Sending: Gerrie en Arlene Coetzee Nuus vir Nov en Des 2022

Liewe Ondersteuners, ons groet julle in die wonderlke naam van ons Jesus Christus!
Baie dankie vir julle gebede en ondersteuning gedurende die afgelope twee maande van die EMT, alle eer en dank aan ons Drie-Enige God. Daar was ook ‘n jongman van KZN en hy was nog baie jonk in sy geloof. Hy het gegroei deur die inspraak van die Heilige Gees en is ook gedoop deur ‘n Pastoor waar hy en van die ander studente tuis gegaan het.

So ‘n kykie in 2023. Ons, as opleidingspan by Ethnos se grense word vergroot. Ethnos gaan nou die volgende opleiding aanbied: EMT, EMT PLUS en ‘n Gap jaar. AL die kursusse se grondfase bly dieselfede as die 8 weke EMT kursus. Die EMT PLUS het dan nog ‘n verdere 8 weke vir sendingopleiding, waaroor ons baie opgewonde is! Die Gap jaar sal ook begin met die EMT dan volg persoonlike dissipelskap en verdere ontwikkeling in verskeie velde. Hierdie nuwe programme maak ons twee baie opgewonde want dit pas so mooi in ons visie om mense te help toerus vir effektiewe diens in die Koninkryk!

Die volgende woorde kom op in my gedagtes: Psalm 40:8 (a) “Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen” en ook die volgende: Romeine 10:14 “Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!”

Gedurende Desember neem baie van ons aktiwiteite ́n bietjie af en ons sien ook uit daarna om ́n rustige Christus-feestyd te ervaar waar ons ook DV van ons kinders oor Kersfees te kan sien. Ons wil vir elkeen wat hier lees van harte bedank vir julle omgee, bemoediging, gebede en getroue ondersteuning. Dankie dat julle ons genote is in die deel van die Goeie Nuus! Graag wil ons elkeen van julle ́n wonderlik geseënde Kersfeestyd toewens saam met julle gesinne, families en vriende! Mag hierdie Christusfees vir elkeen opnuut ́n ondervinding wees van God se ontmeetlike Liefde wat Hy met die stuur van Jesus as ons Middelaar geopenbaar het! Verder wens ons julle ook ́n Voorspoedige 2023 toe vol van God se genade, liefde en voorsiening in al julle behoeftes en meer!


Liefdegroete
Gerrie en Arlene
SA vir WÊRELDSENDING