Vandag – Sondag 22 Mei 2022:
- Baie welkom by vanoggend se erediens.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit Markus 5. Die tema van die prediking is:
Is God werklik in beheer? - Kategese om 09:00.
- Spesiale offer vir Ramot by die deure.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
Dankfees
- Ons is die Here opreg dankbaar vir ’n suksesvolle dankfees. Die bedrag van
R260 717 is ingesamel wat ’n styging van R22 239 teenoor verlede jaar se bedrag van R238 478 reflekteer. - Ons dank aan elkeen wat betrokke was by die dankfees. Opregte dank vir elkeen se samewerking en harde werk.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir Mei 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.
Blokbyeenkoms – 25 Mei 2022
Blokke 10B (Tergniet-Sentraal) en 10C (Tergniet-Wes) se gesamentlike blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Maja Wagener, Steenbrastraat 18,Tergniet). Kontak: Johan (081 378 3574) en Maja (083 476 6147).
Hemelvaartdiens – 26 Mei 2022
Hemelvaart : Aanddiens om 18:00.
Sondag – 29 Mei 2022
- Kategese om 09:00.
- Prediker: Prof. Ian Nell.
- Deuroffers tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
- Pinksterdiens om 18:00

Pinkster 2022
Die vorming vir die lewe:
Geestelike rigtingwysers vir die lewe van elke dag
In ‘n kultuur met soveel stemme wat roep vir ons aandag is dit dikwels moeilik om op die geestelike kant van die lewe te fokus en tussen al die stemme God se stem te hoor. Covid-19, werk, finansies en heelwat onsekerheid oor die toekoms is maar van die aspekte wat dreig om ons daagliks te oorweldig. Die doel van hierdie reeks is om ‘n alledaagse spiritualiteit te ontwikkel wat vir ons kan ondersteun om koers en rigting te hou en hopelik ook help om betekenis te gee aan ons besige en vol lewens. Daar sal telkens by ‘n spesifieke geestelike rigtingwyser stil gestaan word wat ons help om te sien hoe ons deur God gevorm word en self vorm gee aan ons lewens.
Onderwerp Vorming Teks
- Gesigte en stemme die vorming van ons harte 2 Kor 3:12-18
- Roeping en drange die vorming van ons begeertes Luk 3:21-22; 4:1-13
- Deugde en wysheid die vorming van ons karakters Ef 3:14-21
- Geheime en dissiplines die vorming van ons siele Matt 6:1-15
- Om vorm te verloor misvorming deur lyding en dood Ps 22:1-12
Pinksterprogram Sondag – 29 Mei 2022 tot 2 Junie 2022
| So. 29 Mei | 10h00 | Kerkgebou | Prof. Ian Nell |
| 10h00 | Groenkloof | YouTube uitsending | |
| Ma. 30 Mei | 10h00 | Groenkloof | Prof. Ian Nell |
| 18h00 | Kerkgebou | Prof. Ian Nell | |
| Di. 31 Mei | 10h00 | Groenkloof | Prof. Ian Nell |
| 18h00 | Kerkgebou | Prof. Ian Nell | |
| Wo. 1 Junie | 10h00 | Groenkloof | Prof. Ian Nell |
| 18h00 | Kerkgebou | Prof. Ian Nell | |
| Do. 2 Junie | 10h00 | Groenkloof | Prof. Ian Nell |
| Deuroffers tydens Pinkster gaan vir die Bybelgenootskap. Na die aanddienste sal ons ‘n koppie sop geniet in die saal. |
Kerkraadsvergadering – 17 Mei 2022:
- Tydens die kerkraadsvergadering gehou 17 Mei is die volgende persone tot die kerkraad verkies:
Bles de Wet – Voorsitter Erediensbediening.
Annatjie Janse van Rensburg – Ouderling Blok 6A
Willem du Preez is verkies as voorsitter van die kerkraad.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduur-gare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.
- Die datums vir die tweede kwartaal se uitreike is 1,15 & 29 Junie 2022.
- Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Makhatini Ds. Louwrens van der Westhuizen en drie van sy medewerkers besoek ons op Maandag 30 Mei 2022 en gaan die Pinsterdiens bywoon en saam sop en broodjies geniet daarna. Mag hulle ons gasvryheid geniet met hulle besoek.
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne. Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.
U is welkom om ‘n bydrae te maak. Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.
Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.
Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.
Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 ‘ 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



