Japan: Elmar en Nadine einde April 2022

Elmar en Nadine Baba

Konnichiwa Nuusbrief  
こんにちは Liewe ondersteuner,Soos ons paasfees gevier het, was ons net weerens herrinner aan die kosbare kruis van Jesus. Die boodskap van die kruis wek ‘n dieper verlange om weer terug te keer na Japan in ons harte op. Na amper drie jaar wat ons in Japan gewoon het, is ons meer as ooit oortuig van ons roeping asook die dringendheid van arbeiders op die sendingveld. Ons is gereeld in kontak met mede-sendelinge wat in Japan woon. Dit maak ons opgewonde om te hoor van al die werk wat die Here besig is om in Japan te doen. Sendelinge het nuwe en kreatiewe bedienings waardeur hulle Japanese mense uitnooi om Jesus te leer ken as hulle Heiland. In die konteks van Japan is dit uiters belangrik om op kreatiewe maniere evangelisasie werk te doen aangesien die meerderheid van Japannese mense selde of selfs nooit die ingang van ‘n kerk betree nie.

Lees meer “Japan: Elmar en Nadine einde April 2022”

Gemeentebrief 26 April 2022

shallow focus of letter paper

26 April 2022
Goeie môre gemeente,
Die evangelie verkondig die boodskap dat Jesus Christus die Here is. Dit word beklemtoon in die Paasgebeure met die opstanding uit die dood en verskyning van Jesus Christus aan talle getuies. Ons deel in die skare getuies van gelowiges wat gereeld ons geloof in die Opgestane Christus bely. Ons hoop is op Hom gerig en in Hom gesetel. Mag ons dit gereeld met mekaar en die wêreld deel.

Lees meer “Gemeentebrief 26 April 2022”

Gebedsgids Mei 2022

Gebed Vroue

Ef. 6 : 18.  Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.

Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

Sondag 1 Mei                                                Arbeidsondag.

Dis arbeidsondag. Kom ons bid vir die werkloosheidskrisis waarin ons land verkeer. Dat
Ons owerhede met wysheid besluite sal neem wat werkskepping tot gevolg sal hê.
Ons offers gaan vandag  vir die Magdalena Huis; bid dat hul werk geseënd en tot heil van die Koninkryk van God sal wees. 

Lees meer “Gebedsgids Mei 2022”

Afkondigings 24 April tot 1 Mei 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Ned. Geref. Kerk  Groot-Brakrivier

24 April – 1 Mei 2022                                                                             

Vandag – Sondag 24 April 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Johannes 21 vers 1 tot 19. Die tema van die prediking is: ‘n Herinnering wat jou stroop?
  • Spesiale deuroffer gaan vir die Christelike Afhanklikheidsdienste (CAD).
  • Kategese om 09h00.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.  U is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.  ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

Gebedsgidse

Gebedsgidse vir Mei 2022 is beskikbaar in die voorportaal. 

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.

Tillie is met verlof en is eers weer Woensdag, 4 Mei 2022 terug op kantoor.

Sondag – 1 Mei 2022 (Sinodale bid en dankdag)

  • Geen Kategese.
  • Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
  • Prediker:  Ds. Basie Fourie
  • Doop.
  • Spesiale Offer vir die Magdalenahuis.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.

  • Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.
  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Omgeebediening

Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

U is welkom om ‘n bydrae te maak.  Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.

Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure. 

Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Ds. Paul en Hettie – afskeid

Ds. Paul en Hettie se afskeid word Sondag 8 Mei 2022 gehou.

Dankfees – 14 Mei 2022

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam.  Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

  • Pannekoek tafel:
    Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).

Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.

  • Gebak:
    Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).

Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 Mei 2022.  Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.

  1. KERRIE-EN-RYS:  250 ml @ R15 & 500 ml @ R30

            Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /

      Corita du Preez – 084 265 9487

  • JAFFELS @ R20 ELK:  Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis.  Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
  • BOEREWORSROLLE @ R20 ELK: Corrie Pieters – 082 327 9527
  • ROOSTERKOEKE:  Heel @ R10 elk / Konfyt @ R15 elk / Konfyt & Kaas @ R20 elk / Hoender Mayo @ R20 elk.  Daar sal ook slap chips te koop wees.  Amelia – 072 975 0917

Vir die volgende tafels is geen bestellings nodig nie. Julle kan elke tafel besoek en koop volgens jul behoefte.

  • PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476
  • SOSATIES @ R18 elk: Asb geen bestellings! Pieter Lourens – 073 138 7363
  • VLEIS:  Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
  • GEBAK:  Liana Boshoff – 084 764 6155
  • GROENTE:  Robert Crause – 071 243 9181
  1. WIT OLIFANT:  Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer.  Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring.  Annalene de Swardt – 082 495 5011
  1. KINDERTAFEL:  Pauline Richards – 079 557 8591

POEDING:Elmari Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)

SATERDAG, 7 MEI 2022, OM 19:00 IN DIE NG KERK REEBOK   KOSTE: R100
 
Moenie hierdie heerlike musiek-bederfaand (ten bate van die NG Gemeente Reebok se Ontwikkelingsfonds) saam met Helene Bester misloop nie.
 
Maak seker dat jy ‘n kaartjie kry by die kerkkantoor tydens kantoorure, of skakel 044 696 6685

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          ‘ 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

Missie Japan – 20 April 2022

Missie Japan 2022-04

Beste Ondersteuner
 
So ‘n vae gevoel van ontevredenheid … wat laag-laag lê. Dit krap hier, en skaaf daar… jy probeer dit peil en die bron daarvan vind. Jy probeer dit weg “entertain”… maar dit kruip altyd weer terug.   
 
Ontevrede … onvergenoegd. Maak nie saak wat die bron daarvan is nie … dit gebeur meestal omdat ons op onsself fokus. Ek fokus op wat EK ontvang. Die produk van MY werk – wat EK vermag het. Of die terugvoer wat EK kry nadat ek baie tyd en moeite in iets ingesit het. En wanneer die uitset skraal blyk te wees en wanneer die terugvoer meestal afwesig is, of ek nie ontvang wat ek dink ek behoort te ontvang nie, dan is ek ontevrede en onvergenoegd.

Lees meer “Missie Japan – 20 April 2022”

Missie Japan Nuusflits – 13 April 2022

Missie Japan Kobe

Beste Ondersteuner,
 
Lente-groete uit Kobe! Net ‘n paar gedagtes van hier voor jy die Paasweek ingaan. 
 Die RCJ (Reformed Church in Japan) Westelike Ring se 34 gemeentes vergader vandag, in Groot Lydensweek. Baie verhale en gebeure word gedeel. ‘n Jong nuwe leraar is aangestel by ‘n gemeente wat vier jaar lank moes wag om hom te kon beroep. ‘n Ander gemeente getuig van hulle pyn en worsteling na hul predikant se bediening gestop moes word omdat hy internet preke misbruik het. In sy plek kom ‘n nuwe leraar wat self deur erge swaarkry is a.g.v. (verbale/emosionele) magsmisbruik in sy vorige gemeente. 

Lees meer “Missie Japan Nuusflits – 13 April 2022”

Nuusflits van Feba Radio – 20 nuwe luisteraarsklubs!

Feba Radio April 2022

“Hulle (die klublede) word nie negatief deur die omstandighede beïnvloed nie, aangesien die betrokke voorval daartoe bygedra het dat húlle ook die waarheid kon vind – die waarheid wat net in Jesus alleen gevind kan word. Dit is daarom dat baie mense die optrede van die jong vrou inspirerend vind en deur dit bemoedig word. Baie luisteraars reageer daarom op die programme wat in die gebied uitgesaai word.” – Ds Amos Siyabu

Lees meer “Nuusflits van Feba Radio – 20 nuwe luisteraarsklubs!”

Nuusflitse Week 16+ van 2022

Nuus Flitse
  • Ds. Paul en Hettie – afskeid  Ds. Paul en Hettie se afskeid word Sondag 8 Mei 2022 gehou.
  • Blokbyeenkoms – 20 April 2022 Blok 9A (Reebokhoogte)
  • Sondag – 24 April 2022 Kategese om 09:00. Erediens vind plaas om 10:00 in die Prediker:  Ds. Danie Goosen. Doop.
  • Wolwedans boodskap, sop en brood bediening. Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 20 April, 4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.
  • Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 23 April 2022
  • Dankfees – 14 Mei 2022
  • Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

Afkondigins 17 – 24 April 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 17 April 2022 (Paasfees):

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan

Dr. Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.

  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Mark 16:1-8. Die tema van die prediking is: Julle soek verniet.
  • Spesiale deuroffer gaan vir die Teologiese Kweekskool.
  • Geen kategese.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
https://www.nggrootbrak.co.za

Gebedsgidse
Gebedsgidse vir April 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.

Tillie is met verlof en is eers weer Woensdag, 4 Mei 2022 terug op kantoor.

Blokbyeenkoms – 20 April 2022

Blok 9A (Reebokhoogte) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Johan & Philene Smit (Cowriesingel 15, Tergniethoogte)

084 500 4296.

