Augustus 2022
“U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek.”
PSALMS 119:114
| Kambodja Mongolië FEBC Sjinese Bedienings |
| Kambodja Maandag 1 Augustus: Bid vir FEBC Kambodja se CCBI (Cambodian Community Bible Institute) . Die instituut voorsien duisende studente van hulpbronne en gereedskap om hul kennis van die woord van God uit te brei. Baie studente het as gevolg daarvan predikante en Christelike leiers in hul gemeenskappe geword. Dinsdag 2 Augustus: Bid dat God die gesinseminare sal seën wat deur die Voice of Love– radiospan regoor Kambodja aangebied word. Baie gesinne trek voordeel uit die inligting wat by hierdie seminare aangebied word. Woensdag 3 Augustus: Bid dat God Kambodja se span sal beskerm en lei terwyl hulle luisteraars in verskillende provinsies besoek om op te volg en aan hulle behoeftes te voldoen. Mag baie die goedheid van God deur hulle optrede sien. Donderdag 4 Augustus: Bid en vra die seën vir hierdie luisteraar wat sê: “Dankie Krusa FM dat jy altyd naby ons is. Ek is so bly dat die Woord van God my aanspoor om hoop op God te bou en nederig te lewe.” Vrydag 5 Augustus: Bid vir Krusa FM se luisteraars wat offergawes aan die bediening skenk. Hulle doen dit met ‘n dankbare hart en kan daardeur God se seën op hul lewens sien. Saterdag & Sondag 6 – 7 Augustus: Bid dat God die radiostasie en die spanlede sal bewaar en elke aktiwiteit seën wat ten doel het om die Koninkryk van God te bevorder. Bid ook dat die span wysheid sal ontvang om inhoud te produseer wat God en al Sy goedheid in ‘n verlore en gebroke wêreld sal weerspieël. Mongolië Maandag 8 Augustus: Prys God vir die 3 nuwe radiostasies in Wes-Mongolië. Bid vir die suksesvolle koördinering en beplanning vir die twee nuwe stasies waarmee hulle in die komende maande sal begin. Dinsdag 9 Augustus: Bid vir al die Suid-Afrikaanse en internasionale individue en kerke wat die bediening in Mongolië ondersteun. Woensdag 10 Augustus: Bid dat God se seën en guns by Me Enkhe, FEBC Mongolië se nuwe raadslid, sal wees. Donderdag 11 Augustus: Prys God dat Hy al Mongolië se radiostasies onderhou het gedurende ‘n tyd van ekonomiese swaarkry. Dit weerspieël God se getrouheid teenoor luisteraars en diegene wat die bediening ondersteun. Vrydag 12 Augustus: Bid dat God die span sal lei in die vervaardiging van nuwe inhoud om aan te pas by die veranderinge wat in die land plaasvind. Saterdag & Sondag 13 – 14 Augustus: Bid vir FEBC Mongolië se kinderbediening – kinders bied die programme aan. Ons weet dat God ‘n kinderhart liefhet en ons vra dat u asseblief u seën sal uitspreek oor elke kind wat deur hierdie bediening gebruik en bereik sal word. FEBC Sjinese Bedienings Maandag 15 Augustus: Prys God dat die Sjinese bedienings van FEBC Verenigde State van Amerika amptelik kon begin met die LiangMu Bybelinstituut – ‘n aanlyn opleidingsprogram. Die instituut lei pastore en kerkleiers vir die Sjinese kerke op. Daar word tans twee klasse aangebied vir ‘n totaal van 51 studente. Dinsdag 16 Augustus: Bid dat God die LiangMu Bybelinstituut sal beskerm. Ook dat God hulle sal gebruik om leiers vir Sjinese kerke toe te rus – veral in die afgeleë gebiede van Sjina waar daar nie baie hulpbronne beskikbaar is nie. Woensdag 17 Augustus: FEBC se Sjinese bedienings het onlangs ‘n nuwe mobiele toepassing bekend gestel, maar die owerhede blok die onderskeie toepassings- en WeChat-kanale. Bid vir die beskerming en bevordering van die toepassings sodat meer mense na die programme kan luister. Donderdag 18 Augustus: Bid vir God se seëninge oor Ds Raymond wat hierdie jaar afgetree het. Hy het vir baie jare getrou gedien as die bediening se direkteur. Vrydag 19 Augustus: Bid dat God Ds King-yin HO sal seën. Hy is nou die waarnemende uitvoerende hoof van die span in Hong Kong. Mag hy die span lei met visie, krag en wysheid. Saterdag & Sondag 20 – 21 Augustus: Bid vir die opgedateerde weergawe van die Liangyou Theological Seminary toepassing wat hierdie jaar geïmplementeer is. Mag dit deur God gebruik word om meer studente te dien wat gekies het om God se roeping vir hulle lewens na te streef. Etlike honderde nuwe studente het ingeskryf nadat die toepassing bekend gestel is. Kirgisië Maandag 22 Augustus: Bid dat God meer voltydse personeel sal stuur om by FEBC Kirgisië se span aan te sluit. Hulle het ‘n personeeltekort en moet huidige personeel vervang wat binnekort gaan vertrek. Dinsdag 23 Augustus: Bid dat God die span sal verbind met ‘n persoon wat vaardig is in inligtingstegnologie. Die ministerie se digitale en aanlyn-mediaplatforms het gegroei en moet in stand gehou word. Woensdag 24 Augustus: Die oorlog in die Oekraïne het ‘n rimpeleffek gehad op Kirgisië, veral die ekonomie. Bid vir die land se politieke stabiliteit, en dat hulle kan voortgaan om voordeel te trek uit die vryheid van die media. Donderdag 25 Augustus: Godsdienstige ekstremiste is ‘n groot bedreiging vir hul bediening. Spanlede ontvang dikwels doodsdreigemente, en dit het ‘n negatiewe impak op hul lewens. Bid dat God se beskerming oor hulle sal wees en dat die doodsdreigemente sal ophou. Vrydag 26 Augustus: Korrupsie onder die mense in gesag is ‘n ernstige probleem in Kirgisië. Ten spyte van al die uitdagings waarmee die span te kampe het, dank hulle God vir die geleenthede en bly op Hom vertrou. Bid dat die radiostasie nie geraak sal word deur die nadelinge besluite van diegene in gesaghebbende posisies nie. Saterdag & Sondag 27 – 28 Augustus: Bid vir suster Ainara, een van die uitsaaiers wat verantwoordelik is vir TikTok-uitsendings. Haar ouers is Moslems vanuit die suide van Kirgisië. Hulle wil hê sy moet met ‘n Moslemman trou. PAKISTAN Maandag 29 Augustus: Bid vir die vaardigheidsontwikkeling van die personeel deur verskeie opleidingsprogramme. Mag God die personeel lei en wysheid gee in die keuse van die toepaslike vaardighede om hulle spesiale vermoëns in die onderskeie departemente te verbeter. Dinsdag 30 Augustus: Bid vir die suksesvolle werwingsproses van personeel om die rolle van inligtingstegnologie- en sosiale mediakoördineerders vir hulle digitale uitreikprojekte te vervul. Hulle sal sosiale media-platforms gebruik om uit te reik na die jonger generasie. Woensdag 31 Augustus: Bid vir die beskerming en leiding van die Heilige Gees vir FEBA se Raad van Direkteure, die personeel en hulle gesinne terwyl hulle onder moeilike omstandighede werk om die koninkryk van God uit te brei. |


