Nuusflitse Week 25+ van 2022

Nuusflitse

Die Ondersteuningsgroep vergader Donderdag 23 Junie om 10h00 in Lokaal 6. Kontakpersoon:  Riana Briers (081 039 8853)
Sondag – 26 Junie 2022 Geen Kategese. Prediker:  Dr. Frans Hancke
Getuienisbediening – Wolwedans boodskap, sop en brood bediening –29 Junie 2022
Omgeebediening Groentepakkieprojek Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting

Madagaskar: Lynette’s madanews THE WEEK – 5/06/2023

Madagaskar Week 5-6-2022

Dries is back home! I think it still feels a little unreal to him. He remarked that the heat and humidity will take some getting used to. He left South Africa on Friday evening wearing all of his winter gear. Please pray for him as he will start on his longterm visa application next week. His passport and transformable visa was closely scrutinized on the airport on Nosy Be and the officials weren’t happy with what they saw on the computer. So much so that the supervisor was called. He was finally allowed in and we know that it is God who is in control and that He will make a way.

Lees meer “Madagaskar: Lynette’s madanews THE WEEK – 5/06/2023”

Nuusflitse Week 23+ van 2022

Nuusflitse

Blokbyeenkoms – 15 Junie 2022 Blokke 12A en 12B (Reebok tot Mosselbaai en Fraai-Uitsig tot Klein-Brakrivier)
Sondag – 19 Junie 2022 Vadersdag.
Nasionale Biddag vir Blindes.
Geen Kategese. Prediker:  Ds. Danie Goosen
15 & 29 Junie 2022 Wolwedans boodskap, sop en brood bediening

Lief en Leed – Week 23

Lief en Leed

Dit is met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van
Johann van Langelaar
Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan die oorledene se geliefdes, mag die Here u troos in hierdie hartseer tyd.

Afkondigings 12 Junie – 19 Junie 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 12 Junie 2022: 

  • Baie welkom by vanoggend se erediens. 
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Genesis 18 verse 1 tot 15.  Die tema van die prediking is: Ongenooide gaste?
  • Bevestiging van kerkraadslede:
    – Bles de Wet (Voorsitter Erediensbediening)
    – Annatjie Janse van Rensburg (Blok 6A)
  • Kategese om 09h00.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds.
Lees meer “Afkondigings 12 Junie – 19 Junie 2022”

Pinkster 2022

Vorming vir die lewe en geestelike rigtingwysers

Volgens Prof. Ian Nell is dit in die vinnige en besige lewe soos ons dit vandag ken, soms moeilik om God se stem tussen al die ander verleidings van hierdie lewe te hoor. Die Hemelvaart dienste het op Donderdag, 26 onder leiding van Ds. Danie Goosen by ‘n aanddiens begin met die tema dat ons bereid moet wees om onsself diensbaar te stel. Van Sondag, 29 Mei, tot Donderdag, 2 Junie, het Prof Ian Nell die dienste gelei, wat beide in die N.G. Kerk Groot-Brakrivier en by Groenkloof gehou is. Daar was vyf temas wat tydens die pinkster bidure hanteer is deur Prof. Nell:

Lees meer “Pinkster 2022”

Madagaskar: Lynette’s Madanews – The Week 29 May 2022

2022-05 Madagaskar Lynette en Dries

Happiness is…….

to be able to show a negative PCR test. And once again that was not the case with Dries. Therefore, he could not fly on Friday and will have to stay for another week. Well, in theory that is. Mind you, I think that nasty cold we had, was probably Covid. I wonder how much money had been spent on never ending tests and penalties for changing flight dates.

Lees meer “Madagaskar: Lynette’s Madanews – The Week 29 May 2022”

Nuusflitse Week 22 van 2022

Nuus Flitse

Sondag – 12 Junie 2022

  • Biddag vir Jeug en Kategese.
  • Kategese om 09h00.
  • Prediker:  Ds. Danie Goosen (kerkgebou) en Ds. Basie Fourie (Groenkloof)
  • Bevestiging van nuwe kerkraadslede.

