Kategese Afsluiting 2025

Die oggend van 9 November 2025 het die gemeente weer die voorreg gehad om die jongmense van die gemeente se afsluiting mee te maak.

Die kleiner kinders het sertifikate ontvang vir hul bywoning, en die Belydende Kategete kon ‘n kers aansteek om hulle te herinner om God se lig in die wêreld te wees.

Dit was ‘n mooi en vreugdevolle oggend wat afgesluit is met koek en drinkgoed in die Kerksaal. Ons bid God’s rykste seën op al die jongmense se pad vorentoe.

Praise & Worship: 22 Augustus 2025

Die Jeugbediening onder leiding van Ds Viljoen en Charles Smit, het op Vrydagaand, 22 Augustus 2025, ‘n heerlike aand gereël van sang en lofprysing.

Charles Smit het die verwelkoming behartig. Die Hartenbos NG Kerk se orkes het met wonderlike meelewende musiek die aand begelei en Ds Viljoen het die geestelike boodskap gebring.

Dit was ‘n aand om te koester. Die aand is afgesluit met heerlike koffie, tee en warm Sjokolade. Indien jy dit gemis het, kyk uit na die volgende keer. Dit was defnitief die moeite werd om by te woon vir jonk en oud!

Free Youth Counselling

Free Youth Couselling

We know that life can sometimes become overwhelming, particularly for young people.

You can find yourself often feeling like giving up over the Festive Season. If you are experiencing anxiety, stress or depression, or maybe you feel like giving up – we want you to know that help is available.

I am Youth, in partnership with Child Protection Hotline, has a team of trained and experienced counsellors who are here to listen and to support you. You don’t have to navigate any of these challenges alone.

So, we invite you to become a Wellness Warrior by talking to someone today. Send a WhatsApp text with the words Wellness Warrior to 076 037 6345. All conversations will be kept confidential.

Become a Wellness Warrior today.

Free Youth Couselling
Free Youth Couselling

Gesinskamp 2024

Die nuwe jaar het afgeskop met soveel opwinding. Ds Charne Viljoen het by ons aangesluit en ons is opgewonde om saam met haar te bedien en om ons kinders/jeug te help om self bedienend te wees. Daarom het ons die gesinskamp/jeugkamp by Harkerville gereël, waar almal welkom was om aan te sluit.

Vrydagmiddag, 15 Maart het almal by die kerk ontmoet en saam vertrek na Harkerville. Daar gekom, was die kinders in ekstase oor wie slaap waar en oor aandete. Elkeen kon hul eie burger bou. Die saal was gevul met besige lyfies en skaterlag. Ds Charne het die kinders betrek met bordspeletjies en die opwinding was groot. 

Saterdagoggend, na ontbyt, het almal, van groot na klein, die pragtige natuurskone staproete strand toe, aangedurf. Dit was n belewenis en selfs klein Emma het die roete saam met pappa voltooi.  

Terug by die kamp met al die moë lyfies, maar nie te moeg om so bietjie volleyball teen die ouers te speel of die yskoue water van die sprankelende swembad aan te durf nie, het die kinders baljaar, met mammas wat n veilige ogie hou. Terwyl die pappas in die agtergrond besig was om n lekker worsie te braai vir die worsbroodjies. 

Die aand was gevul met n kampvuur in die saal, pappas wat braai en mammas wat die slaaie en broodjies gereed kry. Na aandete was die saal opgehelder met samesang, begely deur oom Charles. 

Die volgende oggend, na ontbyt het almal vertrek. Dit was beslis n belewenis en ons sien uit na die volgende kamp!
Vicky Barnard 

Kategese opening 2023

Kategese Opening - NGK Groot-Brakrivier

Die jaar skop weg vir ons kategese met ‘n heerlike braai en kenmekaar geleentheid vir ons ouers, kinders en kategete. Ds. Danie Goosen het ‘n kort, treffende boodskap vir die Jeug gegee oor groei en hoe ons as Christene ook water nodig het, soos die plante, waarsonder niks kan groei nie. Daarna het Isabella Wolmarans, wat hard geywer het in die kerk se tuin die afgelope jaar, die kinders geneem om oor die plante in die tuin te gesels en hoe ons ook soos plante groei in God se tuin.

Ons Kategete vir die jaar is:

Lees meer “Kategese opening 2023”