Afkondigings 4 – 11 Februarie 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 4 Februarie 2024 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ons nuwe leraar, ds Charné Viljoen en haar gesin wat vanoggend by ons ontvang word.
• Bevestiging en intreepreek - ds Charné Viljoen.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Plaaslike Bejaardesorg by die deure.
• Tee en verversings sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 7 Februarie 2024 :

• Kooroefening - 17:00 by die orrel. Marida - 082 471 0751. 

Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 4A (Pine Creek & Bo-Langstr.) en 4B (Onder-Langstr tot Kiewietlaan) by Gert & Riana Briers, Kiewietlaan 18

  • 081 039 8854

Sondag 11 Februarie 2024 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Nagmaal.
• Doop.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

gebedsgids :
Ons benodig mense wat kan help met die opstel van maandelikse gebedsgidse. Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke 4de maand) om ’n gebedsgids op te stel, dit kan oor enige onderwerpe handel.
Indien u graag wil betrokke raak skakel Mona de Wet – 084 628 2866.

Gebedsgidse vir Februarie 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar en ons wil weer die gemeente uitnooi om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop (resep hieronder), ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week. Na 31 Jan se uitreik is ons vrieskaste weer dolleeg.
Die oorblywende datums vir die eerste kwartaal is 14 & 28 Februarie
en 13 & 27 Maart. By voorbaat baie dankie aan julle getroue ondersteuning.

Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,
150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar
te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

    U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
    ◦ Daar is tans ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae akakel asb vir Aletia – 084 783 1308.

Aanlyn Werkswinkel deur Frontiers SA
Hierdie geleentheid van “Sharing your Faith with a Muslim” word gratis aanlyn aangebied via Zoom op 8, 15, 22 en 29 Feb om 19:00-20:30.
Die inhoud dek die Islamitiese geloof sisteem, wêreld siening, God se hart vir alle mense, kruis kulturele interaksie, hoe om angs te oorkom, getuienisse sowel as vrae en antwoorde. Die skakel is: https://docs.google.com/forms/d/1ZsQRHL0O4zZQ8s2RBwruYQdvOzOULTv-FRxHpkhzlmw/edit (indien u die skakel telefonies wil ontvang – kontak die kerkkantoor)

• JEUG :

Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00. Indien u enige verdere inligting verlang skakel asb vir Vicky Barnard – 083 500 5687.

Omgeebediening : 
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Verjaarsdae 2024

4 Februarie – Jan Coertze, Ina Janse van Rensburg, Kosie Lombard, Reneé van Staden.
5 Februarie – Cathy Patterson, Anina Serfontein, Kobus Serfontein, Maja Wagener.
6 Februarie – Alta de Jager, Luandré Krause.
7 Februarie – Johan Lourens, Retha Visser.
8 Februarie – Tillie Botma, George Marx, Elmari Olsen, Susan Pretorius, Petro van der Ende, Rona von Benecke.
9 Februarie – Johann Botha, Louis Fourie, Tanya Krause.
10 Februarie – Bettie Hattingh, Linda Rautenbach.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Indië

Tot op hede is Indië se anti-bekeringswet reeds in elf state ingestem. Teoreties is die wet veronderstel om mense te beskerm teen bekering deur geweld of bedrog. In praktyk word dit egter gebruik om Christene te teister terwyl hulle kerk bywoon of Bybelstudie hou. Die goeie nuus is egter dat mense in hierdie state steeds na FEBA Indië se uitsendings kan luister.

Ons gebed vir die week: Bid dat die wet aangepas sal word om Christene meer vryheid te gee, en bid dat FEBA Indië se programme luisteraars sal troos en leer totdat hulle weer veilig kerkdienste kan bywoon.

Klub 50

Klub 50 nooi u na die Openingsvergadering op

Woensdag 7 Februarie om 10:00 in die kerksaal.

Bring asseblief ‘n bordjie eetgoed saam.

Nuwe lede is baie welkom.

Estelle Uys – 0726756696‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

Klub 50 is gestig vir afgetrede gemeentelede wat graag op ’n gesellige manier wil vergader om saam te kan uithang en nuwe kenisse te maak.

Ons betaal jaarliks ledegeld en reël ook funksies waardeur ons fondse insamel om aan die einde van die jaar ’n afsluitingsete en ook ander funksies te subsidieer.

Ons probeer ook uitstappies reël vir almal om te geniet. Jul bywoning met funksies sal help bepaal wie aan wat belangstel. Ons stel ’n jaarprogram op en lede word aangemoedig om soveel moontlik by te woon.

Ons vergader die 1ste Woensdag van elke maand (Feb-Nov) en sluit die jaar af met ’n algemene jaarvergadering, lede word aangemoedig om dit by te woon, want hier word verslag oor die funksies en finansies bespreek. Ons kies elke twee jaar nuwe bestuur.

Onthou om die kerk afkondigings dop te hou vir verdere besonderhede.

Estelle Uys – 0726756696‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

Dankies

B loedskenking :

Die bloedskenking op 25 Januarie 2024 het 67 volpinte bloed opgelewer.

Baie dankie vir die mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
4 Februarie 2024

1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 4 Februarie 2024. Die diens word eers Sondag 4
Februarie opgeneem en sal so spoedig moontlik daarna versprei word.
Teken in op die webwerf se YouTube kanaal deur te druk op die skakel van die
erediens en ook vir ons ‘n aanduiding (‘like’) te gee of u daarvan gehou het.
2. Getuienisbediening:
a) Nuusbrief van Makathini.
b) Week se Nuusbrief van Lynette van Madagaskar.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Eensgesindheid?”
  2. Gemeente nuus:
    Die gebedsgids vir Februarie is beskikbaar.
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314