Afkondigings 3 tot 9 April 2022

Vandag – Sondag 3 April 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan

ds. Nadia Marais (Goosen) wat vanoggend se erediens lei.

  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Jona 3 & 4. Die tema van die prediking is: Is dit reg dat jy so kwaad is?
  • Spesiale deuroffer gaan vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.
  • Geen Kategese.
  • Sesde Lydensweek.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.  U is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.  ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

Gebedsgidse

Gebedsgidse vir April 2022 is beskikbaar in die voorportaal. 

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sondag – 10 April 2022

Kategese om 09:00 die oggend.

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker:  Ds. Danie Goosen.

Doop.

Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.

Sewende (Groot) Lydensweek.

Klub-50+

Klub-50+ se jaarlikse braai vind plaas op 6 April by Hartenbosrivier-oord vanaf 10:30. Bring asseblief u eie vleis, drinkgoed en eetgerei. Slaaie, tafels en stoele word voorsien. Toegang is gratis. Indien u dit wil bywoon kontak asseblief vir Mariana van Huyssteen (082 922 9291).

Probleme met die kerkorrel:

Die kerkraad het kennis geneem van probleme met ons kerkorrel.  Kundiges het dit ondersoek en ’n kwotasie vir die herstel is aan ons voorgelê. Volgens beleid moet ’n tweede kwotasie verkry word. Hierdie kwotasie sal ons ongelukkig eers gedurende Mei-maand kan kry weens die skaarsheid van kundiges. Ons is derhalwe verplig om intussen van ons klavier gebruik te maak vir begeleiding.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.

  • Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 6 & 20 April, 4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.
  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Omgeebediening

Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

U is welkom om ‘n bydrae te maak.  Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.

Bydraes kan geplaas word binne die boks in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.  Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting

Dankfees – 14 Mei 2022

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam.  Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

  • Pannekoek tafel:
    Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).

Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.

  • Gebak:
    Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).

Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 Mei 2022.  Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.

  1. KERRIE-EN-RYS:  250 ml @ R15 & 500 ml @ R30

            Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /

      Corita du Preez – 084 265 9487

  • JAFFELS @ R20 ELK:  Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis.  Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
  • BOEREWORSROLLE @ R20 ELK: Corrie Pieters – 082 327 9527
  • ROOSTERKOEKE:  Heel @ R10 elk / Konfyt @ R15 elk / Konfyt & Kaas @ R20 elk / Hoender Mayo @ R20 elk.  Daar sal ook slap chips te koop wees.  Amelia – 072 975 0917

Vir die volgende tafels is geen bestellings nodig nie. Julle kan elke tafel besoek en koop volgens jul behoefte.

  • PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476
  • SOSATIES @ R18 elk: Asb geen bestellings! Pieter Lourens – 073 138 7363
  • VLEIS:  Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
  • GEBAK:  Liana Boshoff – 084 764 6155
  • GROENTE:  Robert Crause – 071 243 9181
  1. WIT OLIFANT:  Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorter.  Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring.  Annalene de Swardt – 082 495 5011
  1. KINDERTAFEL:  Pauline Richards – 079 557 8591
  1. POEDING:  Elmarie Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)

Gereformeerde Kerk George – Gesellige Oggendbyeenkoms

Kom geniet ‘n gesellige oggendbyeenkoms met Erik Holm op Saterdag 9 April 2022 om 10:00 by die Gereformeerde Kerk George.  Mans en vroue is welkom.

Kontak vir Ruth Du Plessis by 071 789 9009 vir kaartjies.

(Stuur ‘n sms of whatsapp met jou naam en ek bel jou terug om te reël vir aflewering van kaartjies binne George.)

Gebedsversoek vanaf Amos

Dringende versoek vir 3 Christen leiers in sy tuisdorp:

  • Die president van die Protestanse kerk het 18 maande tronkstraf gekry vir die verkondiging van die Evangelie;
  • Twee pastore van kleiner dorpies in die omgewing het ‘n boete en 8 maande tronkstraf gekry vir die hou van eredienste.

Hul appèlle om die strawwe om te keer vind hierdie week plaas.  Bid asseblief dat dit suksesvol sal wees.

Daar is tans weer ‘n hernude vlaag van vervolging teen die verspreiding van die Evangelie in Amos se geboorteland.

Dankies

  • Gholfdag

Baie, baie dankie aan almal wat betrokke was vir u reuse aandeel en ondersteuning om die dag so ‘n groot sukses te maak, maar die grootste dank aan ons Hemelse Vader wat so wonderlik vir ons voorsien.

Die geleentheid het die mooi bedrag van R67 310 opgelewer.  In ‘n tyd waar mense moedeloos en selfs wanhopig is as hulle aan die toekoms dink, glo ons dat u aandeel hoop vir die mense in ons gemeenskap sal bring.  

Ons vertrou dat ons weer in die toekoms hande kan vat ter 

opheffing van die mense se geloof in die môre van die lewe.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          ‘ 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314