Sendingnuus: Makatini – Januarie 2024

Jammer dat ons so stil is aan ons kant. Reeds twee weke tuis. Ons het baie hard gewerk deur verantwoordelheid te neem vir die troue van Phumlani en Esther hier by ons in die tuin. (Phumlani en Esther is beide studente by die bybelskool te Baberton) Phumlani kom vanuit n heidense agtergrond en Ester vanuit n sterk christen huis in Zambië. Ek is so dankbaar dat Phumlani nou deel kan wees van n christen familie. Die familie vanuit Zambië het hier gekuier vir sowat n week.  Ek en die pa van Esther (nl Lawrence) het soveel in gemeen, daar hy sy MTh graad by UP behaal het. Jeanne en die ma van Esther (nl Susan) het net so baie in gemeen, daar sy hul kinders die grootste deel van hul skooljare tuisskool aangebied het. Dit is een van die mees geseënde gesinne wat ek nog ontmoet het. En die Here het alles voorsien vir die troue…. (storie op storie) 🙌🙌🙌