Afkondigings 15-22 Maart 2026

Sondag 15 Maart 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 9:1-17; 34-41.
  • Die tema van die prediking is: Lig vir die wêreld.
  • Vierde Lydensweek.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Omgeebediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Charné Viljoen.

Woensdag 18 Maart 2026 :

  • Die Blokbyeenkoms van Blok 12 (Eurekapark) vind om 18:00 plaas by Susette Tiran – Suidstraat 10. Kobus Stander – E-Pos Kontak .
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – E-Pos Kontak . Alle belangstellendes welkom.

Sondag 22 Maart 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
  • Vyfde Lydensweek.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Carpe Diem Skool by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Leon Cronje.
  • Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Leon Cronje.
Verjaarsdae Week 12 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 12 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 31, asook die antwoorde vir nommer 30 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Mosselbaai Ring Noodfonds

Baie dankie vir alle bydraes gemaak teenoor die noodfonds.
Dankie ook vir al die 5 liter waters wat u bygedra het, die water-insamelings-projek is nou afgesluit.

Gholfdag 11 April 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Gholfdag 11 April 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Gemeentefees 2 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Gemeentefees 2 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – E-Pos Kontak .

Eiendomsbediening :

Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 115 gesinne elke tweede week. Die laaste uitreikdatum vir die tweede kwartaal is 25 Maart. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 8 &22 April, 6 & 20 Mei en 3 &17 Junie.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die Getuienisbediening se uitreikarm na Wolwedans begin ‘n kunsvlyt projek en skenkings van die volgende sal ons baie help: skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleurpotlode,  naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!

Ondersteuningsbediening :

“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)

Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers – E-Pos Kontak / Riëtte Jansen van Rensburg – E-Pos Kontak .

Ondersteuningsbediening en Seeds of Hope Bingo NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbediening en Seeds of Hope Bingo NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Indonesië

In Januarie is jongmense in Aceh, Indonesië, genadeloos gestraf omdat hulle die sharia-wet oortree het. FEBA Indonesië saai ’n program uit oor Christen-wees in plekke waar sharia-wet afgedwing word. Die program beoog om gelowiges te bemoedig en om nie-gelowiges in te lig oor die Christelike geloof. Die program word tot dusver goed ontvang, maar omsigtigheid bly noodsaaklik.

Ons gebed vir die week: Bid vir die Christene wat in dele van Indonesië woon waar sharia-wet geld. Vra vir God se beskerming en wysheid waar FEBA Indonesië daar onder luisteraars bedien.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 15 Maart 2026

  1. Erediensbediening:

Die skakel na die YouTube Erediens van 15 Maart 2026, deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.

  • Getuienisbediening:

a)  Lekker artikel oor die inspirerende storie van die Wolwedans se florerende

Jeugkerk.

  • Bybelstudiereekse:

a)  Lydenstyd se Visio Divinia reeks is op webtuiste beskikbaar.

b)  ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag.

c)  Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Tevredenheid”.

  • Gemeentenuus:

a) ‘n Opsommende artikel van die Groot-Brakrivier gemeenskap se Wêreld Biddag vir Vroue se mooi geleentheid van 6 Maart 2026.

b) Daar is weer heerlike nuwe geestelike liedere om te luister op die webtuiste.

  • Die weeklikse Afkondigings, asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje

Kassiere:
Alfreda Stander

Skriba:
Carmi Kriel

Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532

e-posKontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier