Afkondigings 29 Mei – 5 Junie2022

Vandag – Sondag 29 Mei 2022 (Pinkster 2022):

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan Prof. Ian Nell van Stellenbosch wat ons Pinkster byeenkomste lei.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit 2 Kor 3: 12-18.  Die tema van die prediking is: Gesigte en stemme.
  • Kategese om 09:00.
  • Pinksterdiens in kerkgebou om 18:00.
  • Deuroffers tydens Pinkster gaan vir die Bybelgenootskap.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

Dankfees

  • Ons is die Here opreg dankbaar vir ’n suksesvolle dankfees. ‘n Bedrag van  R261 517 is ingesamel wat ’n styging van R23 039 teenoor verlede jaar se bedrag van R238 478 reflekteer.      
  • Ons dank aan elkeen wat betrokke was by die dankfees. Opregte dank vir elkeen se bydrae, samewerking en harde werk.        

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Junie 2022 is beskikbaar in die voorportaal. 

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.

Blokbyeenkoms – 8 Junie 2022

Blokke 11A en 11B (Pienaarstrand tot Heroldsbaai) se gesamentlike blokbyeen-koms vind Woensdagaand, 8 Junie 2022, om 18:00 plaas by Helgaard en Cecile Müller, Gleniquarylaan 243, Outeniquastrand).  Kontak: Kobus Huysamen (044 879 0084).

Sondag – 5 Junie 2022 (Pinksterfees)

  • Biddag vir die Ekologie.
  • Geen Kategese. 
  • NAGMAAL
  • Prediker:  Ds. Danie Goosen (kerkgebou) & Ds. Kobus Smit (Groenkloof)
  • Sinodale deuroffer vir Jeugwerk

Kerkraadsvergadering – 17 Mei 2022:

  • Tydens die kerkraadsvergadering gehou 17 Mei is die volgende persone tot die          kerkraad verkies:

         Bles de Wet – Voorsitter Erediensbediening.

     Annatjie Janse van Rensburg – Ouderling Blok 6A

    Willem du Preez is verkies as voorsitter van die kerkraad.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduur-gare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.

  • Die datums vir die tweede kwartaal se uitreike is 1,15 & 29 Junie 2022.
  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Tydens ‘n uitreiksessie Woensdag by Wolwedans is ‘n dringende behoefte vir ‘n sit-stootwaentjie (nie ‘n lê een nie) vir ‘n sewejarige gestremde dogtertjie sigbaar gemaak.  Dit is moeilik om haar die heeldag oral te dra waar sy wil gaan en dan sleep sy haar maar oor die grond na waar sy wil wees. ‘n Rolstoel is te groot. Graag word verneem of daar dalk iemand is wat kan help met so ‘n sit-stootwaentjie.

Kontak gerus vir Aletia Nortjé by 084 783 1308.

Dankie

Ds. Paul & Hettie Roodt wil hiermee hul opregte dank betuig aan die kerkraad en die hele gemeente vir die afskeidstee op 8 Mei.  Ons het die geleentheid geniet, en waardeer al die moeite wat gedoen is.

Makhatini

Ds. Louwrens van der Westhuizen en drie van sy medewerkers besoek ons op Maandag 30 Mei 2022 en gaan die Pinsterdiens bywoon en saam sop en broodjies geniet daarna. Mag hulle ons gasvryheid geniet met hulle besoek.

Pinkster 2022

Die vorming vir die lewe:

Geestelike rigtingwysers vir die lewe van elke dag

In ‘n kultuur met soveel stemme wat roep vir ons aandag is dit dikwels moeilik om op die geestelike kant van die lewe te fokus en tussen al die stemme God se stem te hoor. Covid-19, werk, finansies en heelwat onsekerheid oor die toekoms is maar van die aspekte wat dreig om ons daagliks te oorweldig. Die doel van hierdie reeks is om ‘n alledaagse spiritualiteit te ontwikkel wat vir ons kan ondersteun om koers en rigting te hou en hopelik ook help om betekenis te gee aan ons besige en vol lewens. Daar sal telkens by ‘n spesifieke geestelike rigtingwyser stilgestaan word wat ons help om te sien hoe ons deur God gevorm word en self vorm gee aan ons lewens.

Onderwerp                        Vorming                                       Teks           

  1. Gesigte en stemme         die vorming van ons harte              2 Kor 3:12-18     
  2. Roeping en drange         die vorming van ons begeertes       Luk 3:21-22; 4:1-13
  3. Deugde en wysheid        die vorming van ons karakters        Ef 3:14-21         
  4. Geheime en dissiplines   die vorming van ons siele               Matt 6:1-15        
  5. Om vorm te verloor         misvorming deur lyding en dood    Ps 22:1-12         

Pinksterprogram: Sondag (29 Mei 2022) tot Donderdag (2 Junie 2022)

So. 29 Mei10h00KerkgebouProf. Ian Nell
 10h00GroenkloofYouTube uitsending
Ma. 30 Mei10h00GroenkloofProf. Ian Nell
 18h00KerkgebouProf. Ian Nell
Di. 31 Mei10h00GroenkloofProf. Ian Nell
 18h00KerkgebouProf. Ian Nell
Wo. 1 Junie10h00GroenkloofProf. Ian Nell
 18h00KerkgebouProf. Ian Nell
Do. 2 Junie10h00GroenkloofProf. Ian Nell
  Deuroffers tydens Pinkster gaan vir die Bybelgenootskap. Na die aanddienste sal ons ‘n koppie sop geniet in die saal.

Omgeebediening

Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

U is welkom om ‘n bydrae te maak.  Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.

Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure. 

Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.  U is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.  ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

https://www.nggrootbrak.co.za

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          ‘ 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314