Skep asem vir vandag: 15 Junie 2025

15 Junie

Liewe ….

Jy weet nou dat God regtig vir jou omgee. Mag dit daarom vandag met jou goed gaan. My gebed vandag vir jou is dat jy die wonderlike dinge van God sal raaksien. God het die volgende boodskap vir jou.

Tema: Sien die groot wonders van die Here raak

Teks: “En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. ” (Eks 3:3)

  • Hou aan om op die Here te fokus en moenie moed en hoop verloor nie.
  • Maak jou oë oop en fokus reg – sien die wonderlike bonatuurlike dinge wat God doen raak.
  • Besef dat die Here vir jou omgee. Hy help jou wanneer jy dit vra (Ps. 4:4).
  • Die Here doen asemrowende dinge, stiptelik en presies soos Hy beplan (Jes. 25:1).
  • Leef in vrede en met goeie verwagting.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U vir my uitkomste gee deur bonatuurlike verskynsels.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.