Sondag – 24 April 2022

  • Kategese om 09:00.
  • Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
  • Prediker:  Ds. Danie Goosen.
  • Doop.
  • Spesiale Offer vir die Christelike Afhanklikheidsdienste.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.

  • Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 20 April,

4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.

  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Woensdag, 6 April, se uitreik na Wolwedans was gesëend en kon ons weer vir 80 gesinne bedien met die Goeie Boodskap, sop en brood, danksy die goeie ondersteuning van ons gemeentelede met die deurlopende voorsiening van sop.

Foto’s van waarmee die dames van die naaldwerkprojek tans besig is, is in die voorportaal vir besigtiging.

Omgeebediening

Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

U is welkom om ‘n bydrae te maak.  Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.

Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure. 

Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Ds. Paul en Hettie – afskeid

Ds. Paul en Hettie se afskeid word Sondag 8 Mei 2022 gehou.

Probleme met die kerkorrel:

Die kerkraad het kennis geneem van probleme met ons kerkorrel.  Kundiges het dit ondersoek en ’n kwotasie vir die herstel is aan ons voorgelê. Volgens beleid moet ’n tweede kwotasie verkry word. Hierdie kwotasie sal ons ongelukkig eers gedurende Mei-maand kan kry weens die skaarsheid van kundiges. Ons is derhalwe verplig om intussen van ons klavier gebruik te maak vir begeleiding.

KLUB 50+

Klub 50+ het baie lekker braai gehou Woendag, 6 April, (Van Riebeeck dag) tenspyte van die weer. Baie dankie vir almal se hulp, bydrae en teenwoordigheid.

Ons volgende uitstappie vind plaas in Mei maand na ‘n wildplaas.

Kontak vir Mariana van Huyssteen (082 922 9291).

Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 23 April 2022 

Almal is welkom om saam te kom kuier op Brandwag vir ‘n feestelike boerebasaar op die kerkgronde.

Vanaf 09:00 is alle buite stalletjies oop.

Om 10:00 open die gebak en om 11:00 die vleistafels in die kerksaal.

Bring u vriende saam en kom deel in ons dankbaarheid en kom geniet ‘n heerlike kuiertjie op Brandwag.  

Dankfees – 14 Mei 2022

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam.  Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

  • Pannekoek tafel:
    Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).

Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.

  • Gebak:
    Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).

Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 Mei 2022.  Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.

  1. KERRIE-EN-RYS:  250 ml @ R15 & 500 ml @ R30

            Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /

      Corita du Preez – 084 265 9487

  • JAFFELS @ R20 ELK:  Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis.  Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
  • BOEREWORSROLLE @ R20 ELK: Corrie Pieters – 082 327 9527
  • ROOSTERKOEKE:  Heel @ R10 elk / Konfyt @ R15 elk / Konfyt & Kaas @ R20 elk / Hoender Mayo @ R20 elk.  Daar sal ook slap chips te koop wees.  Amelia – 072 975 0917

Vir die volgende tafels is geen bestellings nodig nie. Julle kan elke tafel besoek en koop volgens jul behoefte.

  • PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476
  • SOSATIES @ R18 elk: Asb geen bestellings! Pieter Lourens – 073 138 7363
  • VLEIS:  Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
  • GEBAK:  Liana Boshoff – 084 764 6155
  • GROENTE:  Robert Crause – 071 243 9181
  1. WIT OLIFANT:  Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer.  Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring.  Annalene de Swardt – 082 495 5011
  1. KINDERTAFEL:  Pauline Richards – 079 557 8591
  1. POEDING:  Elmari Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          ‘ 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

Klub 50 se braai op 6 April

Paasfees Program

Goeie Vrydag – 15 April 2022
07:00 YouTube nagmaal videodiens
08:00 Meditatiewe nagmaal – kerkgebou
(Persoonlike bepeinsende nagmaal, geen preek nie)
10:00 Erediens en nagmaal in die kerkgebou (Ds. Danie Goosen)

Sondag 17 April 2022 – Paasfees
Geen Kategese
06:30 Sonsopkomsbyeenkoms by Suiderkruisstrand
Ds. Danie Goosen
(Bring eie stoel, kombers saam)
10:00 Erediens in kerkgebou – Dr. Frans Hancke

Paasviering as passiewe protes – Kerkbode

Paasfees - Kerkbode

Die Christelike Sondag se wortels lê in Paasfees, die fees waar lewe uit die dood verrys. Elke Sondag is ’n Paasfees, dus nie die sewende dag nie, maar die agtste dag, oftewel die eerste dag van die nuwe, die dag van lewe uit die dood, van moontlikheid, van herskepping. En al die Sondae van die jaar kring vanaf Paasfees uit soos vanaf ’n episentrum. – So skryf Prof Cas Wepener … lees die volle artikel hier.

