Theuns Jordaan – Gebed van Koos Doep (Met Lirieke)

Gebed

YouTube –    / @theunsjordaan9907  
Facebook –   / theunsjordaanpage  
Instagram –   / theunsjordaan  

Gebed (‘Prayer’)

Woorde en musiek deur Koos du Plessis

Lirieke:

Laat my nooit die grond verlaat nie.
Laat my in U skadu bly.
Gee dat elke aard se vreugde en vrees
eind’lik nietig word vir my.

Elke afdraaipaadjie ken ek.
Elke keer het ek gedwaal.
Elke keer het U my iewers kom haal.
Maak dit Heer, die laaste maal.

Elke dag is ‘n gedagte.
Elke kamer net gehuur.
Elke aardse droom van rykdom en roem,
net ‘n skadu teen die muur.

Wat ek is, is net genade,
wat ek het is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my, Heer vanaand daarheen.