Sondag 1 Maart 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 3:1-17 (2020-vertaling).
- Die tema van die prediking is: Jesus het jou lief!
- Tweede Lydensweek.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- Kategese.
- Sinodale offer vir Teologiese Kweekskool by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Charné Viljoen.
Woensdag 4 Maart 2026 :
- Die Blokbyeenkoms van Blok 8 (Groenkloof) en Blok 11 (Sandhoogtepad) vind om 16:00 plaas in Groenkloof (Groot-Brakrivier) se eetsaal.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons..
Alle belangstellendes welkom.
Vrydag 6 Maart 2026 :

Verjaarsdae

Saterdag 7 Maart 2026 :
- Wêreldbiddag vir Mans.
Sondag 8 Maart 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
- Derde Lydensweek.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Persone met Gestremdhede (NCPD) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Leon Cronje.
Bedieninge
Ondersteuningsbediening :
“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13 (AFR33)
Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – Kontak Ons. / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons..
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons.
Eiendomsbediening :
Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
• Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die oorblywende uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 11 & 25 Maart.
Dankie aan almal wat reageer het op ons versoek vir ekstra sop voorraad, u oop harte word opreg waardeer.
Resep –
100g sopmengsel,
100g rys,
100g lensies,
150g soja,
1 blokkie aftreksel,
1 pakkie sop.
Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel
of
Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA Pakistan
FEBA saai al vanaf 1948 na Pakistan uit en die plaaslike kantoor is in 1974 oopgemaak. Vandag deel FEBA Pakistan die Goeie Nuus met luisteraars op ’n geestelike en praktiese wyse, en opvolgwerkers spandeer ure om luisteraars se vrae te antwoord. Ondanks die weerstand en vyandigheid wat Christene verduur, is daar gesinne wat in die geheel Christus leer ken deur FEBA se uitsendings.
Ons gebed vir die week: Bid vir Direkteur Shahzad en sy span soos hulle aanhou nuwe maniere vind om die evangelie met luisteraars in Pakistan te deel.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) Nuut op 1 Maart 2026
- Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediens van 1 Maart 2026, deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar. - Bybelstudiereekse:
a. Lydenstyd se Visio Divinia reeks is op webtuiste beskikbaar.
b. ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag.
c. Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Beproewing, Berou en Bestemming” - Gemeentenuus:
Die gemeenskaplike Wêreldbiddag vir Vroue in Groot-Brakrivier op Vrydag 6 Maart 2026 word om 16:00 deur die St Johns Anglikaanse Kerk aangebied. - Die weeklikse Afkondigings asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



