‘n Groep van 110 leerders van Wesvalia Hoërskool het ondersteunings werk in die Makhathini gemeenskappe gaan doen. Die groep het by Embangweni gewerk aan die Kerk en gehelp met onderhoud en fisiese werk waaroor die gemeenskap baie dankbaar is. Die Kerk is binne geverf en ‘n kruis teen die agterste muur met die teks: “Wie die Seun het het die lewe…” (1 Joh. 5: 12) is aangebring om die Kerk op te vrolik. Daar is draad gespan met ‘n hek; asook ander noodsaaklike onderhoudswerk is gedoen.
Daar is ook by Zama Zama prettige aktiwiteite saam met die kinders van die gemeenskap gedoen. So kan ook jong mense ‘n bydrae maak in die uitbou van God se Koningkryk op ‘n manier wat hulle insig in die lewe verryk en kan verander. Bande word gebou in die Koninkryks gemeenskap deur hierdie sending-praktyk op ‘n baie praktiese manier en in ‘n wêreld wat dit so nodig het.




















