Afkondigings 8 – 15 Desember 2024

Afkondigings

Sondag 8 Desember 2024 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 1: 18-25.
  • Die tema van die prediking is: Drie Kersfees misteries.
  • Tweede Advent.
  • Sinodale offer vir BADISA by die deure.
  • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.

Vrydag 13 Desember 2024 :

  • Kerkkantoor sluit.

Sondag 15 Desember 2024 :

  • Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.
  • Doop.
  • Derde Advent.
  • Spesiale offer vir Paarl-Skool (Brackenfell) by die deure.
  • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • GEEN Groenkloof preek om 10:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Desember 2024 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Bybelblokraai :

Bybelblokraai antwoorde vir nommer 15 & 16 en Bybelblokraai nommer 17 & 18 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Die kerk se kombuis het ‘n deurlopende behoefte vir leë roomysbakke wat vir sop/oortollige kos gebruik word.

Indien u het om te skenk kan u dit asb gedurende kantoorure by die kerk kom afgee. Baie dankie vir u ondersteuning.

Getuienisbediening :

  • Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 105 gesinne elke 2de week. Die laaste uitreik vir die vierde kwartaal is 11 Des. Ons gaan die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.

Ondersteuningsgroep :

O ns groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit. Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA China

Die mense in China honger na hoop. Stygende werkloosheid en ekonomiese swaarkry dryf baie om hulp by Boeddhistiese gode te soek. Hierdie wanhoop eis ook sy tol in gesinne en egskeidings raak meer algemeen. FEBA China het ’n gesinsbediening begin om hierdie behoefte aan te spreek, met programme wat ouers leer hoe om daagliks Christelike oordenkings saam met hul kinders te doen, en pod-sendings wat egpare leer om ’n huwelik met Christus as middelpunt te kweek.

Ons gebed vir die week:Bid dat FEBA China se gesinsbediening genesing vir gesinne reg oor die land sal bring.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

8 Desember 2024

  1. Erediensbediening:

Skakel na die YouTube Erediens van 8 Desember 2024.

  1. Getuienisbediening:

Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.

3. Bybelstudiereeks:

  1. Die laaste gedeelte van ‘Rut – Kruispaaie – Obed se Kruispaaie’, deur dr Gerrie
    • van Deventer, is 6 Desember beskikbaar.
  2. Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Ons kragbron”.

4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624

Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Bybelstudie Rut – Kruispaaie: Obed se kruispaaie – Dr. Gerrie van Deventer

Bybelstudie RUT Dr. Gerrie van Deventer

Inleidend

Vandag kom ons by die ontsluiting van die kortverhaal van Rut. Dis die verhaal van ‘n klein familie wat byna in totale uitwissing eindig nadat Naomi se man, Elimelek, en sy twee seuns, Maglon en Kiljon, op die kruispad van die familie sterf! Die probleem van ‘n kinderlose weduwee, die spannende verloop van die verhaal met sy baie afdraaipaaie en doodloopstrate, eindig uiteindelik op God se hoofpad na ‘n vol en blye en ewige toekoms.

Die finale kruispad lei na God se toekoms

Maar hoe het dit gebeur? Kom ons lees Rut 4: 13-17. Wat ‘n “happy ending”?

Hier is die huwelik tussen Boas en Rut en die geboorte van ‘n seuntjie wat alles verander = selfs ook vir ons vandag!! Al die rolspelers se lewens word op die gelukspad geplaas – ‘n pad van vervulling en betekenis.

  • Boas trou met Rut en sodoende word sy lewe gevul met liefde. Hy word egter ook die losser wat die hulpelose vroue se vryheid en toekoms waarborg. Sy daad word uiteindelik deur Christus vervul.
  • Rut se lojaliteit en troue liefde teenoor Naomi word beloon met ‘n huwelik en Goddelike seën in haar lewe.
  • Naomi word van ‘n bitter, bedroefde en hulpelose mens verander na ‘n gelukkige en versorgde ouma.
  • Obed is die kind wat nie net die vervulling is van die liefde tussen Boas en Rut nie, maar ook die kind wat ‘n nageslag vir die familie waarborg.

God breek paaie oop!

Die verhaal is ten diepste ‘n loflied op God. Sy planne loop hulle nie te pletter op die kruispaaie en doodloopstrate van ons lewe nie. Nee, Hy wys nuwe rigtings aan en maak nuwe paaie oop, indien nodig! Menslike rampe en planne word in Sy groter plan ingesluit op SY pad na ‘n ewige toekoms.

God gee liefde en lewe!

