beter leer ken.