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.Die datums vir die tweede kwartaal se uitreike is 15 & 29 Junie 2022.

Bloedskenking – 9 Junie 2022

Woensdag, 8 Junie 2022 Klub-50+ se volgende uitstappie is na Die Shweshwe Stop in Friemersheim, waar hulle ons vertel van die geskiedenis van Friemersheim.

Afkondigings 5-12 Junie 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Ned. Geref. Kerk  Groot-Brakrivier

5 Junie – 12 Junie 2022                                                             

Vandag – Sondag 5 Junie 2022: 

  • Baie welkom by vanoggend se erediens.
  • Nagmaal.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Prediker 3 verse 1 tot 15.  Die tema van die prediking is: Aanvaarding en berusting?
  • Geen kategese.
  • Sinodale deuroffer vir Jeugwerk.

Nuwe lidmate in ons gemeente: 

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00. 

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Junie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.  

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.

Blokbyeenkoms – 8 Junie 2022 

Blokke 11A en 11B (Pienaarstrand tot Heroldsbaai) se gesamentlike blokbyeen-koms vind Woensdagaand, 8 Junie 2022, om 18:00 plaas by Helgaard en Cecile Müller, Gleniquarylaan 243, Outeniquastrand).  

Kontak: Kobus Huysamen (044 879 0084).

Sondag – 12 Junie 2022

  • Biddag vir Jeug en Kategese.
  • Kategese om 09h00.
  • Prediker:  Ds. Danie Goosen (kerkgebou) en Ds. Basie Fourie (Groenkloof)
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds.
  • Bevestiging van nuwe kerkraadslede.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduur-gare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening
✓ pot of soup free vector eps, cdr, ai, svg vector illustration graphic art

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.

  • Die datums vir die tweede kwartaal se uitreike is 15 & 29 Junie 2022.
  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Ons wil net baie dankie sê vir die positiewe reaksie op ons versoek – ons het nie net ‘n sitstootwaenjie ontvang nie maar sommer ‘n rolstoel ook.  Die rolstoel gaan gebruik word vir ‘n behoefte in Wolwedans wat nog nie sigbaar gemaak is nie. Ons kan maar net op ons knieë gaan en die Here loof en prys vir Sy voorsiening.

Selfone

Met Woensdag se uitreik na Wolwedans is aan ons bekendgemaak van twee van ons leiers wie se selfone gesteel is.  Ons wil hoor of daar dalk iemand is wat kan help met twee ou selfone.  Kontak asseblief vir Emile Hurter (082 554 1979) indien u kan help.

Naam vir Nie-winsgewende maatskappy

Die kerkraad het die registrasie van ‘n nie-winsgewende maatskappy in beginsel goedgekeur.  Dit gaan gebruik word om buite befondsing te bekom vir projekte wat ons in deernis wil bedryf in Groot-Brakrivier.  

Ons wil julle uitnooi om te help met ‘n naam vir die maatskappy.  Die naam moet aanduidend wees van wat ons doen.  

Vir die person wie se naam gebruik gaan word is daar koffie en koek by die Ou Pastorie Teetuin vir 2 persone.  

Stuur voorgestelde naam na emile.hurter@gmail.com of per WhatsApp of SMS na 082 554 1979.

Bloedskenking – 9 Junie 2022

Ons herinner u aan die bloedskenkingsgeleentheid, Donderdag 

9 Junie 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.

(Navrae:  Christo Smit 083 447 9891)

Omgeebediening

Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

U is welkom om ‘n bydrae te maak.  Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.

Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.  

Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

KLUB-50+

Klub-50+ se volgende uitstappie is na Die Shweshwe Stop in Friemersheim, waar hulle ons vertel van die geskiedenis van Friemersheim.

