Die NG Kerk Groot-Brakrivier voorsien al vir meer as 20jaar maandelikse kospakkies aan gisinne; tans bykans veertig gesinne. Die gesinne sluit beide mense in die Gemeente asook in die groter Groot-Brakrivier gemeenskap in. Vir die projek is daar beide finansieële skenkings asook skenking vanaf gemeentelede. Die verdere maandelikse behoefte vir die pakkies word aangevul uit die begroting van die Omgeebediening van die gemeente deur aankope by plaaslike besighede.
Lees meer “Omgeebediening: Kospakkieprojek”