Kyk bv. By 4: 13 – daar word gesê dat Boas en Rut trou en gemeenskap het, maar dan volg die betekenisvolle woorde:

Die Here het haar laat swanger word en Rut het ‘n seuntjie in die wêreld gebring

Dis eintlik die kern van die verhaal. Dis die enigste plek waar God as die direkte subjek van ‘n werkwoord genoem word. Ja, want dis Hy wat nuwe LEWE skep. EN hierdie Goddelike ingryping sou die lewens van Obed, Rut, Naomi en hulle nageslag beïnvloed, maar ook die gang van die hele mensdom bepaal.

Geslagsregister

Betekenisvol eindig die verhaal met ‘n geslagsregister en word daar gesê:

Obed was die voorvader van Dawid

Volgens Matt. 1: 1-17 is dit presies hierdie geslagslyn waaruit die eintlike Losser, Christus Jesus, gebore word. En dit is Hy wat met Sy kruis en opstanding alle kruispaaie en doodloopstrate in ons lewens in hoofpaaie na ‘n ewige toekoms verander.

Daarom kan en moet ons almal, saam met die vroue, sê:

Aan die Here kom die lof toe…

Sendingnuus: Madagaskar – Lynette – Week 24 Desember 2024

Madagaskar 2024-1201

Dries and I are very thankful for our good health. So when we succumb to one of the sicknesses that goes around from time to time, we don’t complain. I was the one to end up in bed for a couple of days this time around. So did our neighbours and almost everyone at school. I think for once Dries was happy to go off to the boat and not catch what we all suffered from.

Lees meer “Sendingnuus: Madagaskar – Lynette – Week 24 Desember 2024”

Stof tot nadenke: Reg vir die Wederkoms?

Stof tot Nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.

Joh. 14: 18

Ons vier so gereeld elke jaar Jesus Christus se eerste koms, soos ons ook weer op die oomblik doen. Dis ‘n wonderlike tyd van feesvier, geskenke uitdeel, en tot die besef kom dat Jesus Christus dit alles vir ons as mense gedoen het omdat God die Vader ons so lief gehad het (“Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word.” (Joh. 3: 16-17)). Maar besef ons dat ons ons moet reghou vir die wederkoms? Christus se geboorte het reeds oor die tweeduisend jaar gelede plaasgevind. Jesus Christus gee ons egter die versekering dat Hy weer na ons sal terugkeer (“Julle het gehoor dat EK gesê het: Ek gaan weg, maar Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly gewees het dat Ek na die Vader gaan, omdat die Vader groter as Ek is.” (Joh. 14: 28)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Reg vir die Wederkoms?”

Afkondigings 1 – 8 Desember 2024

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 1 Desember 2024 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Jeremia 33: 14-18.

Die tema van die prediking is: Lewende Hoop!

  • Wêreldvigsdag.
  • Eerste Advent.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
  • GEEN tee na die erediens.
  • GEEN Groenkloof preek om 10:00.

Sondag 8 Desember 2024 :

  • Erediens om 09:00. Prediker – Dr Frans Hancke.
  • GEEN Kategese.
  • Tweede Advent.
  • Sinodale offer vir BADISA by die deure.
  • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Desember 2024 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Bybelblokraai :

Bybelblokraai antwoorde vir nommer 15 & 16 en Bybelblokraai nommer 17 & 18 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Getuienisbediening :

  • Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 105 gesinne elke 2de week. Die laaste uitreik vir die vierde kwartaal is 11 Des. Ons gaan die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.

  • Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit. Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Wêreldwyd

FEBA deel nie net die Goeie Nuus met luisteraars nie, maar onderrig hulle ook in verskeie aspekte van die lewe vanuit ’n Bybelse perspektief. FEBA Indië leer luisteraars om die gevare van mensehandel te herken, FEBA Pakistan hou bewusmaking-seminare oor geestesgesondheid, en FEBA Indonesië het onlangs met ’n radioprogram begin waardeur ouers en opvoeders kan leer hoe om godsdienstige beginsels in kinderopvoeding toe te pas.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se pogings om luisteraars van God se Woord te leer, sal vrug dra en uitnemendheid in alle omstandighede sal aanmoedig.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

1 Desember 2024

  1. Erediensbediening:

Skakel na die YouTube Erediens van 1 Desember 2024.

2.Getuienisbediening:

a) ‘n Nuusbrief uit Suid-Asië is beskikbaar.

b) Daar is ‘n gebedsversoek van Michelle, wie se dogter ’n mediese ongesteldheid het.