Daar sal items beskikbaar wees om te koop wat deur die plaaslike vroue gemaak word van shweshwe materiaal.  Ons gaan ‘n koppie tee geniet, saam met ‘n eetdingetjie @ R40 per kop.  

Datum:  Woensdag, 8 Junie 2022

Koste:  R40 per person (bring asseblief saam die oggend van die uitstappie)

Vertrekpunt:  NG Kerk Groot-brakrivier 

(Ons kan sommer saam met mekaar ry om brandstof te spaar.)

Tyd: 9h30 vm.

RSVP:  Maandag, 6 Junie 2022 met Mariana 082 922 9291

Dankies

Ds. Paul & Hettie Roodt wil hiermee hul opregte dank betuig aan die kerkraad en die hele gemeente vir die afskeidstee op 8 Mei.  Ons het die geleentheid geniet, en waardeer al die moeite wat gedoen is.

Lynette de Jager – Eilande Sending ( kwartaallikse bydrae)

“Baie dankie vir die bydrae. Dit kom altyd op die regte tyd.“

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.  Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is steeds beskikbaar op YouTube.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.  Die skakel na die YouTube dienste is ook op ons gemeente se webwerf beskikbaar.  https://www.nggrootbrak.co.za

Alfreda Stander (Skiba-kassier) is met verlof vanaf 7 tot 21 Junie 2022.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          🕾 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

Nuus flitse Week 22+ van 2022

Nuus Flitse

Wolwedans Die datums vir die tweede kwartaal se uitreike is 1,15 & 29 Junie 2022
Makhatini Ds. Louwrens van der Westhuizen en drie van sy medewerkers besoek ons op Maandag 30 Mei 2022
Pinkster: Sondag (29 Mei 2022) tot Donderdag (2 Junie 2022)
Sondag 10:00 Maandag tot Donderdag 10:00 Groenkloof 18:00 Kerkgebou – Prof. Ian Nel
Nagmaal: Sondag – 5 Junie 2022 (Pinksterfees) Geen Kategese. Prediker:  Ds. Danie Goosen (kerkgebou) & Ds. Kobus Smit (Groenkloof)
Blokbyeenkoms – 8 Junie 2022 Blokke 11A en 11B (Pienaarstrand tot Heroldsbaai)

Afkondigings 29 Mei – 5 Junie2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 29 Mei 2022 (Pinkster 2022):

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan Prof. Ian Nell van Stellenbosch wat ons Pinkster byeenkomste lei.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit 2 Kor 3: 12-18.  Die tema van die prediking is: Gesigte en stemme.
  • Kategese om 09:00.
  • Pinksterdiens in kerkgebou om 18:00.
  • Deuroffers tydens Pinkster gaan vir die Bybelgenootskap.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

Dankfees

  • Ons is die Here opreg dankbaar vir ’n suksesvolle dankfees. ‘n Bedrag van  R261 517 is ingesamel wat ’n styging van R23 039 teenoor verlede jaar se bedrag van R238 478 reflekteer.      
  • Ons dank aan elkeen wat betrokke was by die dankfees. Opregte dank vir elkeen se bydrae, samewerking en harde werk.        

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Junie 2022 is beskikbaar in die voorportaal. 

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.

Blokbyeenkoms – 8 Junie 2022

Blokke 11A en 11B (Pienaarstrand tot Heroldsbaai) se gesamentlike blokbyeen-koms vind Woensdagaand, 8 Junie 2022, om 18:00 plaas by Helgaard en Cecile Müller, Gleniquarylaan 243, Outeniquastrand).  Kontak: Kobus Huysamen (044 879 0084).

Sondag – 5 Junie 2022 (Pinksterfees)

  • Biddag vir die Ekologie.
  • Geen Kategese. 
  • NAGMAAL
  • Prediker:  Ds. Danie Goosen (kerkgebou) & Ds. Kobus Smit (Groenkloof)
  • Sinodale deuroffer vir Jeugwerk

Kerkraadsvergadering – 17 Mei 2022:

  • Tydens die kerkraadsvergadering gehou 17 Mei is die volgende persone tot die          kerkraad verkies:

         Bles de Wet – Voorsitter Erediensbediening.

