Vandag – Sondag 27 Augustus 2023 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Nadia Marais wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 8: 1-11.
Die tema van die prediking is: Stenig haar!
• Bybelsondag.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Bybelgenootskap by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 30 Augustus 2023 :
• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 3 September 2023 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Nasionale Biddag vir Dowes.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Bediening aan die Dowes by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.
- Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir September 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike vir die derde kwartaal geskied op 6 & 20 Sep. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
• Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 100 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en na 16 Augsutus se bediening is ons vriekaste dolleeg. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Ons benodig van tyd tot tyd hulp met die fisiese uitdeel van die boodskap, sop en brood as ‘n lid van die span siek, uitstedig of op die spesifieke Woensdag dit nie kan maak nie. Geliewe vir Emile Hurter by 082 554 1979 per WhatsApp of sms te verwittig, aangesien hy nie oproepe wat nie van een van sy gelyste kontakte kom, antwoord nie. Hy sal u dan kontak.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Omgeebediening :
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Groot-Brakrivier Kindersorg
Groot-Brakrivier Kindersorg bied ’n Spogtee aan ter stuiwing van hul fondse. Hulle is ’n nie-regering organisasie wat op eie fondse aangewese is.
’n Tafel kan teen R1 000 “gekoop” word en maak voorsiening vir 10 mense.
Belangstellendes wat ’n tafel wil koop kan vir Carmi by die kerkkantoor skakel.
Klub 50
Klub 50 lede word uitgenooi om op Woensdag 6 September of Donderdag 7 September
‘n wildsrit by Indalu mee te maak en daarna ‘n ete by Hokaai restourant te geniet.
Datum: Woensdag 6 September OF Donderdag 7 September
Plek : Voor ingangshek by Indalu om 10:30vm
Reël asb eie vervoer/saamry onder mekaar
Koste: Lede betaal R200 elk
Navrae: Estelle Uys – 072 675 6696, Marie Snyman – 082 229 8316,
Johan Snyman – 083 736 5747, Faan Muller – 084 870 3236.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA in Suidoos-Asië
FEBA gebruik allerhande kanale en tegnologie om die Boodskap te versprei, of dit nou sonkrag-radio’s of sosiale media is. Gospel Speaker Boxes is sover besonder effektief onder etniese groepe in Suidoos-Asië. Elke toestel bevat meer as 130 uur se vooraf-gelaaide programme sodat mense daarna kan luister wanneer hulle wil.
Ons gebed vir die week: Bid dat God genoeg klanktoestelle sal voorsien om elke siel in Suidoos-Asië te bereik, en dat siele gered sal word deur wat hulle hoor.
Versoek – Hondekos
Daar is ‘n groot behoefte aan hondekos in ons gemeenskap. Indien dit op u hart gelê word, wil ons u versoek om asb droë hondekos te skenk.
U kan dit by die deure in die ingangsportaal van die kerk los met eredienstye of by die kerksaal kom afgee gedurende kantoorure.
Kontak Linda – 082 899 0643
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
27 Augustus 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 27 Augustus 2023.
- Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Vissers van mense.” - Getuienisbediening:
a) Botswana: 9de Tsabong Missionale-konferensie. Ds TC du Toit gee vir ons terugvoer. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
SUIDKERK VIER DANKFEES ! Mosselbaai-Suid Gemeente hou weer op Vrydag, 1 September 2023, vanaf 17:00, ‘n lekker basaar op hulle kerkgronde te 15de Laan. Dit beloof om – soos in die verlede – ‘n heerlike feesgeleentheid met talle verrassings te wees.
Daar sal onder andere heerlike aandetes, soos skaapkerrie, kerrie vetkoeke en jafels ook verkoop word. Etes moet asseblief vooraf bestel word en wel vóór 27 Augustus.
Ons kantoor is 07h30 tot 12h30 oop en u kan 044-6903552 skakel.
Ons nooi almal in die gemeenskap om ‘n lekker basaar saam met ons lidmate te kom geniet! Bring u vriende en familie saam en kom kuier lekker saam met ons, terwyl die kinders hulle behoorlik geniet saam met hulle maats!
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