  1. Bybelstudiereeks:
    Die vyfde gedeelte van ‘Rut – Kruispaaie – Boas se Kruispaaie’, deur dr Gerrie van Deventer, is van 29 November beskikbaar.
  1. Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Reg vir die Wederkoms?”.
  2. Gemeentenuus:

a) Die afsluitingsfunksie van die Ondersteuningsgroep.

b) Kerssangdiens 2024.

c) Nuwe Klimraam.

5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Wêreldwyd

FEBA deel nie net die Goeie Nuus met luisteraars nie, maar onderrig hulle ook in verskeie aspekte van die lewe vanuit ’n Bybelse perspektief. FEBA Indië leer luisteraars om die gevare van mensehandel te herken, FEBA Pakistan hou bewusmaking-seminare oor geestesgesondheid, en FEBA Indonesië het onlangs met ’n radioprogram begin waardeur ouers en opvoeders kan leer hoe om godsdienstige beginsels in kinderopvoeding toe te pas.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se pogings om luisteraars van God se Woord te leer, sal vrug dra en uitnemendheid in alle omstandighede sal aanmoedig.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624

Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Missie Japan: Interkerklike hulpverlening tydens ‘n ramp.

Beste ondersteuner,

Meer as elf maande ná die reuse aardbewing wat op nuwejaarsdag vanjaar onverwags die Japannese volk geskok het, lê die pyn en ontwrigting vir die inwoners van die Noto skiereiland nog vlak. Onlangs (September) het ‘n vlaag van vernietigende vloede verder nóg sout in hulle wonde ingevryf. Gisteraand het pas weer ‘n skudding van 5 op die Richterskaal dié omgewing laat bewe. Ontelbaar baie mense is opnuut getraumatiseer. “Ek het gedog dit klaar met my!”, vertel een oorlewende wat nouliks ontkom het op nuwejaarsdag, by wie ons betrokke was in verlede week se uitreik na die Noto rampgebied, Noord van Kanazawa stad. 

Lees meer “Missie Japan: Interkerklike hulpverlening tydens ‘n ramp.”

Bybelstudie RUT – Kruispaaie: Boas se kruispaaie – Dr. Gerrie van Deventer

Bybelstudie - RUT Kruispaaie - Dr. Gerrie van Deventer

Inleiding

Onlangs het ek ‘n geselsie aangeknoop met Alfred. Hy was in ons straat besig om papier uit asblikke te herwin om vir sy vrou en vier kinders te sorg. Hy’t my laat wonder: hoeveel verarmde, werkloses is daar werklik in Suid Afrika? Mense sonder blyplek, sonder lopende water, magteloos vasgevang in die dodelike spiraal van armoede.

Dit bring ons vandag by een van die helde in die Rut-verhaal, nl. Boas! Sy familielid Naomi en haar skoondogter Rut, kruis sy lewenspad en skielik word dit ‘n kruispad met verskillende keuses. Die een pad daaruit is die pad van die liefde tussen hom en Rut, maar vanoggend volg ons nie daardie pad nie. Waar Naomi en Rut sy pad kruis is daar ook die pad van armoede en nood en die vraag is of hy hierdie pad ook sal kies. Dis die noodpad van die armoede!

Die noodpad van armoede

Sien, Boas is bloedverwant van Naomi = die vrou wat ‘n weduwee sonder kinders is. Sy’t ook haar erfgrond verloor en is n absolute armoede! Twee OT wette gee riglyne:

Lossingsreg – materiële nood (Lev. 25: 23-25, 47-49)

Wanneer ‘n familielid sy grond verloor het, verkry ‘n ander familielid die reg om die grond terug te koop sodat dit in die familie se besit sal bly. Dis God wat vir die reg van die arme opkom.

Swaershuwelik – weduwee-troue

God wil ook die weduwee wat sonder kinders agtergelaat is, beskerm. En die familie was ook belangrik! Die naam, besittings en aansien van die familie kan voortgaan as daar ‘n nageslag is.

Boas neem agter onbaatsugtig die grond en die weduwee en skoondogter onder sy sorg. Waarom? – Vrae ‘n mens. Daar is moontlik drie redes vir sy keuse:

  • Miskien allereers omdat hy God gehoorsaam, wat in Lev. 25 en Deut. 25 beveel dat daar na weduwees en armes omgesien moet word.
  • Moontlik ook omdat die belang van familie ‘n hoë prioriteit is = Ubuntu beginsel – ‘I am because you are!’
  • Waarskynlik ook omdat sy liefde vir Rut geen opoffering te groot maak nie!

Die pad na Goddelike seën

Hierdie keuse van Boas word die pad waarop die seëninge van die Here uitgestort word. Gaan kyk maar hoeveel seëninge word in hierdie verhaal op hom afgebid!