     Annatjie Janse van Rensburg – Ouderling Blok 6A

    Willem du Preez is verkies as voorsitter van die kerkraad.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduur-gare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.

  • Die datums vir die tweede kwartaal se uitreike is 1,15 & 29 Junie 2022.
  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Tydens ‘n uitreiksessie Woensdag by Wolwedans is ‘n dringende behoefte vir ‘n sit-stootwaentjie (nie ‘n lê een nie) vir ‘n sewejarige gestremde dogtertjie sigbaar gemaak.  Dit is moeilik om haar die heeldag oral te dra waar sy wil gaan en dan sleep sy haar maar oor die grond na waar sy wil wees. ‘n Rolstoel is te groot. Graag word verneem of daar dalk iemand is wat kan help met so ‘n sit-stootwaentjie.

Kontak gerus vir Aletia Nortjé by 084 783 1308.

Dankie

Ds. Paul & Hettie Roodt wil hiermee hul opregte dank betuig aan die kerkraad en die hele gemeente vir die afskeidstee op 8 Mei.  Ons het die geleentheid geniet, en waardeer al die moeite wat gedoen is.

Makhatini

Ds. Louwrens van der Westhuizen en drie van sy medewerkers besoek ons op Maandag 30 Mei 2022 en gaan die Pinsterdiens bywoon en saam sop en broodjies geniet daarna. Mag hulle ons gasvryheid geniet met hulle besoek.

Pinkster 2022

Die vorming vir die lewe:

Geestelike rigtingwysers vir die lewe van elke dag

In ‘n kultuur met soveel stemme wat roep vir ons aandag is dit dikwels moeilik om op die geestelike kant van die lewe te fokus en tussen al die stemme God se stem te hoor. Covid-19, werk, finansies en heelwat onsekerheid oor die toekoms is maar van die aspekte wat dreig om ons daagliks te oorweldig. Die doel van hierdie reeks is om ‘n alledaagse spiritualiteit te ontwikkel wat vir ons kan ondersteun om koers en rigting te hou en hopelik ook help om betekenis te gee aan ons besige en vol lewens. Daar sal telkens by ‘n spesifieke geestelike rigtingwyser stilgestaan word wat ons help om te sien hoe ons deur God gevorm word en self vorm gee aan ons lewens.

Onderwerp                        Vorming                                       Teks           

  1. Gesigte en stemme         die vorming van ons harte              2 Kor 3:12-18     
  2. Roeping en drange         die vorming van ons begeertes       Luk 3:21-22; 4:1-13
  3. Deugde en wysheid        die vorming van ons karakters        Ef 3:14-21         
  4. Geheime en dissiplines   die vorming van ons siele               Matt 6:1-15        
  5. Om vorm te verloor         misvorming deur lyding en dood    Ps 22:1-12         

Pinksterprogram: Sondag (29 Mei 2022) tot Donderdag (2 Junie 2022)

So. 29 Mei10h00KerkgebouProf. Ian Nell
 10h00GroenkloofYouTube uitsending
Ma. 30 Mei10h00GroenkloofProf. Ian Nell
 18h00KerkgebouProf. Ian Nell
Di. 31 Mei10h00GroenkloofProf. Ian Nell
 18h00KerkgebouProf. Ian Nell
Wo. 1 Junie10h00GroenkloofProf. Ian Nell
 18h00KerkgebouProf. Ian Nell
Do. 2 Junie10h00GroenkloofProf. Ian Nell
  Deuroffers tydens Pinkster gaan vir die Bybelgenootskap. Na die aanddienste sal ons ‘n koppie sop geniet in die saal.

Omgeebediening

Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

U is welkom om ‘n bydrae te maak.  Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.

Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure. 

Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.  U is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.  ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

https://www.nggrootbrak.co.za

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          ‘ 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314