Sondag 8 Desember 2024 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 1: 18-25.
- Die tema van die prediking is: Drie Kersfees misteries.
- Tweede Advent.
- Sinodale offer vir BADISA by die deure.
- Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.
Vrydag 13 Desember 2024 :
- Kerkkantoor sluit.
- Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.
- Doop.
- Derde Advent.
- Spesiale offer vir Paarl-Skool (Brackenfell) by die deure.
- Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- GEEN Groenkloof preek om 10:00.

Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Desember 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai antwoorde vir nommer 15 & 16 en Bybelblokraai nommer 17 & 18 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Die kerk se kombuis het ‘n deurlopende behoefte vir leë roomysbakke wat vir sop/oortollige kos gebruik word.
Indien u het om te skenk kan u dit asb gedurende kantoorure by die kerk kom afgee. Baie dankie vir u ondersteuning.

Getuienisbediening :
- Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 105 gesinne elke 2de week. Die laaste uitreik vir die vierde kwartaal is 11 Des. Ons gaan die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.
Ondersteuningsgroep :
O ns groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit. Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA China
Die mense in China honger na hoop. Stygende werkloosheid en ekonomiese swaarkry dryf baie om hulp by Boeddhistiese gode te soek. Hierdie wanhoop eis ook sy tol in gesinne en egskeidings raak meer algemeen. FEBA China het ’n gesinsbediening begin om hierdie behoefte aan te spreek, met programme wat ouers leer hoe om daagliks Christelike oordenkings saam met hul kinders te doen, en pod-sendings wat egpare leer om ’n huwelik met Christus as middelpunt te kweek.
Ons gebed vir die week:Bid dat FEBA China se gesinsbediening genesing vir gesinne reg oor die land sal bring.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
8 Desember 2024
- Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 8 Desember 2024.
- Getuienisbediening:
Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
3. Bybelstudiereeks:
- Die laaste gedeelte van ‘Rut – Kruispaaie – Obed se Kruispaaie’, deur dr Gerrie
- van Deventer, is 6 Desember beskikbaar.
- Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Ons kragbron”.
4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314





