Skep asem vir vandag: 12 Junie 2025

12 Junie

Liewe ….

My wens is dat jy vandag oorspoel sal wees met die liefde, goedheid en genade van ander mense. Jy weet nou alreeds dat Hy wonderwerke doen. Ek hoop dat jy verstaan dat die Here alles weet en dat niks vir Hom ‘n geheim is nie. Hier is vandag se boodskap spesiaal vir jou.

Tema: Alles sal bekend word

Teks:“ Toe skrik Moses en dink: die ding het bekend geword.” (Eks 2:14.)

  • Die Here se oog sien oor die hele wêreld (2 Kron. 16:9).
  • Niks kan vir hom weggesteek word nie. Die waarheid sal uitkom vir almal om te hoor (Matt 10:26).
  • Dit is ‘n skande om selfs te praat oor die dinge wat mense in die geheim doen (Ef. 5:12).
  • Van die Nuwejaar tot die Oujaar kyk die Here heeltyd na jou en sien Hy jou raak (Deut. 11:12).
  • Dank Hom. Prys Sy Naam. Leef hoopvol.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat my lewe heeltyd oop en bloot vir U is om te sien. Maak my gelukkig.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.