Op 20 November 2024 het die Ondersteunings groep in samewerking met die organisasie ‘Seeds of Hope’ , ‘n afsluitings funksie in NG Kerk Groot-Brakrivier se kerksaal gehou. Die funksie is bygewoon deur ongeveer 50 mense van Groot-Brakrivier.
Minette van Zyl het die oggend geopen, Annatjie van Rensburg het ‘n kort praatjie gegee, en die dag is gereel deur Riana Briers. Die funksie was baie goed beplan en smaakvol voorgesit.
As deel van die geleentheid het almal saam musiek gemaak deur van ‘bongo’s’ en ander musiek instrumente gebruik te maak, asook van pype wat spesifieke note verteenwoordig het, onder leiding van Lasya, ‘n musiekonderwyseres wat ook by ‘Up with Downs’ betrokke is. Almal is betrek om deel te neem aan die musiek en vingeroefeninge, en die funksie het na pret gelyk.
Almal moes, na die musiek aktiwiteite, ‘n ping-pong balletjie in ‘n kolwyntjie pannetjie ingooi om hul kersgeskenkie te ontvang. Die geleentheid is afgesluit met koek en tee wat deur die Ondersteuningsgroep se mense bedien is. Dit was ‘n baie mooi geleentheid. Dankie vir al die betrokke partye wat dit so ‘n geslaagde oggend gemaak het.

































