Augustus — Psalms
19 Augustus
Liewe Vriend
Die wêreld voel soms buite beheer, maar God se troon staan rotsvas. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: God is in beheer
Teks: “Van die plek waar Hy as koning sit, sien Hy almal wat onder op die aarde woon.” (Ps. 33:12)
- Die Here se troon staan in die hemel — Hy regeer oor alles en almal. (Ps. 103:19)
- Van waar Hy as Koning sit, sien Hy almal, ook vir jou — niks op aarde is vir Hom weggesteek nie.
- Die nuus of daardie dinge wat met jou gebeur, het nie die laaste sê oor jou lewe nie — die Koning op die troon het.
- Leef vandag rustig: jou lewe is in die beste hande in die heelal. Hy sal jou beskerm en gelukkig maak.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U as Koning oor alles regeer — ek kan vandag rustig wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


