Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier
24 April – 1 Mei 2022
Vandag – Sondag 24 April 2022:
- Baie welkom by vanoggend se erediens.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit Johannes 21 vers 1 tot 19. Die tema van die prediking is: ‘n Herinnering wat jou stroop?
- Spesiale deuroffer gaan vir die Christelike Afhanklikheidsdienste (CAD).
- Kategese om 09h00.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Gebedsgidse
Gebedsgidse vir Mei 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.
Tillie is met verlof en is eers weer Woensdag, 4 Mei 2022 terug op kantoor.
Sondag – 1 Mei 2022 (Sinodale bid en dankdag)
- Geen Kategese.
- Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
- Prediker: Ds. Basie Fourie
- Doop.
- Spesiale Offer vir die Magdalenahuis.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.
- Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.
- Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne. Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.
U is welkom om ‘n bydrae te maak. Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.
Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.
Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.
Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
Ds. Paul en Hettie – afskeid
Ds. Paul en Hettie se afskeid word Sondag 8 Mei 2022 gehou.
Dankfees – 14 Mei 2022
Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
- Pannekoek tafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).
Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.
- Gebak:
Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).
Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 Mei 2022. Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.
- KERRIE-EN-RYS: 250 ml @ R15 & 500 ml @ R30
Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /
Corita du Preez – 084 265 9487
- JAFFELS @ R20 ELK: Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis. Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
- BOEREWORSROLLE @ R20 ELK: Corrie Pieters – 082 327 9527
- ROOSTERKOEKE: Heel @ R10 elk / Konfyt @ R15 elk / Konfyt & Kaas @ R20 elk / Hoender Mayo @ R20 elk. Daar sal ook slap chips te koop wees. Amelia – 072 975 0917
Vir die volgende tafels is geen bestellings nodig nie. Julle kan elke tafel besoek en koop volgens jul behoefte.
- PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476
- SOSATIES @ R18 elk: Asb geen bestellings! Pieter Lourens – 073 138 7363
- VLEIS: Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
- GEBAK: Liana Boshoff – 084 764 6155
- GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181
- WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011
- KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591
POEDING:Elmari Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 ‘ 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314