Die Jeug-jaar 2024 afsluiting was ‘n pragtige geleentheid, met vier jongmense wat belydenis van geloof afgele het, en waar die jongklomp hulle Sertifikaate vir getroue bywoning ontvang het. Die Kinderdankoffer is as deel van die geleentheid ingesamel.
Lees meer “Jeug jaar afsluiting 2024”Belydenis van geloof 2023
Die NG Kerk Groot-Brakrivier se gemeente verwelkom die nuwe lidmate wat vandag hulle geloof by die erediens bely het. Hulle is elkeen ondersteun deur hulle familie.
Om belydenis van geloof af te lê, beteken dat julle bely wat julle ook met die hart glo, naamlik dat Jesus die Here is.
Lees meer “Belydenis van geloof 2023”Lief en Leed Week 45 van 2022
‘n Spesiale verwelkoming aan Ronike Steyn wat vanoggend belydenis van geloof aflê.
Belydenis van geloof 2021
‘n Hartlike woord van welkom aan ons nuwe belydendelidmate.
Om belydenis van geloof af te lê, beteken dat julle* met die mond bely wat
julle ook met die hart glo, naamlik dat Jesus die Here is. Dit is ‘n belofte wat
julle maak om alleen op Hom te vertrou, om te lewe volgens sy Woord, getrou
deel te neem aan die erediens en aan alle aktiwiteite van sy kerk, om te
volhard in die gebed en om God op alle terreine van die lewe deur woord en
daad te verheerlik.
Voorts beteken die openbare belydenis van geloof dat julle verklaar dat dit
julle opregte voorneme is om in hierdie belydenis te volhard en steeds daarin
te groei.
Belydenis van geloof 2020
Belydenis van geloof 2020
‘n Hartlike woord van welkom aan ons nuwe belydendelidmate.
Lees meer “Belydenis van geloof 2020”