Daarom moet ons ook die woorde van die NT onthou:

As iemand nie vir sy eie mense, en veral nie vir sy huisgesin sorg nie,

het hy die geloof verloën en is hy slegter as ‘n ongelowige” (1 Tim. 5: 8)

Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek lei, maar geen gevoel vir hom het nie –

hoe kan die liefde van God in hom wees?” (1 Joh. 3: 17)

Kerssangdiens: 2024

Kerssangdiens NG Kerk Groot-Brakrivier

Die Kerssangdiens van 24 November was ‘n wonderlike aanddiens. Die sang, musiek, voorlesings, voordrag en toneelspel stukkies in die lig-belaaide kerk het ons in die regte stemming gebring. Ons is teruggevoer na waarom ons jaarliks die geleentheid vier, en wat die belangrikste Kersgeskenk van alle tye is. Jesus Christus se koms na hierdie aarde, as mens, sodat ons verlos kan word. Ons moet dit nooit uit die oog verloor nie.

Nuwe Klimraam

Klimraam NG Kerk Groot-Brakrivier

Die kerkterrein het na vele besprekings daardie klimraam gekry. Dit is Vrydag 22 November 2024 geínstalleer en is deur ‘n anonieme persoon geskenk. Die kinders het dit dadelik met oorgawe ingewy op Sondagoggend 24 November 2024, terwyl die ouers gesellig om koppies koffie en tee gekuier het na, die erediens.

Ondersteuningsgroep 2024 Afsluitingsfunksie

Ondersteuningsgroep Ng Kerk Groot-Brakrivier

Op 20 November 2024 het die Ondersteunings groep in samewerking met die organisasie ‘Seeds of Hope’ , ‘n afsluitings funksie in NG Kerk Groot-Brakrivier se kerksaal gehou. Die funksie is bygewoon deur ongeveer 50 mense van Groot-Brakrivier.

Minette van Zyl het die oggend geopen, Annatjie van Rensburg het ‘n kort praatjie gegee, en die dag is gereel deur Riana Briers. Die funksie was baie goed beplan en smaakvol voorgesit.

Lees meer “Ondersteuningsgroep 2024 Afsluitingsfunksie”

Sendingnuus uit Suid-Asië

snow covered mountain

NEWS FROM SOUTH ASIA

Friends,

It’s a beautiful autumn Saturday outside. In our corner of world the sun took its sweet time to rise over hazy hills this morning. The birds began their melodious songs outside our window, and the dogs ceased their raspy barking in the distance. The buses started their early morning descents into the city, and all around our neighbours ventured out for their “marning waalks.” One of us left early to the market. The other one turned to the piano to start practicing Christmas songs, as our team has two turns during Advent.

Lees meer “Sendingnuus uit Suid-Asië”

Stof tot nadenke: Waardering en Oordeel…

Verder, laat die vrede van Christus in julle harte reegeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar. Laat die woord van Christus in sy volle rykdom in julle woon. Leer en vermaan mekaar, in alle wysheid, deur met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God te sing. En wat julle ook al doen, in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader dank. ”
Kol. 3: 15-17

Waardering is ‘n eerlike vorm van dank betoon, vir dit wat jou werklik intens roer. Menige van ons het al die ervaring van vreugde beleef wanneer iemand met ‘n opregte hart waardering toon vir iets wat jy gedoen het. Dit maak enige moeite wat moontlik gepaard gegaan het met waarvoor jy bedank word, dubbel en dwars die moeite werd. Dit moet natuurlik nie die motief wees om enigiets te doen nie. Die begeerte om iets te doen vir ander, moet ‘n intense drang binne-in jou wees, wat jy nie kan erkentlikheid verwag nie, selfs al vind mens plesier daarin wanneer daar waardering is, vir enige nietige en geringe of groot en sigbare daad wat jy gedoen het. Wanneer ‘n mens in die Christelike geloof leef, weet ons dat dit die Heilige Gees is wat ons dring om die regte en goeie dinge te doen, soos Johannes die Doper wat reeds van voor sy geboorte met die Heilige Gees gevul was (“Inderdaad, hy sal groot wees in die oog van die Here. Hy sal glad nie wyn drink nie, en hy sal reeds van voor sy geboorte af met die Heilige Gees verul wees.” (Luk. 1: 15)). Ons kan dus geen erkentlikheid vir dit wat ons doen, goeds moeds, net vir onsself toe-eien nie.

Lees meer “Stof tot nadenke: Waardering en Oordeel…”