Stof tot nadenke: God se Gees

“Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees.”
Joh. 6: 63

In die geskrewe woord van Johannes, die geliefde dissipel van Christus, word Christus se eie woorde weergegee. Christus wat ons verseker dat ook Hy self het onder die leiding van die Gees hierdie aarde bewandel het. Dit is nie vir ons mense moontlik om deur eie wil of krag vir ander mense te probeer lief wees en die wet te onderhou nie nie.

Ons kan dus slegs deur die lewend gewende leiding, bystand, ondersteuning en hulp van God se Gees in geloof wandel. Ons kan nie op ons eie kragte en intelligensie staat maak om God te volg nie. Dis alleen deurdat God ons nader trek, God wat ons uitgekies het om Sy volgelinge te wees, wat vir ons die Heilige Gees gee om ons by te staan in moeilike tye, sodat ons die lewe kan hê. Die lewe wat ons dring om tot eer en verheerliking van God alleen te lewe.

Dis dus alleen deur die krag van die Heilige Gees dat ons sterk genoeg is om staande te bly in hierdie wêreld wat ons probeer intrek en vernietig. Waar die tydelike so ‘n belangrike rol speel dat mense lewens niks werd geword het nie. Waar mense dink dit is reg om ander te vernietig as gevolg van jaloesie en sinlose begeertes; deur hulle te boelie, sleg te praat, te besteel, te moor en oorlog te maak.

“Die Gees is die waarborg van ons erfenis, om ons los te koop as God se eiendom, tot lof van sy heerlikheid” Eff. 1: 14. Mag jy elke dag biddend die Heilige Gees vra om jou leidsman te wees deur die dag!