Lees meer “Paasviering as passiewe protes – Kerkbode”

Oekraïne: Michelle Potgieter

Liewe familie en vriende 

Vanaand is ‘n koue en reënerige aand in Reni. Dit was ‘n stil dag. Niemand mag uit hulle huise gaan nie. Van Vrydagaand tot Maandag oggend moet almal in die Odessa streek binnenshuis bly. Hulle verwag ‘n lug aanval oor die naweek.
Ons kry af en toe waarskuwings op ons telefone “The Government of Ukraine has issued an air raid alert in your region.” Maar die Here is ‘n muur van vuur om ons en my geloof is sterker as ooit in die Here. Ek weet dat Sy vlerke oor ons is daarom sal ons vanaand rustig slaap. 

More sal dit ses maande wees wat die Here vir Ockert kom haal het.  Soveel het gebeur. Ons lewens is omgekeer. Party dae mis ek hom so dat dit ondraaglik is. Donderdag het ek vir Cilliers en Tanya gaan groet voor hulle Duitsland toe vertrek het. Ek stop die kar weer voor ons huis en sit die ligte af. Terwyl die musiek speel sit ek in die donker en kyk. Nou is ons net drie. Ek, Ivan en Benjamin. Ek sit en kyk na die huis hoe ons 26 jaar hier soveel herinneringe gehad het. Die herinneringe speel soos films voor my af. Hoe ons babas in die arm in en uit die hekkie gegaan het. Vyf kinders, kleuters, babas en dan tieners. Hoe ek en Ockert in die stof straat hand aan hand geloop het. Die blydskap oor elke roos wat in die voortuin blom en die rose wat tot bo ons kamervenster rank. Nou is die roosboom se takke nog lewensloos in die koue. Terwyl ek so in die donker sit en huil, voel ek net die Here se teenwoordigheid by my in die motor. Hy vat die seer weg en vertroos my en droog elke traan af. Hy is so naby aan die wat hart gebroke is. Nader as ooit. 

Die volgende oggend gee Hy nuwe vreugde en ons maak kos vir die vlugtelinge, deel kospakkies uit aan gesinne wat swaar kry.

Hulle se dat daar meer as 15000 vlugtelinge in Reni is. Reni is ‘n toevlugsoord! Ons ontvang elke dag vlugtelinge in ons kerkgebou en maak gratis etes. Ons sit by die tafels en luister na hul stories van hoe hulle gevlug het. Baie keer is dit net met die klere aan hul lywe. Ons gee klere, kos en verblyf. Almal in die gemeente help. Ons nooi hulle kerk toe en hulle kom. Van die mense geuig hoeveel genesing hulle ontvang het. ‘n Vrou vertel hoe sy en haar man en kindertjies gevlug het. Dit was so erk dat sy in die kar flou geword het. Ons het ook warm etes na die grenspos geneem waar vlugtelinge tot drie dae wag om die land te verlaat. Dit is ‘ voorreg om nou hier te kan wees.

Die week het ‘n ander gesinnetjie gekom met twee klein kindertjies. Die twee jarige dogtertjie het ‘n seldsame sindroom wat net 70 mense in die wêreld ooit gehad het. Sulke kindertjies lewe net tot twee of drie jaar oud. Sy weeg maar 6kg en kan nie loop nie. Ek het nog nooit voorheen ‘n baba gesien wat soveel vreugde uitstraal nie. Sy wil net drukkie gee en lag altyd. Die mamma vra hulp indien enige iemand van dokters weet wat met sulke kindertjies werk sodat sy behandeling kan kry. Nou met die oorlog kan hulle amper na enige land gaan as vlugtelinge. 

Mari-Alena is veilig terug in  Suid-Afrika. Cilliers en Tanya is veilig in Duitsland. Hannes-Joshua en Anastasia is oppad Amerika toe, hulle wag nog vir hul christelike werkers visums. En ons drie is veilig in Reni. Pappa Hannes en mamma Magda is veilig in Santa Rosa, Kalifornië. 

Baie dankie dat julle bid en intree. Dankie vir elke boodskap en bemoediging. 

Baie dankie vir elke bydrae en hulp. Ons waardeer dit oneindig baie. Vergewe asseblief as ek lank vat om boodskappe te antwoord. Ek is ver agter. Elke dag is ons besig van vroeg tot laat. Elke aand het ons gebed by die kerk. Ons is so dankbaar vir elkeen van julle. Dankie dat julle ons arms hoog hou.

Die Here is my Rots en my veilige vestig. Ek sal niks vrees nie.

Die Here is met ons. Hy is getrou en goed. 

Baie liefde en seën